MAKLIK, VINNIG EN GOEDKOOP!

 Om enige eBoek aan te koop is so maklik soos modderkoekies bak! Jy kan jou eBoek op jou rekenaar of selfoon lees. Selfs my dierbare 85-jarige moeder kon dit regkry!

  1. Op die webwerf – klik op BOEKWINKEL – kies die boek wat jy wil aankoop
  2. Klik op die BESTEL NOU balkie – ʼn nuwe blad open
  3. Klik op die FORMAAT balkie – kies ePUB of MOBI
  4. Klik op die ADD TO CHART balkie – ʼn nuwe blad open
  5. Klik op die PROCEED TO CHECKOUT balkie en volg die finale instruksies vir betaling.

Sodra jou bestelling by ons registreer en jou betaling verskyn in ons bankrekening, word jou bestelling dadelik geprosesseer.

Jy sal ʼn e-pos ontvang met die skakel(s) om jou eBoek(e) af te laai. Jy word beperk tot een dag om dit af te laai en kan net een eBoek van ʼn titel wat jy bestel het, aflaai. Onthou om orals in te vul.

Jy kan ELEKTRONIESE BETALING (EFT) doen of van PayFast gebruik maak – maklik, vinnig en veilig!