Schönland

Wanneer ‘n jong dame, Cindy Ballantyne, ‘n jong seun ontmoet op haar pa se plaas Schönland, raak sy hartstogtelik verlief op hom.

Sy verloor perspektief, maar soos sy groot word besef sy dat Brett MacPherson haar eerste liefde is en altyd sal bly. ‘n Onverklaarbare liefde, want net sodra sy dink hy sal by haar bly dan verdwyn hy weer berge toe en los haar alleen. Sy voer ‘n innerlike stryd met haarself elke keer as hy verdwyn, maar die verbintenis tussen hulle twee is te sterk. Sy ontdek spoedig dat sy ‘n geheim met haar saam dra. Intussen sterf Cindy se pa en oom Lance kom help haar met Schönland. Alex du Randt, die sjarmante vriend van skool tyd af, help haar met haar geheim. Ongelukkig ontwikkel hy ‘n obsessie met haar en verloor beheer. Brett is die enigste een wat daarin slaag om vernuwing in Cindy se lewe te bring. Sy lewe word egter bemoeilik wanneer Alex hom uitoorlê. Brett vlug weer berge toe om genesing te gaan soek en los vir Cindy alleen op sy plaas. Cindy se hart word donker. Sal sy vir Brett weer in haar lewe toelaat of nie? Haar verlossing sal kom van die een wat haar liewer het as Brett Macpherson, en dit is haar pa.

Order Now!
About the Book

Wanneer ‘n jong dame, Cindy Ballantyne, ‘n jong seun ontmoet op haar pa se plaas Schönland, raak sy hartstogtelik verlief op hom. Sy verloor perspektief, maar soos sy groot word besef sy dat Brett MacPherson haar eerste liefde is en altyd sal bly. ‘n Onverklaarbare liefde, want net sodra sy dink hy sal by haar bly dan verdwyn hy weer berge toe en los haar alleen.

Details
Author:
Genre: Roman
Tags: Aanbeveling, Stergradering
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2019
List Price: R145.00
eBook Price: R50.00
Book Club Resources
Order Now