Plaas jou advertensie hier - jou stylvolle vertoonvenster en spogblad
Potensiële lesers word hierheen gelok op soek na winskopies – ‘n spesiale boek as geskenk, genotvolle leesstof vir die wintermaande of ‘n boek vir ‘n luilekker vakansie.
Doen navraag – ‘n vorm verskyn by INLIGTING – klik balkie.
God se bobbejaan - Johannes de Stille

GOD SE BOBBEJAAN: Hannes het grootgeword met ’n ou moeder wat in sy herinneringe veral op twee maniere verskyn. Die eerste is met ’n vermanende vinger en ’n streng gesig wat sê: “Praat die waarheid, my kind, want God het die waarheid lief.” Die tweede is met ’n swaar sug en ’n vraag die onbekende in: “Ja, ou wêreld, wat is jou waarde? ’n Kissie van plank ses voet onder die aarde.” Dit het hom intens bewus gemaak van hierdie konsepte. Is dit dan waar dat God ook die waarheid, dat die wêreld waardeloos is, lief het?
Sy vriend Josias het ander idees gehad, hom tot ander insigte probeer bring, maar Hannes het in sy naïwiteit vasgeskop: “Ja! Dan is ek God se bobbejaan. Laat ek dan bobbejaan wees wat nie verstaan nie en nie weet nie. Maar ek glo wat ek beleef het.”
Met kundigheid weef die skrywer, Johannes, ’n gesprek met homself deur die twee karakters te skep – Jo en Hannes.
The kiss and beyond - Malcolm de Roubaix

THE KISS AND BEYOND: When man and woman are alone and intimate, the trappings of propriety are shed. The ever-present but hidden brashness of our animal nature emerges, and we copulate as all animals do. Why? To satisfy an inherent craving, nature has implanted in each of us. Sexual satisfaction is nature’s way of rewarding us for ensuring the species’ survival, above all, through evolutionary adaptation. And that is what life is all about. As a voyeur, I observe my characters dispassionately. They do their own thing as literary characters tend to. They lust and love, they fret their hour upon life’s stage, they age, they die, then are heard no more. The rest is just one overarching trivial pursuit. Come to think of it, maybe the lust of lust is, in the greater scheme of things, just that, too. What, I ask, in all of this, if anything, is life’s ultimate purpose? No, I am not a cynic. We are what we are, we strive for perfection – at least, some of us do – we live, we die. We cannot re-engineer humanity, try as we might.
This is what The Kiss and Beyond investigates.
Paddaboudjies en kalasjnikofs - Bruno F.A. Andries

Paddaboudjies en kalasjnikofs vertel die skrywer se wedervaringe as tolk in Mali. Hy wou nooit as tolk werk nie, maar sy base het ʼn paar keer sy arm gedraai om sy voorkeurwerk as vertaler te onderbreek, om vir ʼn week of wat tolkwerk in Afrika te doen.
Die verhaal is hoofsaaklik gebaseer op ware gebeure, maar is inderwaarheid ʼn vermenging van feite en fiksie. Daar is ʼn Learjet met ʼn beeldskone vroulike medevlieënier, ʼn helikopter, Russe en Kalasjnikofs. Die skrywer kla die omkopery en korrupsie aan wat onder sy aandag gekom het tydens sy werk as vertaler en tolk. Die leser kan avontuur, aksietonele verwag en daar word so ʼn bietjie gekafoefel ook …
Die skrywer onthul ook ʼn paar besonderhede oor die politieke gebeure van die afgelope dekades en sê onomwonde wat hy dink van sekere mense wat dink hulle is baie belangrik. Hy beskryf die woelige agtergrond waarteen die gebeure hom afspeel in en om Mali se hoofstad Bamako.
Die vae grense tussen werklikheid en fantasie word verbloem deur die hallusinasies wat die skrywer ervaar as gevolg van malariamedikasie. Dit laat die leser wonder wat het rêrig gebeur – wat is aangedik of moontlik versin?
Die skryfstyl is nuut en vars, met ʼn goeie dosis humor en woordspeling en sal vir seker die leser wat meer verlang as ʼn alledaagse vaal verhaal, se verbeelding aangryp en meer as genoeglik laat.
VAN NÊRENS NA ÊRENS - Lydia Kabous - Ns. Skrywershuis benoeming 2023
VAN NÊRENS NA ÊRENS: Kabous, Kiewiet, Lydia – sy is een en dieselfde mens, maar nie altyd nie … Haar verhaal begin in die Upington-distrik, gebore op ʼn plaas as die oudste kind. Haar ouers was trekboere wat skaap aangejaag het van staning tot uitspanplek, van weiding tot weiveld – altydmaar waar daar water is. Hoewel hulle bestaan moeilik was en van God se genadehand afhanklik, is die gesin relatief gelukkig en haar en Boetie se verhouding met Gert, hul aangenome Khoi-San broer, is kosbaar.


Kabous se verhouding met liewe Jesus is dié van intense belewing, veral in haar nagtelike drome. Haar geloof in die hemelse Vader is roerend wanneer sy bid vir water, vir reën, dat die skaap mekaar nie moet doodtrap wanneer hulle die reuk van water kry nie …
En dan haar belewing van die Kalahari-veld en -duine, haar liefde vir Ruby, haar perd wat sy al op die ouderdom van vier jaar bloots ry sodat die salpeter in wit skuimbolle op hom staan! Haar liefde vir Oupie, en vir Pa en Ma en Boetie – ten spyte van haar vurige humeur wat met tye die bloed laat loop.
Kiewiet is ʼn veldkind, kind vir die ooptes en die duine, kind wat baie vrae vra en selfs meer oor baie dinge dink. Lydia wil nie skool toe gaan nie; die inperking van haar vryheid is ʼn lot wat sy swaar aan dra. Toe sy standerd vyf voltooi, jok sy oor haar afskeidsbrief van die skoolhoof aan haar ouers en maak of sy dit verloor het. Sy het nie. Sy en Ruby het die brief self oopgemaak en gelees … en sy het dit fyn verflenter en vir die wind gegee. En sy hét matriek voltooi.
Min van Lydia-Kabous-Kiewiet se drome het tot volkomenheid gekom; vandag nog worstel sy met gevoelens en emosies oor gebeure wat sy eers later, soort van, verstaan het. Haar verhaal is hartwringend, vol emosie, maar ook gesaai met humor en verrassings. Niemand sal die boek neersit sonder om nog lank agterna, deur Kabous se lewe aangeraak te wees nie.
DIE LAASTE PSALM - Niel van Aswegen - Ns. Skrywershuis benoeming 2023

Niel was lank ‘n gereelde en gewilde student aan die “versklas”, my weeklikse gesprekke met digters oor hulle werk. Hulle het na die Huis vir Afrikaanse poësie (HAP) in Capitalpark gekom, en kom nou nog, om nuwe verse van hulle en ander belangrike digters te verken, ook tekste uit ander tale soos Engels en veral Nederlands.
My kritiek op (slegs) die vormgewing help hulle telkens slyp aan wordende gedigte. Party het dit al vergelyk met houtwerk: skuur, skaaf, saag. Antjie Krog moedig digters aan om te snoei.
Die gedigte in hierdie bundel verwys soms na Niel se kennis van en belangstelling in hout, waar die liefde, geloof en beginselvastheid egter die botoon voer. Ons bring hulde aan ‘n digter van volwassenheid en deernis.
Dankie aan sy familie wat die gedigte in boekvorm bring. Daar is naas die droewigheid ook meermale vreugde uit die verse te put. Ian Raper, 2023
DIE KERK KRISIS - nie-fiksie - Carl von Maltitz

DIE KERK KRISIS: Is ons konsep van die term “kerk” Bybels? Sou die volgelinge van Jesus wat die eerste kerke geplant het, vandag se weergawe van die kerk herken, of, nog belangriker, erken?
Hoe lyk die Nuwe Testament se model van die kerk en het ons oor tyd weggedryf van die ware kerk af? Wie is ons as gelowiges en wat is ons taak binne die kerkverband?
Waarom is profesie belangrik vir ons as gelowiges? Wie is Melgisedek, en waarom moet ons let op sy verhaal?
Hierdie vrae word beantwoord terwyl skrywer ontleed hoe hedendaagse gelowiges in die groter prent pas, waar die mens van koers af gegaan het, en hoe ons kan terugkeer na die waarheid en wil van God.
'N WONDERTEKEN VAN 'N SONNEBLOM
CANVAS IT - storie van hoop - skrywer Karéne Viljoen

Hy het die hoop van die ewige lewe gekies en die hoop wat hy steeds gehad het vir sy droombesigheid, oorgegee aan die wat agter gebly het. Sy hoop was dat dit deur hulle sou bly voortbestaan en voortleef. Maar die grootste hoop wat hy gehad het, was dat sy dood ‘n groter getuienis vir die Koninkryk sou beteken as sy lewe hier op aarde.
My hoop as sy ma is dat ek deur die skryf van my deel van die verhaal, ‘n bydrae sal maak tot die vervulling van sy hoop vir die Koninkryk. My hoop is ook dat my verhaal mense se lewens sal verander tot voordeel van God se Koninkryk. My hoop is dat elkeen wat hom geken het en met hom besigheid gedoen het, bewus sal word van die feit dat daar ALTYD hoop is, wat ook al die omstandighede.

My hoop is dat mense hul denke so sal verander en dit ten volle sal rig op die enigste HOOP wat saak maak. My hoop is om mense weer teen hooploosheid in te laat hoop.
'n Reisjoernaal met storievertellings uit die boonste rakke!
Paaie deur die Karoo en ander stories bevat beskrywings van Kobus en sy vrou se reise deur die Karoo en elders in Suid-Afrika, asook van ʼn voetslaantog in een van die mooiste dele van ons land. Hy kleur die nie-fiksie verhale in met raak beskrywings van die natuur en bring eer aan die Skepper.


Die boek bevat ook fiktiewe verhale waarin die skrywer se passie vir mense en die natuur weerspieël word. In sommige van die verhale konsentreer hy op randfigure in die gemeenskap. Hy maak gebruik van beeldspraak en voer fiktiewe gesprekke met sy grootwordhuis wat in ʼn drankwinkel omskep is, ʼn verwaarloosde skooltjie en ʼn afgetakelde stoomlokomotief.
In een van die verhale gebruik hy die name van karakters uit die tradisioneel Afrikaanse volksliedjies.
Van sy verhale beskryf die hartseer van fiktiewe karakters, maar dit word afgewissel met humoristiese vertellings.
LUCINDA - my lewe as Mia May deur Marie Lubbe

SINOPSIS: Sy gaan sit op die swaai onder die groot ou akkerboom en wieg heen en weer terwyl die dik tak waaraan die swaai se ketting vas is, kreun en kraak. Vir die hoeveelste keer wonder sy wie sy regtig is, waar sy vandaan kom. Ans, haar pa se vrou, herinner haar nog al die jare dat sy net ʼn optelkind is. As sy haar pa daaroor uitvra, is sy antwoord altyd dieselfde: “Jy is my dogter en dit is al wat van belang is, vergeet van die res.”
Maar die res is ’n raaisel wat uiteindelik ontrafel word. Stelselmatig ontdek Mia dat sy eintlik Lucinda is. Sy ontdek haar eie familie wat haar verwerp het en nou weer toenadering soek. En uiteindelik, ontdek sy sukses en liefde.
DIE SKRYWER: Marie Lubbe is in 2021 oorlede voor hierdie boek gepubliseer kon word. Die boek word met die samewerking van haar neef en Ns. Skrywershuis gepubliseer as ‘n nadenking en om haar groot droom te bewaarheid.
FLUITJIEBLASER OF DOOFSTOMME - die waarheid oor politieke korrupsie

Askies menere en mevrou dat ek op u tone getrap het. Ek moes my plek geken het. Ek moes liefs stil my stoel warm gesit het en die game saam met julle gespeel het. Ag, en ek sal nie weer oor julle manier van doen praat nie, ek sal stilbly en blissfully onbewus wees van wat aangaan in ons mooi dorpie en lekker bly. Soos die ander belastingbetalers wie se geld julle vet salarisse betaal en vir julle palmbome plant. Ek verstaan die situasie nou mooi: Mens trek jou kruisie agter julle name en dan kyk jy anderpad … Jy moet liefs sjarrap.
Wat maak ’n man as die party waaraan hy geglo het, hom teleurstel en hard onder sy jis skop?
Ek het gevoel my party het my gefaal in my poging om korrupsie oop te krap. Ek het voor die algemene verkiesing effe bitter geluister na toesprake teen korrupsie. Is daar dan klein korrupsie en groot korrupsie?” – Kobus Hoffman

ONTFROMMEL - Spanning, romanse en speurverhaal - Elsabé Welman

Luitenant Danny Sadler inisieer ‘n artikel in die koerant, geskryf deur die bekende joernalis, Zena Swart. Die ontvoeringsaak kry momentum. Zena en polisiemag lede beland in die mag van die bose Pete Scony en sy slagysters. Kaptein Jannes Jonker, Spesiale Taakmag soldaat, se hulp word ingeroep. Sy planne boemerang so erg dat hy hom in ʼn psigiatriese jas bevind. Uiteindelik kry die polisie die oorhand, maar steeds voel niemand veilig nie. Scony herinner die geregsdienaars voortdurend dat hy nie van hulle vergeet het nie. Die feit dat familiebetrekkinge ontdek word, laat Scony nie afsien van sy vergeldingsplanne nie. Scony ontsnap uit die gevangenis. Hel breek los.
CRAVEN - Konflik, intriges, aksie

Met ‘n ma wat uit die welgestelde suidelike voorstede van Kaapstad kom en ‘n pa uit die armer noordelike dele was Miller Craven as ‘n jong seun vasgevang in ‘n onsmaaklike skeisaak van twee mense wat mekaar verafsku. Met tyd kom hy vinnig agter dat sy pa inderdaad ‘n skobbejak en skurk is. Nadat hy skool verlaat vir die weermag, bevind hy hom in ‘n eenheid wat vir Nasionale Intelligensie werk. As gevolg van sy voorkoms beland hy in die Midde-Ooste waar hy allerhande duister dinge vir sy en ander regerings doen.
Sy avonture haal hom uiteindelik in. Sy drome is gevul met bloed en dood. Selfs nadat hy die NI-span verlaat het, werk hy vir sy pa as “enforcer”. Steeds spook die verlede. ‘n Konfrontasie met sy broer dwing hom om op die vlug te slaan, maar hy bevind hom weer in sy pa se kloue. Dit bring hom terug na sy grootste konflik ooit: pa teen seun.
Jan-sê-nou-net ... 'n Kleuterboek met 'n les om te leer

Jan-sê-nou-net is vir alles bang, om elke hoek en draai is daar iets wat hom wil vang.
Sal hy homself kan red, van wegkruip in die bed?
Hierdie kinderboek is vol pret. Jan leer gou dat dit waarvoor hy so vrees, eintlik nie so erg is nie en vind pret in elke bangmaak-ding.
WOORDE YTIE DYNE - Digbundel en storievertellings - PIERRE ERASMUS

DIE STILTE SKREE IN MY - Digbundel en essays - MARDEEN TAIT

WENNER van die Ns. Skrywershuis-prys vir Afrikaanse Literatuur 2021

SINOPSIS
INANNA – ’n Jong seun ontvang as verjaarsdaggeskenk ’n wedvlugduif. Die teleurstelling dat dit nie ’n Playstation is nie, is baie groot. Maar dan vind hy die ring aan die duif se poot en sy lewe verander. Sy smart oor sy ma se dood word gedeelde smart met sy duif as swyende toehoorder en trooster. Nuwe vriende – en vyande – verseker dat hierdie ’n wenverhaal is wat gelees móét word.
AANGRYPEND, HARTVERSKEUREND - die ware verhaal en gebeure oor die bekende Poolse meisie.

ʼn Blom uit Pole – LOUIS RAUTENBACH: Wat sou sy dink? Hoe het sy gevoel? Het sy geweet dat alles tevergeefs was? Was daar hoop om eendag weer, miskien gou, die geleentheid te hê om in die lente tussen die rooi papawers in die veld naby haar dorpie te gaan speel?
Czeslawa. Die uitdrukking op die gesig van hierdie Poolse meisie op drie foto’s sê alles wat verkeerd is in ʼn wêreld waar wreedaards toegelaat is om te heers. Net soos blomknoppies, is baie kinders se ontluikende jeug koelbloedig in Auschwitz vertrap lank voordat hulle in hul menswees tot wasdom kon blom.
Czeslawa. Net veertien jaar oud, maar reeds vasgevang en wreed blootgestel aan die barbaarsheid van die oorlog en die sadisme in die Nazi konsentrasiekamp.
Czeslawa. Al wat oorgebly het, is drie foto’s wat in die doodskamp van haar geneem is.
Die verhaal van hierdie eens vrolike, vrye dogtertjie is met groot respek en uiterste eerbied geskryf om hulde te bring aan haar en die miljoene ander kinders wat aan die hand van die Duitsers gesterf het.
SELF-HELP - gender violance - MARIA PRINSLOO
While the Covid-19 pandemic has confined most of the world to some form of lockdown, it has also confronted us with the horrific truth about the pandemic of gender-based violence. This self-help book is for every person dealing with domestic violence and sexual abuse, not only in South Africa, but around the world. We remember all the victims of abuse who have been silenced by death.
Women and children are being raped, abused, stalked – and murdered – but are expected to keep quiet about this.

We can no longer accept this as “normal”. Statistics tell us that more than half of all murders worldwide are committed by partners. Husbands, wives or relational partners suffer the worst abuse.
These stories are told anonymously to protect their identities and their safety. They have shared their stories willingly, in their own words, from their perspective. And they have done so with love – hoping that sharing their stories will make a difference to yours. May these true stories inspire you to find your voice, face this onslaught with courage, and overcome it to live a free, healthy life.
JEUG LITERATUUR - spookagtig en bangmaak

NIE ALLE VAMPIRES SKITTER NIE – Riekie Greyling. Wat sal jy doen as die onmoontlike gebeur?
Drake se grootste wens is om op die skool se kriekettoer te kan gaan, maar dit is duur – baie duur. Die werk as usher by ‘n obskure teater lyk na ‘n goeie plan. Totdat dit nie meer is nie …
Hy word vasgevang in ‘n nagmerrie van gevaar, vampires en vreesaanjaende slapendes.
Sal hy die onmoontlike oorleef?
Riekie se skryfstyl is gemaklik en die boek is boeiend. Selfs as volwassene kan dit jou nogal kriewelrig maak.
Dit is kundig geskryf sonder aardige beelde, morsige tonele of grillerige gedoentes nie. Die jeug kan dit gerus lees!
Gids vir gelowiges - kundig geskryf

Gids vir die gelowige is ‘n handleiding vir gelowiges tydens ‘n era van misleiding. Bybelse waarhede word ondersoek, en belangrike vrae word beantwoord, soos bv. Waarom is ons hier en wat is ons taak op aarde?
Geestelike oorlogvoering is ‘n belangrike onderwerp waarvan meeste gelowiges hopeloos te min weet. Die boek bevat kennis en strategie wat die gelowige bedags kan toepas in sy daaglikse soeke na lig in die donker.
CARL VON MALTITZ, skrywer, deel sy ongelooflike goeie Bybelkennis met die leser.
'n Tikkie verbeelding vir kleuters - BETS KOEN

Bome is nie altyd sommer net bome is nie …
Bets Koen gebruik die fantasie van ‘n toorboom om ‘n baie spesiale les oor te dra aan kinders. Hierdie boek, met illustrasies deur Mariaan Taljaard, is so tipies van die kundigheid waarmee Bets kinderverhale skryf. Hoogs aanbeveling!
NOG 'N KINDERVERHAAL DEUR BETS KOEN
Rona, die vuilvoete heks – Boetjan is net soos alle ander seuntjies nie lief vir bad nie. Maar pasop dat die vuilvoete heks jou nie in haar huis kry nie. Daar waar dit na vuil voete stink. Die twee trolle Kaboen en Kalol het so amper nie weer ontsnap nie, was dit nie vir vuil voete nie!

Kinders wat spot leer 'n les by Bets Koen

Speelgoed is dikwels troosgoed. Drienie mis haar mamma. Sy moet ’n item by die skoolkonsert lewer, maar sy is tog so skaam en word by die skool gespot.
Maar Drienie het ’n lappop, ’n troospop. Saam leer hulle die spottende skoolmaats ‘n goeie les.
Belofte van beskerming - die hernieude belofte

‘n Boek wat jou soveel insig bied – motiverend en inspirerend, gevul met positiewe energie. Geluk aan Dr. Deon Hoffman met hierdie kosbare boek! – Lukas Meyer, dosent.
SINOPSIS:
Die God van Abraham, Isak en Jakob wat ons aanbid, word aan ons voorgehou as ʼn God van liefde wat net die beste vir Sy kinders het. Tog, wanneer ons om ons kyk, lyk dit asof die werklikheid van geweld geen diskriminasie ken nie. Hierdie boek poog om ʼn perspektief te bring op die werking van ʼn vyand wat geen genade het nie en wat sy aanvalle loods vanuit ʼn onsigbare geesteswêreld. Ten einde dit wat op ʼn fisiese vlak in ons wêreld afspeel te kan verstaan, moet ons ʼn begrip hê van die geestelike oorsprong daarvan. Die leser word gewys op ʼn alternatief – die verbond wat God eeue gelede ingestel het met Sy volk [en kinders] en die hernieude verbond wat geskryf is in Jesus se bloed wat vandag nog, meer as ooit, geldig is – ʼn belofte van Sy beskerming vir dié wat na Sy weë wandel.
'n Besonderse verjaardag - Charmaine Ingram

Die Verjaarsdag Seuntjie handel oor ʼn gesin wat sestien kinders van die kinderhuis nooi om hul seuntjie se verjaarsdag saam te vier.
Wat ʼn wonderlike ervaring vir al die kinders en die versorgers.
Die boekie verduidelik ook wat ʼn kinderhuis is, wie daar werksaam is, die bestuur en personeel.
Dit bestaan uit verskeie kleurvolle illustrasies .
KINDERBOEK - 'n nuwe konsep!
Eloise het ’n Diploma in Music Teater verwerf in 2006, waarna sy in menigte verhoog opvoerings van ons land se grootste Musiekblyspele gespeel het.
Sy het haar toolboks vergroot en gediversifiseer in alle aspekte van die vermaaklikheidsbedryf onder andere regie en skryfwerk.
Sy het ’n liefde vir kinders en hoe om hulle te vermaak, dus was die skryf van hierdie stories vir haar ’n uitdagings wat sy nog gedoen het, asook die ontwikkeling van ’n ander reeks, Kamma-kamma..


SINOPSIS: Mimiekie is ‘n boek van 11 oorspronklike stories spesifiek geskryf op die oog om nuwe stories te kan lees met bedtyd.
Die stories kan ook gelees word deur jong kinders, veral díe wat ‘n liefde vir lees het.
Van ‘n vis wat karate doen dwarsdeur tot die beste ry-ding beloof hierdie stories om jou verbeelding te prikkel en om jou baie lekker te laat verdwyn uit vandag se besige realiteit.
Mimiekie is ook in ‘n 11 episode televisie reeks gemaak en is verkrygbaar op aanlyn platforms met akteurs Neels Clasen en Craig Morris.
DIGBUNDEL met 'n andersheid - Janita le Roux

Daar is oomblikke in hierdie lewe wat die gordyne oopgaan en die ligte vol op jou skyn; en jy, gestroop van alle maskers, voorgee en probeer ontbloot word. In sulke oomblikke is dit dikwels moeilik om die emosie en chaos binne, aan die wêreld buite te verduidelik.
Met Oomblikke in tyd, ‘n foto album in woord probeer die skrywer om sulke tydgrepe se naaktheid in woorde vas te vang. Dit is ‘n album vol emosiefoto’s, momente waar die leser die weerloosheid van die hart op die verhoog kan beleef.
Die skrywer is ‘n verpleegkundige wat dit probeer afneem wat sy in mense se oë raaksien: van die eerste sprikkel lewe op ‘n sonarfoto, tot die hysbakdeure ‘n geliefde ‘n laaste keer insluk, en al die holderstebolder tydstippe tussenin.

Neem ‘n oomblik en verdwaal tussen die foto’s, dit mag jou help om woorde te gee aan die moment wat al lankal nesgeskrop het, hier diep binne in jou wese.
SPESIALE KINDERBOEK vir spesiale kinders - Christa Lusse

Wico, die dapper seuntjie
Hierdie verhaal is geskryf om gestremde kindertjies antwoord op hul vragies te gee. Volgens die skrywer se wete sal hierdie die eerste Afrikaanse boekie van die aard.
Die boekie word opgedra aan die skrywer se dapper, lewensblye kleinseun, Wico.
’n Dapper hondjie kry ’n dapper basie. Archie het ’n gebrek. Hy word ’n siek seuntjie se beste maat.
Met baie liefde en deur te glo, word die seun gesond én op ’n wonderlike manier word Archie ook gehelp.
Liefde en bid maak alles reg, ook ’n stukkende lyfie …


AVONTUUR ROMAN uit die pen van Babs Botha
SINOPSIS: Dit is tragies dat die ‘herfstyd’ van die lewe onverwags in ‘wintertyd ‘kan verander en dan is dit te laat vir daardie laaste avontuur. Mona, Essie, Lilly en Glenda is vier vriendinne wat teen die einde van hulle herfstyd tot die besef gekom het dat die uurglas uitloop; dat geleentheid vir nuwe belewenisse skraps raak.
Gelukkig het hulle besluit dat dit nooit te laat is nie. Min het hulle geweet dat die avonture waarvoor hulle hulself gaan oopstel, lewensveranderend gaan wees.
Babs Botha is ‘n verpleegkundige met ’n oorwegende ICU agtergrond. Sy het bykans nege jaar op ‘n passasierskip gewerk tot 2019 en toe finaal afgetree. SY is tans werksaam BY ’n siekeboeg van ‘n staatsinstansie.
Babs het ook vir vier jaar Bybelskool bygewoon, oorwegend om weer te heel. Van kleintyd was sy lief om stories te vertel en skryf, maar toe het die lewe self tussenbeide gekom en daar het niks van gekom nie … tot sy in die middel van die Stille-oseaan besef het dat haar lewe verby gaan en sy nou moet inspring om haar droom te bewaarheid.
UIT DIE HART met sielswoorde - Logan Adams
Logan Leigh Adams is op 18 September 2002 in die Paarl gebore. Sy woon in Amsterdam, Paarl. Hierdie is haar tweede boek. Haar eerste boek, Die Nood Roep, het sy in Julie 2021 vrygestel. Logan het ook haar eie produksie – Maskers. Sy studeer Bcom Algemeen by UWK en doen dans-gemeenskapswerk. Sy is ook ʼn radio-omroeper en wil graag advokaat wees vir vroueregte soos weerspieël in haar digbundel, TUSSEN STILTES.


SINOPSIS: Tussen stiltes is daar dikwels roeringe, klanke. Die lewe wek wanklanke; dood, pyn, verwerping. Maar die lewe bring ook tussen al hierdie emosies stille aanvaarding, liefde. Hierdie bundel sny baie naby aan die skrywer se lewe en geliefdes. Sy vra vrae, bepeins en uiteindelik, tussen al die stiltes en stilbly, kom sy by die punt wat saakmaak: sy gaan nie meer stilbly nie, want – ’n mens moet wys raak.
STUDIEHANDLEIDING vir leerders - Jy Kan! - Rhita Coetzee

As gebrek aan konsentrasie tydens eksamentyd, probleme met die leerproses en studie in die algemeen jou hoofbrekens besorg, is hierdie studiehandleiding ‘n stap in die regte rigting.
Rhita Coetzee, ‘n tutor met meer as 20 jaar ondervinding in die aanbieding van lesings oor effektiewe studiemetodes lei studente en leerders om leesvermoë te verbeter en opsommings te maak. Sy gee ook wenke hoe om die studieproses en veral die eksamenmonster vreesloos aan te pak. Hierdie handleiding is ’n moet vir leerders en ander leergieriges.
JY KAN! meer effektief studeer.
AANBEVELING: Jy Kan! is een van die mees praktiese studiehandleiding wat ek ten sterktste aanbeveel. Met praktiese oefeninge en uitstekende hulpmiddels, bied dit enige leerder die gulde geleentheid om sy/haar konsentrasie te verbeter en die leerproses te vergemaklik.
- Skoolsielkundige vir spesiale onderwys

Vrygespreek - Eugene Pienaar

Ons heet graag Eugene Pienaar welkom by ons. Eugene neem sy intrek met ‘n uitsonderlike en insiggewende boek, Vrygespreek.
SINOPSIS:
VRYGESPREEK is ʼn bundel met 32 daaglikse oordenkings wat op Paulus se brief aan die Romeine gebaseer is. In teenstelling met baie dagstukkie bundels wat vandag op die mark beskikbaar is, is VRYGESPREEK ʼn poging om oordenkings met meer substansie te verskaf deur die Skrif – vers vir vers – deur te werk. Dit is nie bedoel om ʼn in-diepte Bybelstudie te wees nie, maar poog nietemin om agtergrond inligting en konteks te verskaf. Ten laaste is die gedagte egter om elke betrokke gedeelte ook toe te pas op die leser se omstandighede en ʼn boodskap vir elke dag daarin te vind. Die doel is om nie slegs inligting deur te gee nie, maar ook om so bietjie geestelike voedsel te verskaf wat die leser op sy of haar wandel met die Here kan gebruik. Die verwagting is dat dit die leser sal aanspoor om die Skrif meer in geheel te lees en te bestudeer, wat noodsaaklik is vir geestelike groei.
Wakanda, my liefste - DIE SLINTERNUWE ROMAN

WELKOM aan Ronél le Roux by Ns. Skrywershuis. Hier is ‘n splinternuwe romanskrywer wat met kundigheid skryf!
SINOPSIS: Trauma dryf Anneri om haar dogtertjie, Mia wat oor ’n wysheid ver bo haar ouderdom beskik, by ’n sentrum in te skryf waar perde in ’n terapeutiese omgewing gebruik word. Sy kan ook baat daarby, maar sy steek viervoet vas, veral as die inmengerige Jayden iets daarmee te doen gaan hê.
Perde is nie eintlik haar passie nie, maar sy bly nie vir lank onaangeraak nie. Inteendeel …
Beelde en drome maak dit duidelik dat daar ’n vreemde verbintenis tussen Anneri en Jayden is. Gaan die raaisel ooit opgeklaar word?
Hierdie verhaal laat mens diep dink oor onverklaarbare verhoudinge. Ons is dikwels by persone betrokke waar die verhouding net nie wil vlot nie. Kan dit wees dat wedersydse vergifnis heling kan bring, selfs al kan ons nie werklik verstaan waaroor dit gaan nie?
KLONTE SOUT word deur lesers verwelkom

Elsabé Welman is bekend onder lesers as ‘n skrywer wat haar storie ken. Haar nuutste roman, Klonte sout, is ‘n nuwe toevoeging tot haar versameling skrywe.
SINOPSIS: ‘n Siektetoestand laat Arno en Orna kinderloos. Sy argeloosheid daaroor verwoes hulle huwelik. Ewald se vrou beswyk aan komplikasies na ’n motorongeluk en laat hom en hul baba agter. Wedersydse ondersteuning tussen Orna en Ewald laat die vonke spat. Ewald se niemand-sal-weet-nie word almal-gaan-weet toe Orna aangekla word van moord. Die spanning is ondraaglik en veroorsaak wantroue teen mekaar, veral met verdoemende bewyse op hande. Verskuilde geheime word ontbloot en nie een van die partye weet of hulle die klonte sout kan verteer nie.
In hierdie roman is die spanning ondraaglik en veroorsaak wantroue teen mekaar, veral met verdoemende bewyse op hande. Verskuilde geheime word ontbloot.
FORMAAT: Sagteband, ePub en Mobie
'n SPROKIE vir grootmense

EENDAG IS DAAR- Ernest Loth: Hierdie boek bied ’n modernisering van die bekendste sprokies en bring nuwe sienings van onsself, nuwe werklikhede en nuwe plekke. Dit is ʼn kombinasie van karakters, verhale en ruimtes, dit is plesierig, humoristies, eie aan ons wêreld en tyd. Naby aan ons lyf en lewe, omdat ons die foute van die verlede opnuut besef, en opnuut weet dat mense mekaar nodig het, dat mense kan verander, dat die slegte weer goed kan word, dat ons mekaar kan en moet vergewe ter wille van die mens en die wêreld se voortbestaan.
HOPE FOR OUR COUNTRY

At a time when our country finds itself at a spiritual crossroads and squarely in the crosshairs of the enemy that successfully manages to strip much of our hope for the future, this book makes an appeal to all Christian believers to take stock of their lives. Taking you on a journey to the truths of the Old and New Testaments, you will find a solid grounding and foundation for hope and faith in a righteous and faithful God that has never changed His ways through all the ages. This book restores hope for all South Africans searching for a new and better existence in a safe and crime-free South Africa by directing the reader towards God’s everlasting covenant with His people.
SAL DIE SWANE KAN ONTVLUG?

Schönrad Stander laat nie gras onder haar voete gorei nie. Haar tweede roman is ‘n uitblinker!
SINOPSIS: ’n Weeshuis is tog ’n veilige hawe, so glo ons. Maar onder die dekmantel van normaliteit broei daar duiwelsdinge. Jong meisies verdwyn, sogenaamd aangeneem deur oorsese ouers. Intussen geniet hoë amptenare die ‘genot’ van meisies wat blootgestel word aan hulle drange.
Swanevlug is die verhaal van Helga wat uit hierdie lot moet ontvlug deur ’n slinkse plan te beraam om vir Jaap aan die pen te laat ry. Gaan haar plan slaag en waar pas Hugo du Randt in?
IS DAAR LIEFDE IN PARYS?

TINKA SE REIS NA PARYS – Schönrad Stander
Tinka is ‘n sprankelende kunstenares wat besluit om na ‘n liefdesteleurstelling vakansie te gaan hou in die wêreldstad, Parys. Sy ontmoet talle karakters wat sorg vir baie humor en drama. Haar lewe word ‘n tuimelrit van ervarings en sy beleef Parys in al sy fasette. Sy ontmoet ‘n aantreklike man wat haar wêreld op sy kop keer. Dan is daar ook nog ‘n misterieuse skilder. Die onskuldige Tinka word betrek by ‘n web van leuens en misverstande. Haar reis na Parys lewer baie meer op as waarop sy voorbereid was. Sal sy hierdie keer ware liefde vind en sal sy die gewaagde item op haar kluitklaplysie kan bewerkstellig?
'N NUWE ROMANS

Cinta Boukhari is avontuurlustig. Sy is gedetermineerd om haar lewensdrome buite die stadsmure van Karma te gaan ontdek.
Maar noudat Prins Armand toevallig in Karma opgedaag het, het haar positiewe lewensuitkyk drasties verander.
Marcel, haar vriend vanaf kinderdae, se oneindige liefde vir haar het gemaak dat die smaak van die lewe se soet eintlik bitter word.
Jofré en Leanor vrees vir die definisie van wonder. Wie sal vrede in die woestynland bring?
Sal die pyn verdof as die prins die blom van die woestyn laat gaan? Is die oase se fonteinwater sterk genoeg om Cinta te help definieer wie sy werklik is?
VAN PLAASKIND TOT PLAASBOER - wat 'n besonderse vertelling!

“Stille waters … diepe grond … onder draai die duiwels rond.” Ek vertaal hierdie stelling in die plaastaal: “Vloeiende waters … diepe plaasgrond … Hier op die plaas dwaal ook die engele rond.”
Die verhale in hierdie boek vertel van ‘n plaaskind wat deur etlike moeilike omstandighede en swaarkry, bo sy omstandighede uit-gestyg het. Dit hou ‘n lewensles in dat daar altyd hoop is. Die pad van die Plaaskind na Plaasboer verg uithouvermoë en hy kom met alle dinge te kampe op sy pad, maar bereik uiteindelik sy doel, met goeie sowel as tragiese gevolge …
Die boek is vol heerlike humor, maar het ʼn ernstige hoop- en motiverings-boodskap.
KINDERBOEK MET TOWERGOED

Judy de Bruin se eerste kinderboek – BETTIE SE ROOI TOWERSAK – het so pas verskyn! Dit bevat ook pragtige en kleurvolle illustrasies.
SINOPSIS:
Bettie en haar ma woon langs Towerland. Bettie gaan speel daagliks in Towerland en het baie pret. Natuurlik vat sy altyd haar rooi towersak saam, want daaruit kan sy enige iets uithaal.
DIE BOEK IS OOK BESKIKBAAR IN ENGELS
SPLINTERNUUT - biografie

REIS IN GOD SE WIL – Mary Mc Gluwa
Wat ‘n besonderse boek! Na vele gesprekke met Mary, het ek besef dat hierdie vrou het ‘n groot gees en ‘n onwrikbare geloof. Wat my erg getref het, is dat Mary uit die dood gebid was deur haar moeder – ‘n aangrypende gedeelte in haar boek wat weereens bewys dat daar ‘n lewende God is.
PAS VERSKYN!

DIE OOREENKOMS - Natasha Nilson
ʼn Geheim bly maar ʼn gevaarlike ding om veilig te hou. Veral as ʼn kamma-verlowing ter sprake is. In die kantoor in een van Pretoria se wolkekrabbers gaan ʼn besigheidsman en sy persoonlike assistent ʼn ooreenkoms aan wat heelwat trane, maar ook uiteindelike vreugde en geluk sal bring.
'N ROMANSE WAT VERRAS!
Bets Koen se nuwe roman – MOSSIEVLUG – het sopas verskyn. En watter lekkerlees is dit nie!
LOKTEKS:
Wanneer Cupido se pyltjie tref, is dit te laat om terug te draai op ʼn eensaampad, selfs al het die liefde jou aanlyn gevind.
Wanneer ken ʼn mens iemand werklik en hoe ver sal jy gaan om jou liefde te beskerm?
Soms het selfs ʼn mossie geen ander uitweg nie as om te vlug.


DIE OPSPRAAKWEKKENDE DIGBUNDEL - Uit hierdie Valkenburg - Ernest Loth
Ernest Loth se debuutbundel ontleen sy titel aan die openingsreël uit Ingrid Jonker se gedig, Ontvlugting. En dit is nie om dowe neute nie. Beide Loth en Jonker deel herinneringe aan Valkenburg – maar elkeen verwoord ‘n eie unieke ervaring daarvan.
Die apostrofiese gedigte in hierdie bundel is tereg opgedra aan ‘n moeder, ‘n ouma en alle sterk vroue daarbuite.
Die spreker se band met sy moeder wat hom met liefde en deernis grootmaak, word op abrupte wyse versteur wanneer ‘donker geeste … jou siel van my steel.’
Hierdie digbundel open die venster vir ‘n kykie in een van die donkerste hoekies van die spreker-digter se siel.
LOVE AT WAR - Lynelle Clark

Passionate about her work, war-torn South Sudan offered Sonia Main peace. When a man from her past confronted her once more, she had a choice to make. Curt McGee was a man bound by honour and duty. It took him away from home for long periods of time. Caught in infidelity, Curt’s wife’s thinking left him astounded, shocked even. His children prey to an unthinkable enemy.
DAAR IS SOVEEL KOSBARE EMOSIES
A. PETRONELLA, KONINGIN VAN DIE KAROO (eBoek en Sagteband) – Nico Schamrel
Lokteks:
Op twee plase in die Karoo rus ʼn berg met die lyf van ʼn dier en ʼn kop van ʼn roofvoël. Daar maak die kransaasvoëls nes. Op daardie berg lê die spore van onvrede en onmenslikheid, skandes en klug – en daardie spore loop net na een plek …
Maar duskant lê die berg voor Petronella, kind van Kietie, uitgestrek − ʼn spekvet lyf bedek met kriebos en die bitteraalwyn. Hier lê spore van verlange, hoop en geheime – heiligheid in sy binneste.
En tussenin is die grensdraad tussen haat en verbitterheid, die eenvoud van liefde en ʼn jongmeisie se fantasiebeelde.
Almal wonder wat Selma Loots bloots ry en of Braam deel is van haar beproewing. Almal gis wie se kind is Petronella, maar vir háár is Janneman se terugkoms die oplossing van alles.

Dance with the devil - DON COETZEE

Dances with the devil takes you to a mafia lair in Sicily, Cosa Nostra country. The gangs appear out of the dark like scary phantoms. They rule the drug world and find their way into the meth dens of Cape Town. The SAPS team, BAD is confronted by a delinquent world which is foreign to their crime intelligence.
Family reigns supreme in this epic tale. The police family, the mafia family but most of all, blood family. With love triangles, and surprising, twists and turns this book will leave you gasping for more.
'N EINDE WAT JOU STOM LAAT - is daar 'n aksie vir elke reaksie?

B. KOSTER (eBoek OF Sagteband) – jy kan ook meeste van ons boeke aankoop as ‘n PDF eboek en dit aflaai.
Die roman en spanningsverhaal, KOSTER, kan aangekoop word as ‘n eBoek teen slegs R55.00!
PGM – Professioneel Geredigeerde Manuskrip
DIT IS ‘N WINSKOPIE!
REDRUM revenge - hell has no fury!

FROM THE AUTHOR – Judy de Bruin: Inga Taylor, a captain in the police force, and her girlfriend, Liza Jordan, a nurse at the hospital, both have skeletons in their closets. But when the rattling of the skeletons became too noisy, dead bodies started appearing everywhere.
Who was the dark shadow that was lurking outside Inga’s place? And who’s following Liza, her girlfriend?
Were Luke and Alec the same person and where do they fit into all of this?
Was everything okay between Inga and her girlfriend, or did Liza find out about the stripper?
One thing’s for sure…never underestimate the power of an abused woman…there’s nothing like a woman’s scorn.
Die opvolg op TULPE VIR TALINA & WRAAK SE ANGEL


E. BETS KOEN!
SPINTERNUUT op ons rak - VRYKOOP DIAMANT - 'n opvolg op Tulpe vir Talina en Wraak se angel. Hou jy van aksie en spanning? Dan is hierdie aangrypende verhaal net vir jou geskryf!
'N REEKSMOORDENAAR SKUIL ONDER ALMAL SE NEUS
SAGTEBAND = R145.00 / EBOEK = R45.00

Drie gedempte skote. Sy val vorentoe oor die ruglening van die stoel. Haar hare glip elegant na vore, haar arms slap. Drie koeëlwonde. Drie rooi papawers.
Ses raaiselagtige moorde wat deur Erwee, Gert en Karla opgelos moet word, terwyl dit die leser boei met interessante en onvoorspelbare wendings.
‘n Onheilspellende moordverhaal wat kriewelinge langs jou ruggraat laat afloop. Nico Schamrel vleg en tooi genadeloos met sy lesers se emosies en vrese in hierdie tergende moordstorie waarin die leser op en wakker tussen die lyne moet lees.
HUMOR kom selde in soveel lekkerlag trane!

DIE HEILIGE KOEIE SE MOE – Riaan Palmer
KOMEDIE:
Die Heilige Koeie se moe is ʼn bundel vol onheilige gedagtes. Dit vra waaroor moe die Heilige Koeie nou weer. Wie is die tannies in hulle Fortuners en waarheen is hulle op pad? Wat is badbomme en hoe werk dit nou eintlik? Waarnatoe hardloop die mense wat ons langs die pad sien? Vlug hulle vir iemand? Hoekom moet die toilet se sitplek plat wees? Hoekom is daar kinders en wat moet mens met hulle doen? ESKOM? Hoekom? Net. Hoekom? Daar word verduidelik hoekom kamp die duiwel se oorkussing is. En nog vele meer.
Die versameling humoristiese kommentaar en staaltjies verduidelik hoekom Riaan Palmer altyd in die moeilikheid is. Selfs al het sy ma hom gewaarsku dat hy nie mag vloek nie, glip daar elke nou en dan die vreeslikste lelike woorde uit. Die boek is nie bedoel vir puriste, kwaai tannies, fyngevoelige Magriete of Heilige Koeie nie. Ons kan vir mekaar lag of ons kan huil. Hierdie boek bewys dat lag altyd beter is as huil.
WAT 'N AVONTUUR!
DIE TWEEDE UITGAWE van Bets Koen se ware avonture in Mosambiek, sien die lig!
LOKTEKS:
Die Mosambiek-bundel bestaan uit essays oor ons kort verblyf in Mosambiek. Ons is deur ons gemeente gestuur met die opdrag om kerke te bou. Die verslae aan die gemeente het as essays gestalte gekry.
Die essays in die tweede helfte van die bundel het met elke dag se asemteug lewe gekry. Meeste daarvan is vanuit eie belewenis geskryf.
Met hierdie bundel deel ek ’n stukkie van my menswees, met die hoop dat iets wat ek geskryf het, iewers vir iemand betekenis sal hê.
