Tussen stiltes is daar dikwels roeringe, klanke. Die lewe wek wanklanke; dood, pyn, verwerping. Maar die lewe bring ook tussen al hierdie emosies stille aanvaarding, liefde. Hierdie bundel sny baie naby aan die skrywer se lewe en geliefdes. Sy vra vrae, bepeins en uiteindelik, tussen al die stiltes en stilbly, kom sy by die punt wat saakmaak: sy gaan nie meer stilbly nie, want – ’n mens moet wys raak.
Hierdie is sielsgedigte en roerend.