Die Griesels van Poespasvlei (Deel 1)

Van struggle en suffer kan jy die Griessels niks vertel nie. Myn-blaster Frik blaas alles op; as dit nie die three tone stasiewa is nie, is dit die brug op die N2.

Die tweeling sukkel met die eenmaaltafel, Fanny is vreemd omdat sy van die begraafplaas kom en Kees kom van onder die pienk lakens, die dat hy skeeftrek. Neef Fanie Flopgekom dra ook by as car guard. Al wat hy nog kort is ’n cherry, maar hy het darem ’n video. Doorsie het ’n geheime tatoe waarmee sy almal op hul tone hou en haar lewensmaat, Letitia, ken van WWE stoei. Ma-Popsie tel die sterre en stop onderbroeke, al het sy ’n slap nek. Daar is net een hond soos Blackie, die enigste swarte in Poespasvlei.
Tillie wil uit die stof opstaan. Sy kort net ’n naaimasjien en ’n showstopper. Haar baai-en-sel verkoop die beste smoke chickens.
Daar is ook die erns; die baksteen wat binne jou lê, gebreekte mense met hulle eie pyn.
Hoe kom jy weer bo-uit as jy net stof om jou sien?

Order Now!
About the Book

Van struggle en suffer kan jy die Griesels niks vertel nie. Myn-blaster Frik blaas alles op; as dit nie die stock car No. 10 is nie, is dit die brug op die N2. Die tweeling sukkel met die eenmaaltafel, Fanny is vreemd omdat sy van die begraafplaas kom en Kees kom van onder die pienk lakens, die dat hy skeeftrek.

Neef Fanie Flopgekom dra ook by as car guard. Al wat hy nog kort is ’n cherry, maar hy het darem ’n video.

Doorsie het ’n geheime tatoe waarmee sy almal op hul tone hou en haar lewensmaat, Letitia, ken van WWE stoei.

Ma-Popsie tel die sterre en stop onderbroeke, al het sy ’n slap nek. Daar is net een hond soos Blackie, die enigste swarte in Poespasvlei.

Tillie wil uit die stof opstaan. Sy kort net ’n naaimasjien en ’n showstopper. Haar baai-en-sel verkoop die beste gerookte hoenders.

Daar is ook die erns; die baksteen wat binne jou lê, gebreekte mense met hulle eie pyn.

Hoe kom jy weer bo-uit as jy net stof om jou sien?

Details
Author:
Series: Die Griesels van Poespasvlei (Deel 1)
Genres: Komedie, Reeks, Roman
Tags: Hoog aanbeveel, Premium Boek, Stergradering
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2020
List Price: R140.00
eBook Price: R65.00
Endorsements
Ek moet vir potensiële kopers noem dat ek lanklaas ’n boek so geniet het. Ek is nie ’n literêre kenner nie, maar ek sal my voortande gee om só te kan skryf. Dis kostelik, maar ook met soveel deernis geskryf. Ek kan letterlik die toneel voor my sien afspeel terwyl ek dit lees. Met tye skater ek hardop, en ander kere pik en ’n traantjie weg. Dis werklik puik.
Na ek hierdie komedie verslind het, kon ek nie wag vir die opvolg nie! Nico Schamrel se sin vir humor is in 'n hoër klas as slapstok komedie en DIsney Cartoons. Die verhaal is so eg, bo die gemiddelde, maar EG!
– Ettiene Schoeman, Grey High, PE
Lanklaas so lekker gelag! Uitstekende komedie, fyn gesny en pragtig aanmekaar gestik - net soos Tillie se mode skeppings. Buitengewone karakters, soos Fanie Flopgekom, maak van hierdie komedie 'n reuse sukses.
– Chris van Deventer, UK
Book Club Resources
Order Now
About the Author
Nico Schamrel

Nico Schamrel is gebore en getoë op Uitenhage. Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook 'n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal – By Mooirivier se brug – wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy die Chris Barnard Prys benoeming vir sy kortverhaal – Kaggen – wat opgeneem is in sy bundel Prente in my kop.

In 2021 ontvang hy twee benoemings van INK-skryf in Afrikaans vir twee van sy gedigte wat gepubliseer is in 'n gesamentlike digbundel.

Nico Schamrel is ook die stigters lid van PENdit.za - 'n platform wat geskep is om talentvolle skrywers te help en ter ontwikkeling van die Afrikaanse verhaalkuns.

Ns. Skrywershuis is ook deur Nico Schamrel gestig om talentvolle skrywers te help om hul skrywes te publiseer.

Van Nico se skrywe word voorgelees oor Kaapstad Radio en in leesbeeld uitgesaai op Net Afrikaans (TV).

Hy is nie net 'n uitgewer en skrywer nie, maar soms ook beoordelaar, grafiese ontwerper, digter en resensent.