BOEKBEKENDSTELLING: Ons nuwe skrywer, Karel Nel, se boekbekendstelling vind plaas hierdie komende Saterdag by die Verenigde Gereformeerde Kerk op die pragtige dorpie – OP DIE BERG – in die Koue-Bokkeveld. Die boek, Vaal ver pad, is uitverkoop en nuwe voorraad word gedruk vir die bekendstelling. Bets Koen sal PENdit.za en Ns. Skrywershuis verteenwoordig.

Karel Nel is 65 jaar oud. Hy is gebore op die plaas De Kruis in die Koue Bokkeveld. Hy het egter grootgeword op die plaas Vredelust in dieselfde distrik. Hy ontvang sy skoolopleiding by verskeie plaasskole. Karel het vir 51 jaar as plaasarbeider op Vredelust gewerk. Hy het nooit ophou lees nie. Hy het graag geluister na enige storie wat in sy nabyheid vertel word. Met hierdie bundel bewaarheid hy sy droom om van hierdie stories in sy eie verhale te omskep.

Ns. Skrywershuis, met die samewerking van PENdit.za, wens Karel Nel baie geluk met sy prestasie en ons is uiters trots op hierdie uitstekende Afrikaanse skrywer – ’n kosbare toevoeging tot goeie Afrikaanse literatuur.