No Image Available

Amperse stilte

R220.00
 Skrywer: Bruno F. A. Andries  ISBN: 978-1-0492-1294-4  Bladsye: 236  Language: Afrikaans en ander tale  Dimension: A5  Tags:Amperse stilte | Bruno F. A. Andries | digbundel |  Bestel nou
 Sinopsis:

AMPERSE STILTE 

’n Man met ’n hoed op ’n bank onder ’n boom langs ’n dam verlang in sepia. Dit is deels die uitgangspunt van Bruno F. A. Andries se digbundel.

Sy gedig, Amperse Stilte, som die bundel soos volg op:

poësie is musiek sonder note

plesier en pyn

woordtakke met lote

druiwe en wyn

goed en kwaad

liefde en haat

papawersade

vrees en bravade

water en brood

lewe en dood

warmte en kilte

amperse stilte

 

Gedigte in Afrikaans, Nederlands, Engels, Frans en Latyn vergesel deur vertalings, vorm deel van hierdie besonderse bundel. Bruno is ’n Geakkrediteerde Professionele Vertaler (SAVI).

LEES UITREKSEL HIER: https://nskrywershuis.co.za/jou-koffiekroeg/

 Back