Ons immer bekende joernalis, Johan Allers, gesels met verskeie gaste oor onderwerpe van belang.

Vir meer inligting oor die uitsaai van hierdie insetsels, kontak Johan Allers per vonkpos johanallers@gmail.com.

OP AFRIKAANS.COM – Nuwe Podsendingreeks: Kaalkop sonder tuiste

KAAPSTAD RADIO TOEKENNING: AllesAfrikaans word aangewys as POTGOOI INSETSEL 2022 deur Kaapstad Radio. 

DIE ORDE VAN DIE GOUE PEN word toegeken aan Johan Allers – vir uitmuntende joernalistiek – 2022.

Kaalkop gesels met Cobus Visser (die Viking)

Kaalkop gesels met Pieter Groenewald

Twee vriende toor met plantkosresepte

Ex-Marine calls for peacetalks (Russia/Ukraine conflict)

Kaalkop gesels met Anneli Bronkhorst

The war in Ukraine can be stopped today.

It is possible to put an end to the Russia/Ukraine conflict today. To do so will take vision, courage, humility and the recognition that there is always two sides to a story. 

In conversation with Jeffrey Sachs

he mainstream media wants you to believe that the Russia/Ukraine conflict is the result of an unprovoked invasion by Russia. This fundamental lie about the conflict clearly stands in the way of understanding the war and of finding a peaceful end to the conflict. Jeffrey D. Sachs is a world-renowned economics professor, bestselling author, innovative educator, and global leader in sustainable development. From 2001-18, Sachs served as Special Advisor to UN Secretaries-General Kofi Annan (2001-7), Ban Ki-moon (2008-16), and António Guterres (2017-18). He was also an advisor to the last leader of the Soviet Union, Mikhail Gorbachev as well as to the first president of the Russian Federation, Boris Jeltsen.

Kaalkop gesels met Lindie Stander

Die bekende Binnelanders-aktrise Lindie Stander (Agter my glimlag) vertel aan Johan Allers hoe dit voel om die een dag nog die geliefde Elise te wees, en die volgende dag in ’n bloedbevlekte bed in ’n staatshospitaal wakker te word – en te wéét jy is jou lewe soos jy dit geken het, vir ewig kwyt.

Kaalkop gesels met Sharine Barnard

harine Barnard se betekenisvolle musiek het oor die afgelope paar maande heelwat aandag getrek in musiekkringe. Daarom wou sy aanhangers graag bederf met nóg ’n enkelsnit voordat die jaar einde se kant toe staan. AL LOOP EK is dié sanger, liedjieskrywer en diereliefhebber se sewende enkelsnitvrystelling en volg in die suksesvolle voetspore van treffers soos Breathe, Pray en Killer wat baie goed ontvang is.

Carl Niehaus - Siboniso Duma is deel van 'n ANC-faksie wat bekend is as die 'Taliban', 'n groep 'radikale ekonomiese transformasie' of RET-lede met diepgewortelde lojaliteit aan oudpresident Jacob Zuma.

Flip Buys - Die voortslepende krisis by Eskom en die feit dat die regering op verskeie vlakke van die samelewing misluk het daartoe gelei dat hulle uiteindelik geen keuse gehad het as om die hand na Solidariteit uit te reik.

Inge Kühne - redakteur van Rapport, gesels met AllesAfrikaans oor waar meeste tieners hul nuus vandaan haal en wat dit vir die toekoms van ons demokrasie mag beteken.

Ina Bonnette - gemartel en verkrag - die Modimolle-monster.

Ilse Verster - my veertig jaar van hel saam met 'n narsis

Adele Vorster gesels oor eetverslawing

Eetverslawing is dikwels die gevolg van trauma. Die skrywer van die boek Tien voor een, Adele Vorster, gesels openhartig met AllesAfrikaans oor haar eetstoornis en die psigiese probleme wat daaragter skuil.

Leoni Smit - digkuns, skrywer en stylleerder

Leoni Smit is ‘n vryskutskrywer en interieur stilis. Haar werk strek oor 30 jaar as kommentaarskrywer vir film en stilering vir stilfotografie. Haar twee skietlokale, Mudhouse en Runaway Royalty was alombekend in Kaapstad waar sy woonagtig is. Smit is wyd gepubliseer in internasionale tydskrifte en onderskryf. Haar werk het al op die voorblaaie van prominente publikasies verskyn. Haar groot voorliefde is binnehuisversiering en die skryf van kort essays wat gelaai is met digterlike digtheid. Sy wei tans haar tyd aan kortkuns en aan stilfotografie vir interieur publikasie. Sy droom van animasie digkuns en wil haar kort voor lank daarop toespits.

NOSTALGIE: Dorianne Berry gesels oor haar werk by die SAUK en waar sy haarself vandag bevind.

Televisie in Suid-Afrika is in 1976 ingestel en Dorianne Berry was en van die eerste televisie-aanbieders wat ‘n bekende en geliefde gesig in Suid-Afrika se woonkamers geword het. Vir byna 15 jaar was Dorianne een van die mees bekendste gesigte op die prentjieboks, ‘n geliefde kuiergas in elkeen se huis. Tot die koms van die nuwe demokratiese Suid-Afrika –  in haar eie woorde: ‘I was put in the ‘white category’ and told to leave.”

Dorianne woon tans in Seattle Washington.

Philip van Staden van die VF+ gesels oor swak hospitaaldienste

Die VF Plus het die Menseregtekommissie (MRK) genader om ondersoek in te stel na die onmenslike wyse waarop pasiënte in staatshospitale behandel word. Dit volg nadat die party die afgelope jare gereeld klagtes vanaf die publiek ontvang het. ʼn Voorbeeld is die onlangse voorval in die Vrystaat waar ʼn pasiënt reeds sewe maande wag op ʼn prosedure nadat die persoon in ʼn ongeluk betrokke was.

Justin Harrison talks about Eskom's fat pay cheques

Justin Harrison – it is insane

Justin Harrison, CEO TEAM 6 INVESTMENT and presenter of The Global Money Academy reveals the shocking truth about Eskom’s high salaries.

The truth about load shedding and salary negotiation with a CEO earning R7 milj. per month. Eskom being the fourth best salary payers in South Africa with 44 772 employees. A Third of Eskom’s income goes towards salaries.

Onderhoud met Michele Potgieter in Ukraine

SA vrou in Oekraïne – geloof hou my hier

Twee weke na hulle huwelik, vertrek ’n jong Afrikaanse egpaar na Oekraïne – nie op wittebrood nie, maar geroepe om as evangeliste ná die val van kommunisme, die Woord te gaan verkondig. Met twee tasse op ’n trein, vasgevang in ’n ysige winter, is Michele en Ockert Potgieter (oorlede) op pad na ’n lewe waarvoor God hulle bestem het.

Hulle word ontvang met teenkanting, vervolging, wantroue en agterdog. Die egpaar word vir jare lank selfs deur die berugte KGB vervolg wat hulle van moontlik spioenasie verdink. Michele en  Ockert word, pistool teen die kop, gedreig en uit die dorp geteister. Deur onwrikbare geloof en volgehoue gebede, oorkom hulle struikelblokke en breek die mure van ongeloof en bygelowe af. Met die onstuitbare geloof van ’n Abraham en Maria Magdalena, kon die Potgieters ’n kerk stig, Die Lig van die Wêreld, om die mense van Reni in die Oblast gebied naby Odessa, weer hoop en die geloof in Christus te bied.

Johan Allers, aanbieder van die radiogram AllesAfrikaans, gesels met Michele Potgieter, steeds woonagtig in Oekraïne. Hierdie insiggewende onderhoud weerspieël hoe wonderwerke plaasvind deur ’n rotsvaste geloof.

Stiaan Reynierse gesels met AllesAfrikaans

Stiaan Reynierse – ek het oorwin

Die Afrikaanse sanger, Stiaan Reynierse voer ’n oop en eerlike gesprek met Johan Allers oor sy verlede, maar ook sy toekoms.

“My oupa was ’n boemelaar en hy het my leer kitaar speel,” vertel ’n emosionele Stiaan.

Uit ’n gebroke familie het Stiaan die blom uit die modder geword na ’n lang reis deur verslawing en gebroke teleurstellings.

Die boodskap is ook dat as jy val, kan jy weer opstaan.