CRAVEN - Met 'n ma wat uit die welgestelde suidelike voorstede van Kaapstad kom en 'n pa uit die armer noordelike dele was Miller Craven as 'n jong seun vasgevang in 'n onsmaaklike skeisaak van twee mense wat mekaar verafsku. Met tyd kom hy vinnig agter dat sy pa inderdaad 'n skobbejak en skurk is. Nadat hy skool verlaat vir die weermag, bevind hy hom in 'n eenheid wat vir Nasionale Intelligensie werk. As gevolg van sy voorkoms beland hy in die Midde-Ooste waar hy allerhande duister dinge vir sy en ander regerings doen.
Sy avonture haal hom uiteindelik in. Sy drome is gevul met bloed en dood. Selfs nadat hy die NI-span verlaat het, werk hy vir sy pa as “enforcer”. Steeds spook die verlede. 'n Konfrontasie met sy broer dwing hom om op die vlug te slaan, maar hy bevind hom weer in sy pa se kloue. Dit bring hom terug na sy grootste konflik ooit: pa teen seun.
Intekenvorm om die skakel na Naskrif maandeliks te ontvang
Gebruik die X bo regs indien jy vantevore ingeteken het.