KOM BIE SAAM! Anneline Kriel-Bacon vra jou ondersteuning.
Nog steeds bekend as ons eie goue meisie - Anneline Kriel - Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld 1974.
Anneline het ‘n gesogte GEDENKPAK saamgestel om deur ‘n veiling te verkoop. Die fondse word ingesamel om My Gebed vir ‘n Boer Twee te ondersteun. Hierdie liefdadigheidsprojek fokus daarop om fondse in te samel vir slagoffers van plaasaanvalle en plaasmoorde deur professionele trauma-berading aan te bied.
ONS DANK HAAR vir hierdie uitsonderlike welwillendheidsgebaar, haar ondersteuning as ambassadeur tot die projek en dat sy die welsyn van ons boere na aan haar hart dra.
BESONDERSE MEMORABILIA
Ongetwyfeld enig in sy soort!
Die gedenkpak bestaan uit:
‘n Gesogte sak geteken deur verskeie Mej. SA’s vanaf 1957 tot 2017 met die 60ste viering van Suid-Afrika se skoonheidskompetisie. Die sak is ook geteken deur Nadine (sanger) en Derick Hugaard (SA rugbyspeler). Nooit vantevore is daar al soveel handtekeninge op een item versamel nie!
‘n Getekende waardevolle vinyl-plaat deur Anneline Kriel, getiteld ‘He took of my Romeos’.
‘n DVD van die rolprent, Somer, waarin Anneline speel net voor die Mej. Wêreld kompetisie.
Die hoogste bieër kry die geleentheid om saam met Anneline Kriel ‘n foto te neem by Oscar, Table Bay Hotel – ‘n kans om as spesiale gas Anneline Kriel te ontmoet. (Vliegkaartjie en vervoer uitgesluit).
WIE SE HANDTEKENINGE?
1957 Adele Kruger
1958 Penelope Coelen (Miss World)
1962 Yvonne Ficker
1974 Anneline Kriel (Miss World)
1976 Lynn Massyn
1979 Veronica Wilson
1981 Linda Phillips
1982 Sandra de Meyer
1985 Andrea Stelzer
1987 Wilma van der Bijl
1989 Michelle Bruce
1991 Diana Tilden-Davis
1995 Bernalee Daniell
1997 Kerishnie Naicker
2001 Vanessa Do Céu Carreira
2002 Cindy Nell
2004 Claudia Henkel
2006 Megan Coleman
2007 Tansey Coetzee
2008 Tatum Keshwar
2009 Nicole Flint
2012 Marilyn Ramos
2014 Rolene Strauss ( Miss World)
2014 Ziphozakhe Zokufa
2015 Liesl Laurie
2017 Adè van Heerden
Nadine – Sanger
Derick Hougaard – Springbok Rugbyspeler
OM TE BIE - klik hier!
Dit is alles vir ‘n goeie doel en jy belê in items wat deel is van Suid-Afrika se geskiedenis, nostalgie en dit wat deel is van ons Afrikana.