WAAR BLOED KRUIP
Die verhaal speel gedeeltelik af tydens die Covid-19 Pandemie. Vyf moorde word gepleeg, op vyf verskillende plekke – Jeffreysbaai, Plettenbergbaai, Robertson, Worcester en Mosselbaai gepleeg. Die moorde se modus operandi is bykans eners. Waarom hierdie moorde – wie en wat skuil daar agter?
Na meer as ʼn jaar van weinig vordering, ontvang kaptein Borman ʼn wenk per telefoon wat die koue saak ’n verrassende wending gee. Kan die moordenaar nóú vasgetrek word?
Waar bloed kruip is diggeweefde speurverhaal met hoogspanning en verrassende intriges en ’n onvoorspelbare einde.
Die leser sal sukkel om Waar bloed kruip neer te sit!