AFRI-allegaartjie is ’n Bloemlesing, saamgestel uit oorspronklike en besondere Afrikaanse kortverhale.
Om Afrikaans 100-jaar te vier het Ns. Skrywershuis Uitgewer, deur hul Facebookblad en Naskrif, uitdagings aan lesers geplaas en uitgenooi om ’n kortverhaal te skryf na aanleiding van fotobeelde.
Verskeie temas, emosies en genres is hierdeur aangeraak en die slotsom is ’n verhaalbundel van romanse, verlies, wraak, nostalgie en humor.
Uit hierdie inisiatief het verskeie begaafde en veelsydige skrywers na vore gekom wat nog nooit voorheen ’n verhaal geskryf het nie − dit is werklik prysenswaardig. Verhale met die grootste impak is daarna saamgevat om hierdie bundel saam te stel met die uitsluitlike doel om elke leser net die grootste leesgenot te bied.