Genade oorvloedig
Genade oorvloedig
Skrywer: Berry Jacobs Tags:Berry Jacobs | Genade oorvloedig |
Sinopsis:

Op ʼn sekere plesierboot het die seremoniemeester een aand ʼn jongman uit die gehoor geroep om die Here is my herder op te sê. Hierdie jongman, het selfvoldaan, aan die versoek voldoen, tot groot vermaak van die skare.

Nadat hy die verhoog verlaat het, vra die seremoniemeester of daar nog iemand is wat ʼn item wil lewer. ʼn Bejaarde man word aangewys. Terwyl die skare juig het hy sukkelend verhoog toe gestrompel. Hy het na die gehoor gestaar en toe met teerheid en ontsag begin: “Die Here is my herder …”  Die teenwoordiges het gemurmereer, want die vorige spreker het dit reeds gedoen.

Die ou oom het voortgegaan en namate hy vorder, het sy gelaat verander, hy het sy hande na bo gehef, trane het begin vloei. Die toehoorders was later doodstil. Uiteindelik het die oom amen gesê. Geen gejuig deur die skare, geen applous nie. Die oom het stadig van die verhoog afgestap, maar die seremoniemeester het hom gekeer. “Oom, wat was die verskil tussen jou weergawe en dié van die jongman?

Sy antwoord was eenvoudig: “Die jongman ken die psalm, ek ken die Herder.”

<< Back