Die Liefde Wen bundel is ‘n versameling gedigte deur amateur-digters wat deelgeneem het aan die tweede LiefdeWen Digkompetisie in 2022. Inskrywings is van regoor die land ontvang en die bestes is gekies om deel te vorm van die bundel, saam met gedigte van ‘n paar bekende skrywers, soos Bibi Slippers, Angie Gallagher en meer. Die eerste kompetisie en bundel het in 2017 verskyn as ‘n projek deur Almero Welgemoed en Bouwer Bosch om aanhangers van die LiefdeWen handelsmerk aan te moedig om gedigte te skryf.
Die onderwerp en tema van beide bundels is “liefde” en skrywers kon die tema interpreteer soos hul wil.