‘n Nuwe digter wat in die grendeltyd sy debuut gemaak het, is die oud-onderwysman en dramaturg van die Paarl, Ernest Loth. Hy skilder al vir ʼn geruime tyd en het nou ook weer die kwas van die esel afgehaal. Hierdie gedigte skryf hy tussen 27 Maart en 30 April 2020 – ‘toe die digter saam met die hele Suid-Afrika en die res van die wêreld afgesonder was.’
Van sy dramatekste verskyn in ʼn gesamentlike bundel met George Weideman, Klaas Steytler en Hennie Aucamp.
Eendag is daar
Dit is ʼn kombinasie van karakters, verhale en ruimtes, dit is plesierig, humoristies, eie aan ons wêreld en tyd. Naby aan ons lyf en lewe, omdat ons die foute van die verlede opnuut besef, en opnuut weet dat mense mekaar nodig het, dat mense kan verander, dat die slegte weer goed kan word, dat ons mekaar kan en moet vergewe ter wille van die mens en die wêreld se voortbestaan.
More info →Uit hierdie Valkenburg
Die apostrofiese gedigte in hierdie bundel is tereg opgedra aan 'n moeder, 'n ouma en alle sterk vroue daarbuite.
Die spreker se band met sy moeder wat hom met liefde en deernis grootmaak, word op abrupte wyse versteur wanneer ‘donker geeste … jou siel van my steel.’
Hierdie digbundel open die venster vir 'n kykie in een van die donkerste hoekies van die spreker-digter se siel.
More info →