Description
STEPPIE LYK SOOS HEUNINGWAS:
Op die plaas, op haar heuwel, het sy vir hom gewag om van die grens terug te keer. Toe kom die groot vloed en spoel alles weg. Al wat sy kon red was ’n prent van beeste, dagboeke en haar lappieskombers.
Die groot vloed was God se straf. Alles lê begrawe onder modder, klippe en murasies – selfs die monster. Sy vlug weg van die een wat haar ontneem het van haar onskuld. Binne haar groei die statanspes wat sy nie wil dra nie. ’n Klip as aandenking van die plaas word ’n wapen.
Toe klop twee kinders aan haar deur met ’n briefie wat haar lewe verder verander. Jakes wat sukkel met die New South Africa en Gerty wat ’n actress wil word.
Dit is haar spesiale seun Tos wat almal bymekaarhou, selfs as Steppie op die dak sit, soos op haar heuwel en na die verte staar.
Tos bid vir ’n reënboog waarin almal ál die kleure kan sien en vir Vader Krismis wat vir die Kaalvoetklonkie skoene moet bring.
Sal Steppie ooit weer op haar heuwel kan sit? Sal sy haar skuldgevoel kan oorwin en sal haar geliefde na haar terugkeer?
Hulle sit vasgekeer in hul goewermentshuisie in extension 66 waar verslete wasgoed wapper in die wind. Is hier uitkoms?
Daar is orals wonderwerke – jy moet net dieper kyk.







admin –
Absoluut ‘n moetlees! Nico weef besonderse oomblikke deur nie verhaal met pragtige beskrywings en hartroerende oomblikke. Elke karakter is so uniek en dit is duidelik dat hy deeglik navorsing gedoen het. Die beklemtoning van sommige eenvoudige dingetjies laat ‘n prentjie in die leser se kop van hoe eenvoudig en kosbaar elke oomblik is.
Van begin tot einde is ‘n absolute meesterstuk! Prof. D. Coetzee (Lektor, afgetree)