JY KAN! meer effektief studeer.
As gebrek aan konsentrasie tydens eksamentyd, probleme met die leerproses en studie in die algemeen jou hoofbrekens besorg, is hierdie studiehandleiding ‘n stap in die regte rigting. Rhita Coetzee, ‘n tutor met meer as 20 jaar ondervinding in die aanbieding van lesings oor effektiewe studiemetodes lei studente en leerders om leesvermoë te verbeter en opsommings te maak. Sy gee ook wenke hoe om die studieproses en veral die eksamenmonster vreesloos aan te pak. Hierdie handleiding is ’n moet vir leerders en ander leergieriges.
JY KAN! meer effektief studeer – die kenners stem saam.