Melindi het in 2016 haar honneurs graad in Afrikaans en Nederlandse taalkunde aan die Universiteit van Potchefstroom verwerf. Sy het na universiteit China toe gegaan waar sy meer as drie jaar lank skool gegee het. Melindi woon tans saam met haar man in Tzaneen.
Lewensloop
R160.00eBook: R70.00
Die Swanepoels is ’n hegte gesin, elk met sy eie persoonlikheid. Die lewe neem sy loop, die paaie skei, maar die naelstringe bly verbind, al slyp dit dun. Almal sien uit na ʼn welverdiende vakansie op die plaas, tussen kinderherinneringe. Maar dan tref tragedie en ʼn geraamte kom te voorskyn ...
More info →