Ns. PRODUKSIE: ’n Kulturele ontploffing

Die Oos-Kaap suig voortdurend aan die agterspeen wanneer dit kom by kultuurgoed. Hierdie is een provinsie waar daar min kulturele aanbiedings plaasvind, behalwe kunsuitstallings in Port Elizabeth/Gqeberha, Die Wilds-fees in Kirkwood, PEAAT se toneelopvoerings (PE), die Etienne van Heerden Veldsoirée in Cradock/Nxuba en die Kunstefees in Grahamstad/Makhanda.

Daar is ’n leemte in ons plattelandse dorpe waar kultuurdinge gereeld plaasgevind het. Daar was gereeld optredes deur rondtoerende toneelge-selskappe, volkspele, besoekende kore, musikante en sangers.

Op my tuisdorp, Uitenhage/Kariega, bestaan daar eenvoudig geen vorm van kultuurbedrywighede nie. As kind kon ons bioskoop toe gaan, opvoerings was gehou in die stadsaal, kore het opgetree in skoolsale, daar was volk-spele, Turksvyfees, Aan-die-brandfees en optogte met sierwaens deur die strate.

Daar is baie redes waarom hierdie kulturele bedrywighede tot niet geloop het, maar daar is baie ander maniere om weer kultuurproduksies na die dorp te bring. Dit kan ook vir ander dorpe ’n voorbeeld wees. Al wat jy nodig het, is om mense te kry wat saamstaan om die fakkel weer aan die brand te steek.

Ns. Skrywershuis Uitgewer het verskeie takke: die digitale tydskrif Naskrif en Ns. Liefdesdiens / Ns. Act of love. Met alles moet mens klein begin en elke tak kans gee om te groei.

Ns. PRODUKSIE VIR BOEKE EN SKRYWERS

’n Nuwe tak wat by Ns. Skrywershuis gevoeg word, is Ns. Produksie. Ons begin klein, maar ons droom groot. Op 21 Mei het Ns. Produksie die boekbe-kendstelling van Elise Bishop (Sidestoep Stories) gereël wat ’n gereëlde in-stelling gaan word. Gedurende hierdie geleenthede word boeke bekend-gestel en bespreek. Skrywers word genooi en daar word saam gekuier.

NS PRODUKSIE

Ns. PRODUKSIE BRING VOLKSMUSIEK DORP TOE

Op 16 Augustus besoek Coert Grobbelaar, Suid-Afrika se bekende tenoor, die dorp met ’n luisterryke vertoning van Op my ou ramkietjie, bekfluitjie en viool – sang en gesels oor Suid-Afrikaanse volksmusiek en piekniekliedjies.

KUNSUITSTALLING DEUR Ns. PRODUKSIE

Daar word ook vanjaar ’n kunsuitstalling gereël waarin kunswerke wat op die tema van Afrikaanse gedigte geskep is, ten toon gestel word.

KAAPSEDRAAI MET Ns. PRODUKSIE

Gedurende Oktober word Jan Bloukaas se digbundel in die Kaap bekendge-stel met ’n beoogde glansgeleentheid. Meer inligting sal volg. Ook in Uiten-hage/Kariega en omliggende dorpe word betrek by boekbekendstelling van Jan Bloukaas se bundel, God Kan.

 

DIT IS ONS DROOM

  • Om die Afrikaanse kultuur toeganklik te maak vir almal
  • Om ander kulture te ondersteun
  • Om vermaak te bied, kennis te deel en
  • blootstelling te bied aan talentvolle mense
  • Om opvoedkundige instellings te betrek en bevorder
  • Om ’n bewusmaking te kweek van eie identiteit

VIR MEER INLIGTING kontak ons nicoschamrel@gmail.com

NS PRODUKSIE COERT GROBBELAAR