ONS BLAD VIR KUNSTENAARS

Ns. Skrywershuis bied jou die geleentheid om gratis op hierdie blad te adverteer. Enige kunstenaar en enige vorm van kuns, welke beeldende kuns of skilderkuns, kan hier gratis bemark word.

WORD ‘N LID

sluit aan by Ns. Skrywerhuis – JOU ARGITEK VAN JOU PUBLIKASIE – op Facebook.

SKILDER: Maritza du Preez

Kuns is gedenkwaardig, almal het tog ‘n gunsteling dag, oomblik of persoon wat hy of sy wil onthou?  Ek was hoofsaaklik deur my pa geïnspireer. Hy was een van daardie tipe persone wat homself in meer as een vorm van kuns kon uitleef. Veral sy pewterwerke is van sy mees besonderse gawes gewees.  Wanneer ek nie besig is om te skilder nie, is ek waarskynlik besig om te skryf. Daar is soveel gemeenskaplike belangstellings wat ons kon deel.

Ek het onder leiding van Marlize Kenmuir, die begaafde waterverfskilder ‘n paar afrondings tegnieke geleer skilder.

Ek skep hoofsaaklik oorspronklike skilderye op gestrekte doek. My kuns is funksioneel, wat vir tuiste dekor aangewend kan word. 

Die verskeie uitbeeldings wat ek skilder, wissel van deurdagte oomblikke wat deur die lewe aan gedra word tot my gunsteling onderwerp, om menslike emosies vas te lê wanneer ek portret studies benader.

Ek skep hoofsaaklik oorspronklike skilderye op gestrekte doek. My kuns is funksioneel, wat vir enige tuiste, kantoor, spreekkamer en desimeer as dekor aangewend kan word. 

KONTAK: dupreezmaritza5@gmail.com

SKILDER: Alet van Heerden

Van kleintyd het Alet daarvan gehou om gedigte te skryf en sketse te teken.Vandag is skilder- en skryfkuns deel van haar leefwyse.

Rose voor venster, Olie 35x45cm geraam R3 100,00

Sy skilder alledaagse tonele waarmee sy tuis voel – veral landskappe van die pragtige Klein-Karoo met karoohuisies, donkiekarre, windpompe en vetplante. Alet skilder in waterverf, pastel, akriel en olie – veral seetonele, stillewe en portretstudies.

Sy neem gereeld deel aan kunsuitstallings en is voorheen ook gekeur vir die Winteruitstallings by Strydom Galery in George.

Haar solo-kunsuitstalling in Calitzdorp was baie suksesvol en sy neem ook deel aan die jaarlikse Vetplantfees.

Haar tweede digbundel – Somergenade – met ongeveer 25 van haar skilderye in kleur, het in 2019 verskyn

KONTAK: aletcvh@gmail.com.

Klein-Karoo plaas met sybokke, Olie 30cm x 40cm geblok R900,00