GOD SE BOBBEJAAN: Hannes het grootgeword met ’n ou moeder wat in sy herinneringe veral op twee maniere verskyn. Die eerste is met ’n vermanende vinger en ’n streng gesig wat sê: “Praat die waarheid, my kind, want God het die waarheid lief.” Die tweede is met ’n swaar sug en ’n vraag die onbekende in: “Ja, ou wêreld, wat is jou waarde? ’n Kissie van plank ses voet onder die aarde.” Dit het hom intens bewus gemaak van hierdie konsepte. Is dit dan waar dat God ook die waarheid, dat die wêreld waardeloos is, lief het?
Sy vriend Josias het ander idees gehad, hom tot ander insigte probeer bring, maar Hannes het in sy naïwiteit vasgeskop: “Ja! Dan is ek God se bobbejaan. Laat ek dan bobbejaan wees wat nie verstaan nie en nie weet nie. Maar ek glo wat ek beleef het.”
Met kundigheid weef die skrywer, Johannes, ’n gesprek met homself deur die twee karakters te skep – Jo en Hannes.