‘n Siektetoestand laat Arno en Orna kinderloos. Sy argeloosheid daaroor verwoes hulle huwelik. Ewald se vrou beswyk aan komplikasies na ’n motorongeluk en laat hom en hul baba agter. Wedersydse ondersteuning tussen Orna en Ewald laat die vonke spat. Ewald se niemand-sal-weet-nie word almal-gaan-weet toe Orna aangekla word van moord. Die spanning is ondraaglik en veroorsaak wantroue teen mekaar, veral met verdoemende bewyse op hande. Verskuilde geheime word ontbloot en nie een van die partye weet of hulle die klonte sout kan verteer nie.