Eenswaan

Karin en haar verloofde, Deon, is op pad na ’n troue op ’n wildsplaas, duskant haar geboortedorp, Oudsrus.

Gedurende die naweek, word onderdrukte gevoelens weer aangewakker deur ’n man uit haar verlede. Sy twyfel oor haar verlowing en voor sy ’n besluit kon neem, gebeur die onafwendbare.

Sy moet kies tussen getrouheid of haar eie geluk. ’n Vakansie na Rooiboshoek mag dalk net die antwoord bied.

About the Book

RESENSIE: Annelize Hills

Karin is al vyf jaar verloof aan Deon. Wanneer hulle na haar suster se troue toe gaan, op ‘n wildsplaas naby Oudsrus, sien sy weer die man uit haar verlede, van wie sy weggevlug het tien jaar gelede. Haar onderdrukte gevoelens word daardeur aangewakker. Sy twyfel skielik oor haar verlowing en voordat sy haar keuse kan maak, gebeur die onafwendbare.

‘n Wegbreek na Rooiboshoek, is dalk net wat sy nodig het, om haar kop skoon te kry, sodat sy kan besluit, by wie lê haar geluk.

Wie gaan Karin kies, die man aan wie sy verloof is, of die man uit haar verlede?

Eenswaan is ‘n heerlike lekkerlees, liefdesverhaal. Die leser beleef saam met Karin haar wel en weë op soek na antwoorde op geluk.

Die taalgebruik is goed en die storielyn is boeiend. Dit hou die leser se aandag enduit. Ek was jammer dat die verhaal so kort was. Dit is ‘n liefdesverhaal soos min en ek sal dit aanbeveel vir enige een wat van mooi liefdesverhale hou.

Welgedaan Karien!

Details
Author:
Genres: Liefdesverhaal, Roman
Tags: Aanbeveling, Resensie, Stergradering
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2021
List Price: R150.00
eBook Price: R85.00
Endorsements
'n Lekkerlees liefdesverhaal wat romanse opkikker en die leser weer goed laat voel.
– Johan Claassen, JHB