LUCINDA – Sy gaan sit op die swaai onder die groot ou akkerboom en wieg heen en weer terwyl die dik tak waaraan die swaai se ketting vas is, kreun en kraak. Vir die hoeveelste keer wonder sy wie sy regtig is, waar sy vandaan kom. Ans, haar pa se vrou, herinner haar nog al die jare dat sy net ʼn optelkind is. As sy haar pa daaroor uitvra, is sy antwoord altyd dieselfde: “Jy is my dogter en dit is al wat van belang is, vergeet van die res.”
Maar die res is ’n raaisel wat uiteindelik ontrafel word. Stelselmatig ontdek Mia dat sy eintlik Lucinda is. Sy ontdek haar eie familie wat haar verwerp het en nou weer toenadering soek. En uiteindelik, ontdek sy sukses en liefde.