Jou nuwe kuierplek. Welkom by die enigste virtuele koffiekroeg op die internet!

Met ’n tikkie verbeelding en die minste konsentrasie, kan jy jouself verlustig aan ons versnaperinge. Ons spyskaart offer goeie leesstof, terwyl ons jou verbeelding op ’n drafstap neem.

Krap hierdie knoppie – indien jy varsgemaalde koffie ruik, is jou verbeelding reg ingeskakel!

Om aankope te doen – klik op die BOEKWINKEL (bo) balkie. Jy kan die boek se titel in die soekknoppie tik en siedaar!

Klik op die BESTEL NOU balkie.

Kies jou FORMAAT – eBoek of sagteband.

Klik op die ‘add to chart’ balkie.

Klik op ‘Proceed to checkout’.

Vul jou VOLLEDIGE details in en maak jou betaling. Klik ‘Place Order’.

Ontspan en beleef die atmosfeer - sagte musiek, die reuk van varsgemaalde koffie en 'n baksel boerebeskuit uit die oond. Het jy 'n koffie byderhand? Wat van 'n heerlike toebroodjie of 'n vet sny koek!

LEES HIER

Wanneer jy die balkie ‘Lees uittreksel’ klik, sal die boek oopmaak op ‘n bladsy. Jy kan ‘n voorsmakie lees uit die boek. Skuif jou muis na die onderkant van die blok waarin die omslag verskyn. ‘n Grys gedeelte verskyn. Klik op die pyltjie wat af wys en die volgende bladsy sal verskyn. Jy kan die bladsy se grootte verstel om aan te pas. Geniet dit.

Paddaboudjies en kalasjnikofs - Bruno F.A. Andries

PADDABOUDJIES EN KALASJNIKOFS

Paddaboudjies en kalasjnikofs vertel die skrywer se wedervaringe as tolk in Mali. Hy wou nooit as tolk werk nie, maar sy base het ʼn paar keer sy arm gedraai om sy voorkeurwerk as vertaler te onderbreek, om vir ʼn week of wat tolkwerk in Afrika te doen.

Die skrywer onthul ook ʼn paar besonderhede oor die politieke gebeure van die afgelope dekades en sê onomwonde wat hy dink van sekere mense wat dink hulle is baie belangrik. Hy beskryf die woelige agtergrond waarteen die gebeure hom afspeel in en om Mali se hoofstad Bamako.

VOEDSEL VIR DIE SIEL - Carl von Maltitz

Christelike Literatuur

Geestelike oorlogvoering is ‘n belangrike onderwerp waarvan meeste gelowiges hopeloos te min weet. Die boek bevat kennis en strategie wat die gelowige bedags kan toepas in sy daaglikse soeke na lig in die donker.

'n Lekkerlees slaaptydstorie - Bets Koen

Leer jou kind hoe om spotters te hanteer of hoe om nie die spot te dryf met ander maatjies nie.

Girlie – Bets Koen.

Met illustrasies.

Speelgoed is dikwels troosgoed. Drienie mis haar mamma. Sy moet ’n item by die skoolkonsert lewer, maar sy is tog so skaam en word by die skool gespot.

Maar Drienie het ’n lappop, ’n troospop. Saam leer hulle die spottende skoolmaats ‘n goeie les.

Belofte van beskerming - Dr. Deon Hoffman

(DIE AFRIKAANSE WEERGAWE VAN ‘South Africa – a Pilgrims’s Guide to hope’).

Hierdie boek poog om ʼn perspektief te bring op die werking van ʼn vyand wat geen genade het nie en wat sy aanvalle loods vanuit ʼn onsigbare geesteswêreld. Ten einde dit wat op ʼn fisiese vlak in ons wêreld afspeel te kan verstaan, moet ons ʼn begrip hê van die geestelike oorsprong daarvan. Die leser word gewys op ʼn alternatief – die verbond wat God eeue gelede ingestel het met Sy volk [en kinders] en die hernieude verbond wat geskryf is in Jesus se bloed wat vandag nog, meer as ooit, geldig is – ʼn belofte van Sy beskerming vir dié wat na Sy weë wandel.

'n KINDERBOEK wat verras - Eloise Clasen

Eloise Clasen slaag daarin om ‘n kinderboek te skep wat die kind se verbeelding aangryp, maar betrek ook die kind by die besonderse illustrasies deur Braam Botha. Indien jy dink dat ‘n wit- en swart kinderboek vervelig moet wees, dink jy heeltemal verkeerd! Die verhale is met kundigheid geskryf en skep die tema van mimiek. Die boek is ‘n kinderteater, ‘n ontdekkingsreis van verbeelding en ook realiteit.

DIGBUNDEL met 'n uitsonderlike tema - Jeanita le Roux

Daar is oomblikke in hierdie lewe wat die gordyne oopgaan en die ligte vol op jou skyn; en jy, gestroop van alle maskers, voorgee en probeer ontbloot word. In sulke oomblikke is dit dikwels moeilik om die emosie en chaos binne, aan die wêreld buite te verduidelik.

Met Oomblikke in tyd, ‘n foto album in woord probeer die skrywer om sulke tydgrepe se naaktheid in woorde vas te vang. Dit is ‘n album vol emosiefoto’s, momente waar die leser die weerloosheid van die hart op die verhoog kan beleef.

Die skrywer is ‘n verpleegkundige wat dit probeer afneem wat sy in mense se oë raaksien: van die eerste sprikkel lewe op ‘n sonarfoto, tot die hysbakdeure ‘n geliefde ‘n laaste keer insluk, en al die holderstebolder tydstippe tussenin.

Neem ‘n oomblik en verdwaal tussen die foto’s, dit mag jou help om woorde te gee aan die moment wat al lankal nesgeskrop het, hier diep binne in jou wese.

'n Kinderboek vir 'n dapper seuntjie, Wico

’n Dapper hondjie kry ’n dapper basie. Archie het ’n gebrek. Hy word ’n siek seuntjie se beste maat.

Met baie liefde en deur te glo, word die seun gesond én op ’n wonderlike manier word Archie ook gehelp.

Liefde en bid maak alles reg, ook ’n stukkende lyfie …

Hierdie verhaal is geskryf om gestremde kindertjies antwoord op hul vragies te gee. Volgens die skrywer se wete sal hierdie die eerste Afrikaanse boekie van die aard.

Die boekie word opgedra aan die skrywer se dapper, lewensblye kleinseun, Wico, asook sy ewe dapper en vreeslose mamma Christelle, wat niks toelaat om haar onder te kry nie – omdat sy so vashou aan haar geloof.

 

Avontuur roman saam met Babs Botha

Lees uittreksel uit hierdie boek

Dit is tragies dat die ‘herfstyd’ van die lewe onverwags in ‘wintertyd ‘kan verander en dan is dit te laat vir daardie laaste avontuur. Mona, Essie, Lilly en Glenda is vier vriendinne wat teen die einde van hulle herfstyd tot die besef gekom het dat die uurglas uitloop; dat geleentheid vir nuwe belewenisse skraps raak.

Gelukkig het hulle besluit dat dit nooit te laat is nie. Min het hulle geweet dat die avonture waarvoor hulle hulself gaan oopstel, lewensveranderend gaan wees.

HARTSWOORDE saam met 'n talenvolle digter

Lees gerus ‘n uittreksel uit hierdie prag bundel van LOGAN ADAMS. Sielswoorde wat na haar sny. Logan skryf met egtheid en ‘gesels’ met die leser met roerende gedigte.

STUDIEHANDLEIDING - Jy Kan! En dit werk ...

TOP AANBEVELING

As gebrek aan konsentrasie tydens eksamentyd, probleme met die leerproses en studie in die algemeen jou hoofbrekens besorg, is hierdie studiehandleiding ‘n stap in die regte rigting. Rhita Coetzee, ‘n tutor met meer as 20 jaar ondervinding in die aanbieding van lesings oor effektiewe studiemetodes lei studente en leerders om leesvermoë te verbeter en opsommings te maak. Sy gee ook wenke hoe om die studieproses en veral die eksamenmonster vreesloos aan te pak. Hierdie handleiding is ’n moet vir leerders en ander leergieriges.

JY KAN! meer effektief studeer.

Wanneer jy die Skrif dieper lees - met Eugene Pienaar

VRYGESPREEK is ʼn bundel met 32 daaglikse oordenkings wat op Paulus se brief aan die Romeine gebaseer is. In teenstelling met baie dagstukkie bundels wat vandag op die mark beskikbaar is, is VRYGESPREEK ʼn poging om oordenkings met meer substansie te verskaf deur die Skrif – vers vir vers – deur te werk. Dit is nie bedoel om ʼn in-diepte Bybelstudie te wees nie, maar poog nietemin om agtergrond inligting en konteks te verskaf. Ten laaste is die gedagte egter om elke betrokke gedeelte ook toe te pas op die leser se omstandighede en ʼn boodskap vir elke dag daarin te vind. Die doel is om nie slegs inligting deur te gee nie, maar ook om so bietjie geestelike voedsel te verskaf wat die leser op sy of haar wandel met die Here kan gebruik. Die verwagting is dat dit die leser sal aanspoor om die Skrif meer in geheel te lees en te bestudeer, wat noodsaaklik is vir geestelike groei.

AANBEVEEL DEUR: Theuns Opperman, Leraar

LIEFDESVERHOUDINGS IS SOMS ONVERKLAARBAAR - Ronél le Roux

Sinopsis – Wakanda

Trauma dryf Anneri om haar dogtertjie, Mia wat oor ’n wysheid ver bo haar ouderdom beskik, by ’n sentrum in te skryf waar perde in ’n terapeutiese omgewing gebruik word. 

Ns. Skrywerhuis - UITGEWER

Sy kan ook baat daarby, maar sy steek viervoet vas, veral as die inmengerige Jayden iets daarmee te doen gaan hê.

Perde is nie eintlik haar passie nie, maar sy bly nie vir lank onaangeraak nie. Inteendeel …

Beelde en drome maak dit duidelik dat daar ’n vreemde verbintenis tussen Anneri en Jayden is. Gaan die raaisel ooit opgeklaar word?

Hierdie verhaal laat mens diep dink oor onverklaarbare verhoudinge. Ons is dikwels by persone betrokke waar die verhouding net nie wil vlot nie. Kan dit wees dat wedersydse vergifnis heling kan bring, selfs al kan ons nie werklik verstaan waaroor dit gaan nie?

ROMAN AS 'N HOOFDIS - Elsabé Welman

‘n Siektetoestand laat Arno en Orna kinderloos. Sy argeloosheid daaroor verwoes hulle huwelik. Ewald se vrou beswyk aan komplikasies na ’n motorongeluk en laat hom en hul baba agter. 

Wedersydse ondersteuning tussen Orna en Ewald laat die vonke spat. Ewald se niemand-sal-weet-nie word almal-gaan-weet toe Orna aangekla word van moord. Die spanning is ondraaglik en veroorsaak wantroue teen mekaar,.

VERFRISSEND OP DIE SPYSKAART - Schönrad Stander

SINOPSIS: ’n Weeshuis is tog ’n veilige hawe, so glo ons. Maar onder die dekmantel van normaliteit broei daar duiwelsdinge. Jong meisies verdwyn, sogenaamd aangeneem deur oorsese ouers. Intussen geniet hoë amptenare die ‘genot’ van meisies wat blootgestel word aan hulle drange.

     Swanevlug is die verhaal van Helga wat uit hierdie lot moet ontvlug deur ’n slinkse plan te beraam om vir Jaap aan die pen te laat ry. Gaan haar plan slaag en waar pas Hugo du Randt in?

TITEL: Swanevlug

GENRE: Roman

HOPE FOR SA - a pilgrims guide

At a time when our country finds itself at a spiritual crossroads and squarely in the crosshairs of the enemy that successfully manages to strip much of our hope for the future, this book makes an appeal to all Christian believers to take stock of their lives. Taking you on a journey to the truths of the Old and New Testaments, you will find a solid grounding and foundation for hope and faith in a righteous and faithful God that has never changed His ways through all the ages. This book restores hope for all South Africans searching for a new and better existence in a safe and crime-free South Africa by directing the reader towards God’s everlasting covenant with His people.

TITLE: South Africa: a Pilgrim’s guide to hope

GENRE: Christian literature, Motivational

SMUL VOORSMAKIE OOR ROMANSE IN PARYS

Tinka se reis na Parys - Schönrad Stander

Tinka is ‘n sprankelende kunstenares wat besluit om na ‘n liefdesteleurstelling vakansie te gaan hou in die wêreldstad, Parys. Sy ontmoet talle karakters wat sorg vir baie humor en drama. Haar lewe word ‘n tuimelrit van ervarings en sy beleef Parys in al sy fasette. Sy ontmoet ‘n aantreklike man wat haar wêreld op sy kop keer. Dan is daar ook nog ‘n misterieuse skilder. Die onskuldige Tinka word betrek by ‘n web van leuens en misverstande. Haar reis na Parys lewer baie meer op as waarop sy voorbereid was. Sal sy hierdie keer ware liefde vind en sal sy die gewaagde item op haar kluitklaplysie kan bewerkstellig?

'n Sprokie vir grootmense

Eendag is daar

EENDAG IS DAAR – Ernest Loth

Hierdie boek bied ’n modernisering van die bekendste sprokies en bring nuwe sienings van onsself, nuwe werklikhede en nuwe plekke. Dit is ʼn kombinasie van karakters, verhale en ruimtes, dit is plesierig, humoristies, eie aan ons wêreld en tyd. Naby aan ons lyf en lewe, omdat ons die foute van die verlede opnuut besef, en opnuut weet dat mense mekaar nodig het, dat mense kan verander, dat die slegte weer goed kan word, dat ons mekaar kan en moet vergewe ter wille van die mens en die wêreld se voortbestaan.

Woestyn ROMANSE en stroopsoet water

KARMA – Louise van Gass

Cinta Boukhari is avontuurlustig. Sy is gedetermineerd om haar lewensdrome buite die stadsmure van Karma te gaan ontdek.

Maar noudat Prins Armand toevallig in Karma opgedaag het, het haar positiewe lewensuitkyk drasties verander.

Marcel, haar vriend vanaf kinderdae, se oneindige liefde vir haar het gemaak dat die smaak van die lewe se soet eintlik bitter word.

Jofré en Leanor vrees vir die definisie van wonder. Wie sal vrede in die woestynland bring?

Sal die pyn verdof as die prins die blom van die woestyn laat gaan? Is die oase se fonteinwater sterk genoeg om Cinta te help definieer wie sy werklik is?

Van plaaskind tot plaasboer - Abie Pietersen

“Stille waters … diepe grond … onder draai die duiwels rond.” Ek vertaal hierdie stelling in die plaastaal: “Vloeiende waters … diepe plaasgrond … Hier op die plaas dwaal ook die engele rond.”

Die verhale in hierdie boek vertel van ‘n plaaskind wat deur etlike moeilike omstandighede en swaarkry, bo sy omstandighede uit-gestyg het. Dit hou ‘n lewensles in dat daar altyd hoop is. Die pad van die Plaaskind na Plaasboer verg uithouvermoë en hy kom met alle dinge te kampe op sy pad, maar bereik uiteindelik sy doel, met goeie sowel as tragiese gevolge …

Die boek is vol goeie humor, maar het ʼn ernstige hoop- en motiverings-boodskap.

BETTIE SE ROOI TOWERSAK - Judy de Bruin

Bettie se rooi towersak, deur Judy de Bruin,  is vol verrassings en pragtige illustrasies vir kleuters.

Bettie en haar ma woon langs Towerland. Bettie gaan speel daagliks in Towerland en het baie pret. Natuurlik vat sy altyd haar rooi towersak saam, want daaruit kan sy enige iets uithaal.

REIS IN GOD SE WIL - Mary Mc Gluwa

Lees ‘n uittreksel uit hierdie ongelooflike boek van ‘n skrywer met ‘n groot gees en ‘n onwrikbare geloof.

As God sy wil vir jou geopenbaar het en jy terug dink aan die verlede, die pad waarlangs Hy jou gelei het om sy wil in jou lewe te ontdek, maak dit die reis baie interessant en uitdagend. Dit maak jou bestaan op aarde sinvol. Dit kleur jou lewe in volgens God se wil. Dit beteken nie dat jy volmaak is nie, maar dat jy op pad is na volmaaktheid en na heiligheid in Jesus Christus.

Hierdie biografie is die ongelooflike reis van Mary waarin so baie gebeure aan haar geopenbaar was. Dit is ’n aangrypende belydenis van die Skepper se bestaan en wonderwerke, oor ware geloof en ’n ontdekkingsreis vol intriges en uitdagings.

DIE OOREENKOMS - Natasha Nilson

Lees gerus die eerste hoofstuk van Natasha Nilson se debuutboek – DIE OOREENKOMS.

ʼn Geheim bly maar ʼn gevaarlike ding om veilig te hou. Veral as ʼn kamma-verlowing ter sprake is. In die kantoor in een van Pretoria se wolkekrabbers gaan ʼn besigheidsman en sy persoonlike assistent ʼn ooreenkoms aan wat heelwat trane, maar ook uiteindelike vreugde en geluk sal bring.

Natasha is ʼn nooi uit Bethlehem, Vrystaat en woon tans in Senekal. Sy is die bestuurder van ʼn meubelbesigheid, ʼn enkel ma van twee pragtige kinders en ʼn groot dromer.

GENADE OORVLOEDIG -Berry Jacobs

ʼn Mens kan net wonder waarheen is die lewe op pad, waarom al die gejaag na niks. Die mens jaag steeds na iets groters en beters. Dikwels word daar na grashalms gegryp. Daar is niks nuuts onder die son nie, wat gebeur het, sal weer gebeur, wat was, sal weer wees.

Die lewe is een groot toneelstuk met die mense as die akteurs. In sommige hoofstukke gaan karakters dood, ander word weer gebore. Dit is die sirkel van die lewe, en die einde van alles is moeite en verdriet indien die mens nie sy lewe en bestaan in die hande van God plaas nie.

Mag God elke leser die genade skenk, mag ons Hom toelaat om ons te verander na Sy beeld, en mag ons standvastig wees, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here.

HUMOR MET 'N TRAAN OF TWEE

DIE GRIESELS VAN POESPASVLEI (Deel 1) – Nico Schamrel.

Van struggle en suffer kan jy die Griessels niks vertel nie. Myn-blaster Frik blaas alles op; as dit nie die stock car No. 10 is nie, is dit die brug op die N2. Die tweeling sukkel met die eenmaaltafel, Fanny is vreemd omdat sy van die begraafplaas kom en Kees kom van onder die pienk lakens, die dat hy skeeftrek.

Neef Fanie Flopgekom dra ook by as car guard. Al wat hy nog kort is ’n cherry, maar hy het darem ’n video.

Doorsie het ’n geheime tatoe waarmee sy almal op hul tone hou en haar lewensmaat, Letitia, ken van WWE stoei.

 Ma-Popsie tel die sterre en stop onderbroeke, al het sy ’n slap nek. Daar is net een hond soos Blackie, die enigste swarte in Poespasvlei.

Tillie wil uit die stof opstaan. Sy kort net ’n naaimasjien en ’n showstopper. Haar baai-en-sel verkoop die beste gerookte hoenders.

Daar is ook die erns; die baksteen wat binne jou lê, gebreekte mense met hulle eie pyn.

Hoe kom jy weer bo-uit as jy net stof om jou sien?

 

VOORGEREG - Uit hierdie Valkenburg

‘n Nuwe digter wat in die grendeltyd sy debuut gemaak het, is die oud-onderwysman en dramaturg van die Paarl, Ernest Loth. Hy skilder al vir ʼn geruime tyd en het nou ook weer die kwas van die esel afgehaal. Hierdie gedigte skryf hy tussen 27 Maart en 30 April 2020 – ‘toe die digter saam met die hele Suid-Afrika en die res van die wêreld afgesonder was.’

 Van sy dramatekste verskyn in ʼn gesamentlike bundel met George Weideman, Klaas Steytler en Hennie Aucamp.

'n Lekkerny vir soet kinders!

DIE NAG TOE DIE MAAN GEVAL HET – Bets Koen

Hierdie boek bevat besonderse illustrasies wat hierdie pragtige kinderboek komplimenteer. Bets Koen se verhaal is beslis iets wat enige kind sal wil bewaar!

Kyk na die hemel daarbo.
Hy is altyd daar, so wil ons glo.
Die maan, ’n groot ronde bal
Sal hy regtig val?

ROMAN: WANNEER MENSE MEKAAR VIND

SONDEBOK, SWARTSKAAP – Nico Schamrel

SINOPSIS: Wraak, liefde, sonde, verlange, oneerlikheid, hoogmoed, geheime en geloof – alles hou ʼn verband met mekaar en almal word deel van mekaar se lewe, of dit reg of verkeerd is.

Liena Kleingeld se verlange na die waarheid bring haar terug na die kind met die blonde kuif. Maar wraak bring tragedie en ʼn jong vrou se liefde vir haar man word tot die uiterste beproef. Elkeen het sy eie geheime – sommige is swart en ander s’n sonde. 

EN DAN IS DAAR ENGEL …

Daar was een engel wat gereeld geruisloos verby gevlieg het. Altyd met ʼn sonneblom in die een hand en ʼn swaard in die ander hand. Een ding is verseker: jy lieg en bedrieg nie vir die engel nie. Jou woord moet jou eer wees.

Ongelukkig was dit die probleem met die sondebokke en die swartskape – nie almal van hulle se woord was hul eer nie.

Vir die wat goed was, was daar altyd ʼn goudgeel sonneblom. Vir die wat nie so goed was nie, was daar die swaard.

LEES HOOFSTUK 1 & 2

LEKKERBEKIGE KOMEDIE - Riaan Palmer

STERGRADERING: GOUD

Die Heilige Koeie se moe is ʼn bundel vol onheilige gedagtes. Dit vra waaroor moe die Heilige Koeie nou weer. Wie is die tannies in hulle Fortuners en waarheen is hulle op pad? Wat is badbomme en hoe werk dit nou eintlik? Waarnatoe hardloop die mense wat ons langs die pad sien? Vlug hulle vir iemand? Hoekom moet die toilet se sitplek plat wees?

Die versameling humoristiese kommentaar en staaltjies verduidelik hoekom Riaan Palmer altyd in die moeilikheid is. 

DIE WENSE VAN 'N JONG MEISIE

PETRONELLA, KONINGIN VAN DIE KAROO – Nico Schamrel 

Lokteks:

Op twee plase in die Karoo rus ʼn berg met die lyf van ʼn dier en ʼn kop van ʼn roofvoël. Daar maak die kransaasvoëls nes. Op daardie berg lê die spore van onvrede en onmenslikheid, skandes en klug – en daardie spore loop net na een plek ..

SPESIALE ROMANSE

‘N STORM IS VERBY – Ronel Dunn

“Weet jy hoekom is ek nie gelukkig nie?” het hy vir die son gevra, maar nie gewag vir ‘n antwoord nie.

“Omdat ek nog steeds na jou soek. Ek het probeer, maar ek kan jou in geen vrou vind nie.”

‘n Gelukkige, lewensblye jeug waarborg nie ‘n volwasse lewe van maanskyn en rose nie. Liefde het soms ‘n heel ander gesig as wat ‘n mens jou kan voorstel. En altyd is daar keuses…

LEKKERLEES NOSTALGIE

Dis 1901, Lambertsbaai. Die Sybille lê op die rotse, gestrand.
Wat sal die koms van hierdie skip vir die Burger-familie van die plaas Steenbokfontein inhou?
‘n Stryd ontstaan tussen Boer en Ingelsman. Wie sal dan die fraaie Martjie se hand en liefde wen?
Soms moet ‘n mens ‘n drastiese stap neem om te kry wat jou hart na smag.
Die verhaal van Martjie en haar Ingelsman is ‘n verhaal vol intrige.

SIELSKOS

Die prag digbundel van Magdalie Grobler – Oktoberkind – is nou beskikbaar by ons aanlyn winkel.

Oktoberkind is Magdalie hart en siel op papier, ʼn versameling gedigte wat ʼn geskrewe rekord is van wie ek is wanneer die wêreld nie kyk nie. Met die verskyning van haar bundel Oktoberkind, stel Magdalie Grobler haar talent as digter ongebonde ten toon.

WARM VOORSMAKIE VIR DIE KOUE WINTER

BETS KOEN verras ons weer met ‘n splinternuwe roman!

Wanneer Cupido se pyltjie tref, is dit te laat om terug te draai op ʼn eensaampad, selfs al het die liefde jou aanlyn gevind.

Wanneer ken ʼn mens iemand werklik en hoe ver sal jy gaan om jou liefde te beskerm?

Soms het selfs ʼn mossie geen ander uitweg nie as om te vlieg.         

BIOGRAFIE VAN 'N SENDELING

GEAGTE MEJ. DE KOCK, – Nico Schamrel

Die biografie van ʼn sendeling – aangrypend neergepen deur ʼn bejaarde vrou wat haar jongmenslewe opgeoffer het om ander te help.

Hierdie is die oorspronklike geskrifte van Magdalena (de Kock) Steytler, wat verlore was en weer gevind is deur haar familie en oorhandig was aan die skrywer. Dit is waardevolle inligting wat as Africana Geskiedenis beskou kan word. Hierdie skrywe is tot op die woord oorspronklik met meer geskiedkundige inligting bygevoeg. Dit vat spanning, intrige en oomblikke wat jou diep sal raak. Dit openbaar ook die leefwyse en omstandighede tussen die tydperk 1983 – 1970, die leefwyse van sendelinge en bygelowe van inboorlinge – asook aangrypende oomblikke waarin die dood skielik kom soos ʼn dief in die nag. 

Die samesteller en skrywer van hierdie boek bring graag welverdiende hulde aan Magdalena en George Steytler.

EN daar is heelwat meer!

RADIODRAMA - laai uitleg hier af