In Besnydenis en die Doop beklemtoon Elandré Swartz die verskil tussen “dooie” en “lewende” Christene en verduidelik hoe die kinderdoop ‘n misleidende sluier voor Christene se oë plaas. Hy beklemtoon dat dit nie die gelowige doop is wat iemand red nie, maar besnydenis van die hart. Hy moedig mense aan om op te hou om in tradisie te leef, maar om hulself aan die Here te onderwerp en hiermee die Heilige Gees in hulle lewens nooi sodat hulle in hulle harte besny kan word.
Die doel van die boek is nie om ‘n skeuring tussen gelowiges te veroorsaak nie, maar eerder om die geestelike implikasies uit te lig onder die meeste Christene wat in die kleindoop glo, asook hoe belangrik ware geloof in Jesus Christus is. Die gelowige doop is slegs die uiterlike teken dat jy identifiseer met die dood, begrafnis en opstanding van Jesus Christus.