Amperse stilte

R220.00 incl. VAT

Description

’n Man met ’n hoed op ’n bank onder ’n boom langs ’n dam verlang in sepia. Dit is deels die uitgangspunt van Bruno F. A. Andries se digbundel, Amperse stilte.

Sy titelgedig som die bundel soos volg op:

poësie is musiek sonder note

plesier en pyn

woordtakke met lote

druiwe en wyn

goed en kwaad

liefde en haat

papawersade

vrees en bravade

water en brood

lewe en dood

warmte en kilte

amperse stilte

Voor in die Inhoudsopgawe verskyn hierdie woorde: grepe uit die verlede / ‘n blik op die toekoms en hede

waarheid of waan / oorlog en vrede / ‘n vloek en ‘n bede – ‘n tematiese opsomming van die inhoud van die bundel deur die digter.

Sy gedig Die tuin van Eden is geïnspireer deur een van sy besoeke aan die Knysnawoud. Die beeldspraak daarin is baie duidelik en toeganklik en toe hy ʼn gedig soek om aan sy pa op te dra, was dit die voor die hand liggende en inderwaarheid enigste keuse.

Gedigte in Afrikaans, Nederlands, Engels, Frans en Latyn vergesel deur vertalings, vorm deel van hierdie besonderse bundel. Bruno is ’n Geakkrediteerde Professionele Vertaler (SAVI).

Hiwerdie bundel is ‘n PGM-boek (Professionele Geredigeerde Manuskrip) met teksversorging deur PENdit.za – http://pendit.co.za/

LEES UITTREKSEL: https://nskrywershuis.co.za/amperse-stilte/

Additional information

Formaat

Sagteband, eBoek Mobi