Ons bied 'n program aan om jou te leer hoe om 'n boek te skryf!

Ns. Skrywershuis en Amanda de Lange bied in 2024 ’n heerlike projek aan. As jy nog altyd wou skryf, maar onseker was oor hoe om te werk te gaan, is hierdie net die geleentheid vir jou.

Amanda was vir 30 jaar ’n joernalis en is nou ’n lewensafrigter en mentor vir skrywers. Sy is ook die skrywer van die boek Suurlemoenseisoen: Herbou jou lewe in 52 weke, wat in 2019 deur Lux Verbi uitgegee is.

Jy kan nou inskryf om volgende jaar, onder leiding van Amanda, alles omtrent die fundamentele beginsels van kreatiewe skryfwerk te leer en terselfdertyd die boek te skryf wat jy nog altyd wou!

Boonop sal een van die skrywers in hierdie program aan die einde van die jaar ‘n ongelooflike prys wen: Die finale redigering, proeflees en tegniese versorging van jou manuskrip, asook die publikasie en bemarking van jou boek deur Ns. Skrywershuis.

WAT DIE PROGRAM JOU BIED

  • 4 sessies van 90 minute per maand wat bestaan uit groep- en individuele sessies.
  • Aanlyn op Zoom – jy kan dus van enige plek af aansluit.
  • Persoonlike afrigting en mentorskap.
  • Ekstra gratis werksessies saam met reeds gepubliseerde skrywers asook uitgewers.

WAT JY ALLES SAL LEER EN TOEPAS

  • Storie-ontwikkeling en beplanning
  • Volronde karakters
  • Verteller perspektief
  • Literêre tegnieke
  • Beskrywende taal
  • Dialoog
  • Intro’s
  • Storiewendings
  • Redigering en herskryf

REGISTREER NOU!

Aan die einde van hierdie uitstekende program, sal jy ’n baie sterk fondasie hê waarop jy kan voortbou.

Net ’n beperkte hoeveelheid mense sal aan hierdie program kan deelneem – sorg dus dat jy so gou as moontlik registreer sodat jy jou plek verseker.

Registrasie sluit 10 Desember.

Sessies begin in die week van 8 Januarie 2024.

Vir navrae of meer inligting stuur ’n e-pos aan amanda@amandadelange.co.za of WhatsApp 0846090344.

MENTORSKAP - Amanda de Lange