No Image Available

Laataand koffie

R170.00
 Skrywer: Retha van Schalkwyk  ISBN: 978-0-7961-4761-5  Bladsye: 161  Language: Afrikaans  Dimension: A5  Bestel nou
 Sinopsis:

Verkeerdom boodskappe, ’n opslagpampoen, ryp tamaties, granaatpitte wat lag, druiwekorrels en ’n grenadellablom wat die passiespel uitvoer. Pampoene wat hulself inryg aan ’n rank, wat gevoelens losmaak wat lei tot tintelings, oor verydelde hoop en die woudkoning se pa wat met das en baadjie skoolkar ry. Flentertjies uit LAATAAND KOFFIE, Retha van Schalkwyk se kortverhaalbundel. Ideaal vir wanneer tyd min is, maar die lus vir lees nie geblus kan word nie. Retha se besondere skryfstyl hou ’n mens op en wakker en neem jou deur ’n versameling kortverhale met uiteenlopende temas.

LAAT AAND KOFFIE: Na ʼn stilte van ʼn klompie jare word Retha van Schalkwyk opnuut deur die skryfgogga gebyt en lewer hier ʼn verskeidenheid kortverhale. Rype ervaring laat haar met buitengewone perspektief na alledaagse gebeurtenisse kyk. Met diepe insig draai sy ʼn situasie om en bring ʼn fiktiewe verhaal na die oppervlak. Deur pittige taalgebruik geniet sy dit om die lewe se verloop vas te pen tot ander se vreugde en leesgenot.

 

 Back