
Nico Schamrel is gebore en getoë op Uitenhage. Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook ‘n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal – By Mooirivier se brug – wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy die Chris Barnard Prys benoeming vir sy kortverhaal – Kaggen – wat opgeneem is in sy bundel Prente in my kop.
In 2021 ontvang hy twee benoemings van INK-skryf in Afrikaans vir twee van sy gedigte wat gepubliseer is in ‘n gesamentlike digbundel.
Nico Schamrel is ook die stigters lid van PENdit.za – ‘n platform wat geskep is om talentvolle skrywers te help en ter ontwikkeling van die Afrikaanse verhaalkuns.
Ns. Skrywershuis is ook deur Nico Schamrel gestig om talentvolle skrywers te help om hul skrywes te publiseer.
Van Nico se skrywe word voorgelees oor Kaapstad Radio en in leesbeeld uitgesaai op Net Afrikaans (TV).
Hy is nie net ‘n uitgewer en skrywer nie, maar soms ook beoordelaar, grafiese ontwerper, digter en resensent.
Steppie lyk soos heuningwas
Die groot vloed was God se straf. Sy vlug weg van die skim op ’n swart perd. Saam met haar is die ding waaroor kadawerasem grynslag – ’n satanpes.
Al wat Steppie voor vra is vergifnis en om weer op haar heuwel te sit. Dalk aanskou sy ’n wonderwerk?
Sal dít haar finale oorwinning wees of moet sy verder boet vir haar sonde?
Daar is orals wonderwerke – jy moet net dieper kyk.
More info →My gebed vir ‘n Boer
Gebede word opgedra vir die beskerm van Suid-Afrika se boere en hul werkers, vir die mense van Suid-Afrika en daar word hulde gebring aan hulle wat ons van kos voorsien op ons tafels.
Hierdie boek is ’n liefdadigheidsprojek om fondse in te samel vir slagoffers van plaasaanvalle. Die verkope van die boek word daarvoor aangewend. Jou ondersteuning is van kosbare waarde om ander te help.
More info →Engela
Die skrywer stel ons voor aan karakters wat groter is en meer beleef as die hier en nou. Hy vleg temas uit folklore, legendes en sprokies en dikwels uit die Bybel vernuftig in die konstruksie van sy verhale in en bring dit tot diepsinnige en verrassende ontknopings. Die eg menslike stories grens dikwels aan die bonatuurlike en feëtjieverhale met ‘n ryk simboliek. Hy trek jou tot binne-in die stories met haarfyn beskrywings van die situasies en atmosfeer.
More info →Handleiding: Selfpublikasie en bemarking
Dit verduidelik die verskeie verskillende aspekte van self-publikasie; vanaf die manuskrip, proeflees en teksversorging, die gevaar van kontrakte, die belangrikheid van 'n goeie omslag, kopiereg en hoe/waar om jou boek suksesvol te bemark.
Dit bied ook 'n diensverskafferslys wat handig is vir skrywers wat opsoek is na goeie diens en verskaffers soos grafiese ontwerper en 'n resensent.
Die boek word ook teen 'n spesiale prys aangebied om skrywers aan te moedig om die regte pad te volg na self-publikasie.
More info →Die Griesels van Poespasvlei (Deel 2)
'n Cherry met berry red lippe laat 'n hart baby tjoklits klop. Die nuwe intrekker moet kies tussen tradisie en op sy knieë gaan. Die Griesels van Poespasvlei laat hulle nie onder kry nie – danksy tonne aksie; hartseer, seëninge en dankbaarheid.Frik oorleef alles – van ’n skokstok tot ’n prostraat ondersoek!En Tillie bid in haar eie tuin van Getsémané ...
More info →Die Griesels van Poespasvlei (Deel 1)
Die tweeling sukkel met die eenmaaltafel, Fanny is vreemd omdat sy van die begraafplaas kom en Kees kom van onder die pienk lakens, die dat hy skeeftrek. Neef Fanie Flopgekom dra ook by as car guard. Al wat hy nog kort is ’n cherry, maar hy het darem ’n video. Doorsie het ’n geheime tatoe waarmee sy almal op hul tone hou en haar lewensmaat, Letitia, ken van WWE stoei. Ma-Popsie tel die sterre en stop onderbroeke, al het sy ’n slap nek. Daar is net een hond soos Blackie, die enigste swarte in Poespasvlei.
Tillie wil uit die stof opstaan. Sy kort net ’n naaimasjien en ’n showstopper. Haar baai-en-sel verkoop die beste smoke chickens.
Daar is ook die erns; die baksteen wat binne jou lê, gebreekte mense met hulle eie pyn.
Hoe kom jy weer bo-uit as jy net stof om jou sien?
Geagte Mej. de Kock,
Hierdie is die oorspronklike geskrifte van Magdalena (de Kock) Steytler, wat verlore was en weer gevind is deur haar familie en oorhandig was aan die skrywer. Dit is waardevolle inligting wat as Africana Geskiedenis beskou kan word. Hierdie skrywe is tot op die woord oorspronklik met meer geskiedkundige inligting bygevoeg. Dit vat spanning, intrige en oomblikke wat jou diep sal raak. Dit openbaar ook die leefwyse en omstandighede tussen die tydperk 1983 – 1970, die leefwyse van sendelinge en bygelowe van inboorlinge – asook aangrypende oomblikke waarin die dood skielik kom soos ʼn dief in die nag.
Die samesteller en skrywer van hierdie boek bring graag welverdiende hulde aan Magdalena en George Steytler.
More info →Sondebok swartskaap
Liena Kleingeld se verlange na die waarheid bring haar terug na die wit kind met die blonde kuif. Maar wraak bring tragedie en ʼn jong vrou se liefde vir haar man word tot die uiterste beproef. Elkeen het sy eie geheime – sommige is swart en ander s’n sonde.
Daar was een engel wat gereeld geruisloos verby gevlieg het. Altyd met ʼn sonneblom in die een hand en ʼn swaard in die ander hand. Een ding is verseker: jy lieg en bedrieg nie vir die engel nie. Jou woord moet jou eer wees.
Ongelukkig was dit die probleem met die sondebokke en die swartskape – nie almal van hulle se woord was hul eer nie.
Vir die wat goed was, was daar altyd ʼn goudgeel sonneblom. Vir die wat nie so goed was nie, was daar die swaard.
More info →Rooi Papawers
Ses raaiselagtige moorde wat deur Erwee, Gert en Karla opgelos moet word, terwyl dit die leser boei met interessante en onvoorspelbare wendings.
'n Onheilspellende moordverhaal wat kriewelinge langs jou ruggraat laat afloop. Nico Schamrel vleg en tooi genadeloos met sy lesers se emosies en vrese in hierdie tergende moordstorie waarin die leser op en wakker tussen die lyne moet lees.
Die einde is geheel en al onvoorspelbaar en buite 'n leser se denke!
More info →Petronella, koningin van die Karoo
Maar duskant lê die berg voor Petronella, kind van Kietie, uitgestrek − ʼn spekvet lyf bedek met kriebos en die bitteraalwyn. Hier lê spore van verlange, hoop en geheime – heiligheid in sy binneste.
En tussenin is die grensdraad tussen haat en verbitterheid, die eenvoud van liefde en ʼn jongmeisie se fantasiebeelde.
Almal wonder wat Selma Loots bloots ry en of Braam deel is van haar beproewing. Almal gis wie se kind is Petronella, maar vir háár is Janneman se terugkoms die oplossing van alles.
More info →Prente in my kop
PRENTE IN MY KOP wek emosies, misterie en soms ʼn absurditeit wat jou gedagtes stimuleer, dit skep beelde en roep herinneringe op.
Die skrywer verwerk hierdie indrukke en omskryf dit in verhale waarin alledaagse gebeure ʼn wedergeboorte ervaar. Herinneringe uit die skrywer se kinderdae op sy tuisdorp word veral in besonder beskryf in sy verhale – Witter as sneeu en Ma kan toor.
Elke kortverhaal word met ʼn foto geplaas sodat die leser die verhaal daarmee kan vereenselwig.
More info →Koster
Hoe hy steeds oor sy skouer moet kyk, sonder enige rede, want Koster verlede lê twintig jaar terug begrawe en lankal vergete. Die enigste een wat onthou, is hy wat daarmee saamleef. Sal sy verlede op die doeke kom? Wanneer hierdie gevoel hom klem en smoor word hy angstig en dit voel of sy horison al hoe nader sluip. ʼn Beklemming binne ʼn bedwangbaadjie met ʼn leer stang in jou mond waarop jy byt tot jou tandvleis bloei.
Juis nóú wanneer sy lewe weer normaal voel, daag ʼn vrou by sy deur op om hom uit sy gemaksone te slinger. Waarna is sy opsoek?
Soms is dit jou gewete wat jou gevange hou en ander kere is dit mense.
ʼn Spinnekop het spintepeltjies wat sydraadjies afskei om hul prooi te vang; spin toe die prooi, versmoor tot ʼn leë dop. Spinnekopmense het kettings, slotte, boeie en pille waarmee hulle jou manipuleer tot jy ʼn leë dop is.
ʼn Afvlerk duif kan nie vlieg nie.
More info →