WAAROM HIERDIE BOEKE?
Die verskrikking en geweld van plaasaanvalle, om afskeid neem van geliefdes, verwerking van die gebeure en die sielkundige uitwerking van ‘n aanval op mense, boere en hul werkers los ‘n lelike letsel.
Ons vorder fondse in deur die verkoop van hierdie boeke om slagoffers te help met traumaberading deur professionele sielkundiges en beraders.
Ons wil graag uitreik na families en hulle ondersteun.
Ons wil ook die aanval op ons boere blootstelling gee en die bewusmaking kweek dat dit ‘n euwel is Suid-Afrika.
Dit is net so belangrik om die boodskap oor te dra dat die boer ons voorsien van die kos op ons tafel, dat boere nie net wit is nie en dat ons land se ekonomie gedra word deur hierdie hardwerkende produsente.
HOE BESTEL EK?
LET WEL: Die boek is alleenlik beskikbaar in sagteband en kan nie per koerier afgelewer word nie.
PRYS: R240.00 + R60.00 (Paxi) = R300.00
BESTEL PER E-POS bets.adminco@gmail.com
HOE OM TE BESTEL
- Dui aan aantal boeke wat jy wil aankoop.
- Verstrek die adres van jou naaste Pep Stores in jou e-pos.
- Verstrek jou selfoonnommer (jy ontvang ’n boodskap wanneer jou pakkie gereed is vir afhaling).
- Heg jou bewys van betaling aan by jou e-pos.
- Gebruik asb. net jou NAAM EN VAN as verwysing met elektroniese betaling.
NEEM KENNIS
- Ons kan nie bestellings prosesseer as al die inligting, soos aangevra, nie verstrek word nie.
- Enige bestellings na 10 Desember 2023 sal in Januarie 2024 versend word.
- Ons kan nie verantwoordelik gehou word vir verlore versendings nie (Paxi is beslis die beste en ons het geen probleme in die verlede gehad nie).
INDIEN JY MEER AS EEN BOEK BESTEL
- Indien jy meer as een boek bestel en na een afleweringsadres gestuur word, betaal jy net R60 paxi en vir elke boek R240.00. Byvoorbeeld: 4 x boeke = R960 + R60 (paxi) = R1020.00. Meer as 5 boeke sal die aflewering R80.00 beloop.
BANKBESONDERHEDE
BANK: Capitec Bank
BANK KODE: 470010
REK NO: 1736577741
REK NAAM: NS Act of love
Spaarrekening
JOU VERW: Naam & Van
MY GEBED VIR 'N BOER (Twee)
Hierdie is ’n inisiatief deur NS Liefdesdiens / NS Act of Love – ’n nie-winsgewende platform van Ns. Skrywershuis – Uitgewer. FONDSINSAMELING VIR SLAGOFFERS VAN PLAASAANVALLE.
Die fondse word aangewend om traumaberading aan slagoffers te bied.
WAARUIT BESTAAN DIE BOEK?
Bekendes, skrywers, digters en storievertellers het bygedra tot die inhoud van hierdie besonderse boek.
Die boek bestaan nie net uit gebede en gedigte nie, maar ook poësie en kortverhale – asook lekker broodresepte.
Die tema van die boek is BROOD – simbolies as die stapelvoedsel van Suid-Afrika, maar ook die simbool van Jesus se liggaam wat gebreek was vir die mensdom.
Ons ontmoet ook inwoners op plattelandse dorpe wat ‘n verskil maak in hul omgewing, mense wat deur plaasaanvalle geraak was en slagoffers van plaasaanvalle.
Daar is selfs ‘n artikel hoe om jouself te beveilig.
'N PAAR BEKENDES
FEITE WAARVAN JY NIE WEET NIE!
- Steve Hofmeyr se bydrae word vir die eerste keer in hierdie boek gepubliseer.
- Marcel Hopkins skryf haar bydrae tydens haar vlug terug vanaf haar wittebrood.
- Hannon was die eerste bekende om sy ware gebeure te stuur.
- Amor Vittone het ook deelgeneem aan ons eerste gebedeboek. Sy is ‘n groot ondersteuner!
- Francis Grobler het ook aan die vorige projek deelgeneem en hierdie keer ‘n splinternuwe werk geskryf – spesiaal vir hierdie boek.
JOU ONDERSTEUNING IS KOSBAAR
Ondersteun Ns. Liefdesdiens met die aankope van hierdie unieke boek en dra so by tot ons liefdadigheidsfonds.
Inkomste uit die verkope word aangewend om professionele traumaberading te bied aan slagoffers van plaasaanvalle.
Ons boere is die produsente van ons land en voorsien ons van kos op ons tafels. Kom ons help hulle wie hulp nodig het.
Elke boek word gedruk uit die verkoopprys en wins word dan aangewend vir ons goeie doel.
JOHAN ALLERS GESELS MET NICO SCHAMREL OOR DIE BOEK
ONS BEMARKING VIR HIERDIE PROJEK
Kom ons bid en skryf saam vir die veiligheid van plaasboere, hulle gesinne en hul werkers. Ons bid vir troos vir slagoffers van plaasmoorde. Kom ons bid vir verandering, bystand, vergifnis, wysheid, goeie leierskap en vir God se genade, asook seën oor die boere en al die mense van ons land. Indien jy sou voel om vir die hele wêreld te bid, kan jy dit ook doen – dit is immers jóú gebed.
Die boere en mense van Suid Afrika sal jou woorde ter harte neem en jou bydrae sál ‘n groot verskil maak in elkeen se lewe.
PROMOSIEVIDEO
ONS AMBASSADEURS
Anneline Kriel-Bacon is ‘n Suid-Afrikaanse model, aktrise en skoonheidskoningin. Sy het in 1974 op 19-jarige ouderdom Mej. Wêreld geword nadat die Verenigde Koninkryk se Helen Morgan bedank het net vier dae ná haar kroning. Anneline was Suid-Afrika se tweede Mej. Wêreld naas Penny Coelen-Rey.
Anneline was ook die ambassadeur vir My Gebed vir ‘n Boer (eerste projek) en gesels in Rooi Rose met Carla van der Spuy oor haar betrokkenheid by hierdie liefdadigheidsprojek.
Haar passie om fondse in te samel vir slagoffers van plaasaanvalle op boere en hul werkers, word deurgaans in haar lewe bespreek. Sy was ook betrokke by die burgerregte-oragnisasie Afriforum om plaasmoorde stop te sit.
“Ek voel baie hartseer oor die boere wat elke dag in vrees lewe. Die grusame moorde is onaanvaarbaar,” het sy in ‘n onderhoud in Huisgenoot, 2017, gesê.
Anneline Kriel-Bacon beywer haar om My Gebed vir ‘n Boer 2, wyd en syd bekend te stel. Volg gerus haar Facebook-profiel.
Ontmoet van ons bekendes
MY GEBED VIR 'N BOER (EEN) kan OOK bestel word