’n Weeshuis is tog ’n veilige hawe, so glo ons. Maar onder die dekmantel van normaliteit broei daar duiwelsdinge. Jong meisies verdwyn, sogenaamd aangeneem deur oorsese ouers. Intussen geniet hoë amptenare die ‘genot’ van meisies wat blootgestel word aan hulle drange.
Swanevlug is die verhaal van Helga wat uit hierdie lot moet ontvlug deur ’n slinkse plan te beraam om vir Jaap aan die pen te laat ry. Gaan haar plan slaag en waar pas Hugo du Randt in?