Ns. Skrywershuis bied jou die opsie om meeste boeke aan te koop in ePub-formaat (asook sagteband en Mobi). Jy ontvang ʼn skakel en laai die ePub formaat af. Om dit dan te lees, het jy ʼn toep nodig en ons help jou daarmee – dit is heeltemal gratis om af te laai.

Ons verstaan nie almal hoe hierdie konsep werk nie en wil julle stap-vir-stap help om hierdie toep af te laai en in te lig hoe dit werk. Dit is maklik, maar indien jy probleme ondervind kan julle my kontak – ek help graag.