Die los- en vasskryf van woorde:
VASSKRYF: Woorde wat een begrip is, word in Afrikaans (anders as bv. in Engels) vas geskryf, bv. Afrikaansonderwyser. Onthou: 'n koppeltekenwoord is ook een woord.
SAMESTELLINGS word as een woord geskryf, bv.
- 'n naamwoord + naamwoord, bv. skoolkind
- 'n naamwoord + voornaamwoord, bv. pa-hulle, Naledi-hulle
- 'n naamwoord + voorsetsel, bv. stroomop, kopaf, bergop
- 'n naamwoord en werkwoord, bv. perdry, asemskep
- 'n naamwoord + byvoeglike naamwoord, bv. kiemvry, vuurvas
- 'n byvoeglike naamwoord + byvoeglike naamwoord, bv. donkergroen, stomverbaas
Samestellings met 'n afkorting, simbool of syfer as eerste deel, word met 'n koppelteken geskryf, bv. B-span, 2016-verkiesing, R100-donasie.
EIENAME: Eiename met verbindings kan op verskillende maniere gespel word, bv. Klerksdorphospitaal, Klerksdorp-Hospitaal, Klerksdorp-hospitaal, Klerksdorp Hospitaal.
- EIENAME met 'n syfer of simbool as eerste deel, kry 'n koppelteken, bv. 4x4-Toyota
- TAALNAME word vas geskryf, bv. Standaardafrikaans, Praatafrikaans.
- PLANT-EN DIERNAME, bv. geelslang, blouaap, witstinkhout
- Woorde met -eens, bv. meteens
- Bywoorde + toe, bv. vorentoe, agtertoe boontoe, ondertoe
LOSSKRYF VAN OORDE: Saamgestelde taalname waar die eerste deel verbuig word, bv. Kaapse Afrikaans
- Woordgroepe, bv. op groot skaal, gevange neem
- Verbindings van byvoeglike en selfstandige naamwoorde, bv. 'n blink plan, 'n groen rok
- Rangtelwoorde in name, bv. 3e Laan; 33ste Straat
- Telwoord + die woordjie al, bv. al twintig kinders.
- verbinding van 'n selfstandige naamwoord + toe, bv. huis toe, skool toe, dorp toe, Kaap toe
TELWOORDE: Dit kan op verskillende maniere geskryf word – los of vas: drie en twintig OF drie-en-twintig; twee duisend twee honderd OF tweeduisend tweehonderd.
Gravis-/akuutteken
Die akuutteken word gebruik om betekenis en woordsoorte te onderskei. Byvoorbeeld:
- Wat doen jy ná skool? teenoor Hy reis môre na Amerika.
- Sy soek die sleutel. (bepaalde lidwoord) teenoor Dié sleutel lyk anders as die res. (aanwysende voornaamwoord)
Dit word ook gebruik om woorde te beklemtoon. Byvoorbeeld:
- Die goed is darem dúúr!
- Jy moet óf die blou rok óf die groene dra.
- Hy is nóg vis nóg vlees.
Sommige woorde van vreemde herkoms word ook met 'n akuutteken gespel en behou die spelling soos in die oorspronklike taal. Byvoorbeeld:
- Attaché • Cliché • Négligé • séance
Sommige mense beweer dat Franse leenwoorde wat op 'n "é" uitgespreek moet word as [ee], soos attaché as a-ta-sjee. Dit is egter nader aan die oorspronklike Frans om dit as 'n [əi] uit te spreek as a-ta-sjy.
Die gravisteken In teenstelling met die akuutteken word die gravisteken hoofsaaklik gebruik om by sommige woorde die [ε]-klank aan te dui. Byvoorbeeld:
- appèl • dè • hè • nè
Dit word ook by woorde van vreemde herkoms gebruik soos wat dit in die oorspronklike taal gebruik word. Byvoorbeeld:• Crèche • Pietà
LEESTEKENS
Vraagteken
Die vraagteken word na 'n vraagsin gebruik, bv. Waar is jy?
Uitroepteken
Die uitroepteken word na bevele, uitroepe, wense en waarskuwings gebruik, bv. As ek net vroeër begin leer het! Pasop!
Hakies
Hakies word gebruik om iets in of aan te las (parentese) , bv. Hy sal die tiende (Dindag) hier wees.
Aandagstreep
Die aandagstreep word as stylmiddel gebruik:
- voor en na 'n opmerking wat in die sin ingelas is, bv. Hy sal – soos sy geaardheid is – betyds wees.
- aan die einde van 'n stelling in die plek van 'n dubbelpunt, asook die woorde naamlik en byvoorbeeld, bv. Drie leerders is vandag afwesig – Thuli, Agnes en Sarel.