No Image Available

Vaal ver pad

R150.00
 Skrywer: Karel Nel  Tags:die vaal ver pad | Karel Nel |  Bestel nou
 Sinopsis:

HOE VER IS VER

In die tyd van vinnige motors, treine en supersoniese vliegtuie kan ’n mens byna in ’n dag om die wereld reis. Om egter met ’n donkiekar deur die Tankwa-Karoo te reis, kan nogal ’n uitdagende ervaring wees.

Vir Jafet en Sarah is dit nie net ’n reis huis toe op die stowwerige, vaal pad deur die droë Karoo nie, maar ook ’n lewens- en sielereis na ’n onseker toekoms.

Die seer van die lewe het Groenvlei in hulle afwesigheid in oorvloed getref. Jafet en sy vrou Sarah is die uitkoms op gebede om vertrapte liefde te herstel. Maar Groenvlei? Sal die plaas ooit weer herstel?

 

 Back