Afrikaans 100 - Amptelik: Ons vier fees!

Afrikaans as ampstaal

Brasse, bra’s en broeders. Sisi en suster. Staan nader, staan nader. Maak ’n plan of dala wat jy moet. Kom tiekie en riel, klink ’n glasie en sê tjeers en tjorts, want op 8 Mei 2025 word daar groot partytjie gehou wanneer die mooiste taal eeufees vier. Ja, Afrikaans is hierdie jaar amptelik ’n honderd jaar oud.

Jou Afrikaans klink dalk nie soos my Afrikaans nie, maar een ding is seker: Afrikaans is ons almal s’n.

Afrikaans is reeds baie ouer as ’n honderd jaar, maar dit was op 8 Mei 1925 toe Afrikaans amptelik, naas Engels, een van Suid-Afrika se twee amptelike tale geword het.

Afrikaans se voetspore lê oral – van die akademie tot die letterkunde, van die hof tot in die kerk, van vermaak tot die wetenskap. Vir een van die jongste tale in die wêreld het Afrikaans gewys dat dit ook een van die mees dinamiese tale is wat steeds groei – nie net in woordeskat nie, maar ook in die hoeveelheid mense wat dit praat.

Die Grondwet van 1909 het bepaal dat Nederlands en Engels die amptelike tale van die land sou wees, maar die nuwe Grondwet in 1925 het Afrikaans aan Nederlands gelykgestel en is dit, naas Engels, as amptelike taal erken.

Afrikaans het natuurlik van toeka tot nou verskeie takke gegroei en Standaardafrikaans is beslis nie die enigste taal wat gepraat of waarin daar geskep word nie. Van die beginjare se eerste Afrikaans tot Oranjerivierafrikaans, Kaapse Afrikaans en Noordelike Afrikaans. As Afrikaans ’n huis was, was daar verskeie kamers.

Die Afrikaans Amptelik 100-feesjaar het afgeskop op 8 Mei 2024 en kotiljons tot 8 Mei 2025 wanneer die taal feestelik in die Paarl by die Taalmonument gevier gaan word. ’n Jaar se plesierigheid, ghoema en rieldans. ’n Jaar van gesprekke, deelname en skeppings om die taal te vier.

NS PRODUKSIE COERT GROBBELAAR

Ns. PRODUKSIE BRING VOLKSMUSIEK DORP TOE

Op 16 Augustus besoek Coert Grobbelaar, Suid-Afrika se bekende tenoor, Uitenhage/Kariega met ’n luisterryke vertoning van Op my ou ramkietjie, bekfluitjie en viool – sang en gesels oor Suid-Afrikaanse volksmusiek en piekniekliedjies.

Hierdie konsert word geborg deur Valley Bushveld Country L:odge, Cordis Trust, Feraux Koffiewinkel en die Hoër tegniese skool Daniel Pienaar.

Kom vier Afrikaans 100 saam met ons met bekende musiek uit die FAK en ander piekniekliedjies.

Akkommodasie kan bespreek word by Valley Bushveld Country Lodge. Toegangsfooi sluit sop en brood in. 

Kaartjie kan ook telefonies bespreek word deur Nico Schamrel – 079 070 6465 – beperkte hoeveelheid!

 

AFRIKAANS IN GEES – Erediens, klank en samesang

Op Moedersdag, 11 Mei 2025, vier ons ook ons Moedertaal. Alle gemeentes in Uitenhage (Kariega) sal aansluit by die NG Kerk Moedergemeente.

U word vriendelik uitgenooi om hierdie spesiale erediens by te woon waar ons Afrikaans as Moedertaal vier, maar ook Moedersdag.
Hierdie gemeente, gestig in 1817, is die 10de oudste NG gemeente in Suid-Afrika en die tweede oudste in die Oos-Kaap.
Die eerste kerkgebou is tans ‘n historiese gebou en dien as kerksaal.
Die nuwe kerk is op 2 Februarie 1929 ingewy en dus 96 jaar oud, byna so oud as Afrikaans!
 
NG KERK MOEDERGEMEENTE UITENHAGE OOS-KAAP
 
Almal is welkom om hierdie diens by te woon.
 
Afrikaans 100 - erediens
NASKRIF MEI 2025 - VOL 27

AFRIKAANS IN DRUK

Die einde Mei-uitgawe van Naskrif word as koffietafeluitgawe en gedenkuitgawe te koop aangebied. Hierdie uitgawe bied ’n terugblik en nostalgiese oomblikke aangaande Afrikaans. Die doel is om deur hierdie uitgawe die herinneringe te vier van skrywers, digters, kunstenaars, ons taal en kultuur.

BESTEL:

1. Prys per tydskrif is R200.00 + R60.00 PAXI (vir 1 x tydskrif – vir meer as 1 betaal net R60.00 en nie per tydskrif nie)
2. Bestel per e-pos nicoschamrel@gmail.com
a. Jou naam en van
b. Volledige adres en kode van naaste Pep Store of Pep Home Store
c. Jou selfoonnommer (Jy sal ‘n boodskap ontvang om pakkie af te haal)
d. Heg bewys van betaling aan by jou bestelling.
3. Verstrek hoeveel kopieë jy graag sal wil ontvang.
4. Bestellings sal eers ongeveer teen die 3de week van Mei gepos kan word.
Vir navrae en afslag op 10 en meer kopieë, kan per e-pos gerig word – nicoschamrel@gmail.com
 
BANKBESONDERHEDE
Capitec Bank |Bank kode 470010 | Rek nr. 1736444571 | Rek houer Nico Schamrel | Spaarrekening | Verw: Naam en van

 

 

AFRIKAANS 100 - AMPTELIK