AllesAfrikaans - vir skrywers

Johan Allers uit Amsterdam

AllesAfrikaans is ‘n kuierplek vir taalliefhebbers, skrywers, digters, lesers en luisteraars van die Afrikaanse woordkuns.

Ontmoet nuwe skrywers, lees oor ons moedertaal en neem deel aan gesprekke.

Hierdie platform is geskep om talentvolle skrywers te bevorder en hulle skrywe aan die publiek bekend te stel. 

Sluit aan by AllesAfrikaans se Facebookblad en ondersteun ons skrywers en ons pragtige taal.

Aan die stuur van sake is Johan Allers, die bekende Joernalis, wat tans in Amsterdam woon. Hy is veral bekend vir sy onderhoude met politikusse, soos Nelson Mandela, Pik Botha en vele meer. Ons sal hom onthou uit die reeks, Trippe Trippe, Tone  Рmet die immer bekende en gewilde sanger, Amanda Strydom.

Luister na voorlesings deur Johan Allers op sy YouTube kanaal – pragtige verhale deur van ons beste skrywers.