Rooi Papawers

Drie gedempte skote. Sy val vorentoe oor die ruglening van die stoel. Haar hare glip elegant na vore, haar arms slap. Drie koeëlwonde. Drie rooi papawers.

Ses raaiselagtige moorde wat deur Erwee, Gert en Karla opgelos moet word, terwyl dit die leser boei met interessante en onvoorspelbare wendings.

'n Onheilspellende moordverhaal wat kriewelinge langs jou ruggraat laat afloop. Nico Schamrel vleg en tooi genadeloos met sy lesers se emosies en vrese in hierdie tergende moordstorie waarin die leser op en wakker tussen die lyne moet lees.

Die einde is geheel en al onvoorspelbaar en buite 'n leser se denke!

Order Now!
About the Book

‘n Onheilspellende moordverhaal wat kriewelinge langs jou ruggraat laat afloop. Nico Schamrel vleg en tooi genadeloos met sy lesers se emosies en vrese in hierdie tergende moordstorie waarin die leser op en wakker tussen die lyne moet lees.

Die einde is geheel en al onvoorspelbaar en buite ‘n leser se denke!

Details
Author:
Genres: Spanningsverhaal, Speur- en moordverhaal
Tags: Premium Boek, Stergradering: Prima
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2019
List Price: R145.00
eBook Price: R45.00
Book Club Resources
Order Now
About the Author
Nico Schamrel

Gebore en getoë op Uitenhage. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Andrew Rabie in Port Elizabeth en na vele omwentelings in sy lewe, keer hy terug na sy geboortedorp.
Nico skryf al van kleintyd af, maar het dit nooit in ʼn ernstige lig gesien nie.
Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook 'n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal – By Mooirivier se brug – wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy die Chris Barnard Prys benoeming vir sy kortverhaal – Kaggen – wat opgeneem is in sy bundel Prente in my kop.
Hy beywer hom ter bevordering van die Afrikaanse verhaalkuns as stigterlid van PENdit.za en is 'n kampvegter vir die behoud van Afrikaans.