Mary Mc Gluwa is gebore in Johannesburg. Sy is ʼn opgeleide verpleegkundige, maar in 2019 – op die ouderdom van 66 jaar – verhuis sy na Allanridge om vir drie jaar in die Goudveld evangeliewerk te doen.
Mary beskik ook ʼn onwrikbare geloof en lei haar lewe vir Hom. Sy is voorwaar ʼn visser van mense en deel haar liefde vir haar Saligmaker met ʼn groot gemeenskap.
Reis in God se wil
Dit maak jou bestaan op aarde sinvol. Dit kleur jou lewe in volgens God se wil. Dit beteken nie dat jy volmaak is nie, maar dat jy op pad is na volmaaktheid en na heiligheid in Jesus Christus.
Hierdie biografie is die ongelooflike reis van Mary waarin so baie gebeure aan haar geopenbaar was. Dit is ’n aangrypende belydenis van die Skepper se bestaan en wonderwerke, oor ware geloof en ’n ontdekkingsreis vol intriges en uitdagings.
UITTREKSEL:
Terwyl ek ʼn tiener was, het my ma my vertel dat ek op eenjarige ouderdom baie sieklik was. Sy het glo een aand die dood op my gesien en geruik. Sy en my daddy het die hele nag deur vir my gebid. Die oggend vroeg toe dr. Doeke sy spreekkamer oopsluit, het sy met my ingehardloop.
Toe die dokter my wou ondersoek, het hy na my mammie gedraai. “You brought me a corpse! She’s dead!” My ma het baie gehuil en aanmekaar gebid. Sy het vir die Here gevra: “Here, U kan tog nie nou my kind vat nie, asseblief, Here, gee haar lewend vir my terug.” Sy het nog gebid en die Indiese dokter het reeds met die doodsertifikaat in sy hand gestaan, toe hoor sy my huil.
“What’s happening now?” het die dokter gevra.
“I serve a living God. He touched her, she’s alive!” het sy geantwoord.
More info →