No Image Available

Belofte van beskerming

R200.00  R180.00
 Skrywer: Deon Hoffman  ISBN: 978-0-620-98402-7  Language: Afrikaans  Dimension: A5  Bestel nou
 Sinopsis:

BELOFTE VAN BESKERMING:

Die God van Abraham, Isak en Jakob wat ons aanbid, word aan ons voorgehou as ʼn God van liefde wat net die beste vir Sy kinders het. Tog, wanneer ons om ons kyk, lyk dit asof die werklikheid van geweld geen diskriminasie ken nie. Hierdie boek poog om ʼn perspektief te bring op die werking van ʼn vyand wat geen genade het nie en wat sy aanvalle loods vanuit ʼn onsigbare geesteswêreld. Ten einde dit wat op ʼn fisiese vlak in ons wêreld afspeel te kan verstaan, moet ons ʼn begrip hê van die geestelike oorsprong daarvan. Die leser word gewys op ʼn alternatief – die verbond wat God eeue gelede ingestel het met Sy volk [en kinders] en die hernieude verbond wat geskryf is in Jesus se bloed wat vandag nog, meer as ooit, geldig is – ʼn belofte van Sy beskerming vir dié wat na Sy weë wandel.

 Back