Ranny Kay, 26, woon in Gouda in die Wes-Kaap saam met sy ouma. Hy bied graag sy hulp aan tot gemeenskapdiens en dra die behoeftes van sy gemeenskap op sy hande.
Ranny beskik oor ‘n talent wat dun gesaai is – liriekskrywer en ‘n diep filosoof. Hy het reeds twee liedere opgeneem wat rymklets is, maar het besluit om ‘n ander pad te neem in die rigting van lirieke,
Die area waar hy woon is ‘n ghetto, ‘n gevaarlike area waar almal vir hulle lewe vrees. Die lewe is nie maklik nie en swaarkry is deel van elke dag se roetine.
Ranny het op eie onkostes, met sy spaarblik in die hand, hierdie liedjie geskryf en opgeneem omdat hy graag ‘n bydrae wil lewer vir ‘n noodsaaklike projek wat hom na aan die hart lê.