Die Inkommer

Wanneer word dit tyd om aan jouself te dink en te vlug, wanneer is geweld genoeg?

DIE INKOMMER - Emma stap met ’n stukkende liggaam en gees weg van ’n huwelik wat nooit moes gebeur het nie.

Of sy skuld daaraan het of nie, sy het haar punt van genoeg bereik.

‘n Reis gevul met twyfel, krisisse, ontberings en amper haar dood aan die hand van ‘n jaloerse derde party, bring haar by Dewald op Uitkomst en uiteindelik geluk … maar sal die verlede haar ooit ophou volg.

Order Now!
About the Book

UITTREKSEL: Proloog

“Waaroor gaan die ding, Ma?”

Sy kyk op na hom. Daardie iets delikaats aan sy profiel – die deeltjie van hom waaraan sy haarself herken. Die spanning is ongemaklik. Sy moet dit verby kry.

“Ek gaan jou vertel, maar ek vra mooi, moet my nie veroordeel nie.”

“Ek sal nooit nie. Ma is die beste mens wat ek ken.”

Sy kyk terug huis se kant toe, breek ʼn olyftakkie af en rol dit in haar hand rond. Dewald staan op die stoep, maar sy kan nie sien waarna hy kyk nie. Dalk of daar wolke vorm wat genadereën moet bring.

Sy gaan sit op die grond en gooi die stokkie tussen die olyftakke in.

“Dit het so lank terug gebeur dat ek nie seker is waar om te begin nie.”

Details
Author:
Genres: Emosioneel, Intrige, Liefdesverhaal, Resensie, Roman, Spanningsverhaal
Tags: Aanbeveling, Drama en intriges, Resensie, Roman
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2022
Format: Sagteband / ePub / Mobi
Length: Volledige roman
Rating:

List Price: R220.00
eBook Price: R150.00
Endorsements
DIE INKOMMER het ‘n kinkel wat onvoorspelbaar ontwikkel in hierdie intrige belaaide roman. Die skrywer weef sekere bekende temas deur die verhaal wat die leser aan die raai hou en bou spanning op wat sorgvuldig ontrafel word. Beslis ’n goeie aanbeveling werd.
Order Now
About the Author
Jan Bonthuys

Aftree in Stilbaai met drome; om te blog, te toer, te skryf.
ʼn Naambord met die vreemde woorde The farm story, by ʼn afdraaipad op die Droëvlakte, het ʼn gedagte laat ontstaan ... die gedagte het woorde geword. Die woorde het sinne geword en die sinne paragrawe, hoofstukke en ... Die Inkommer.