Sale!

Wakanda, my liefste

R70.00R160.00 incl. VAT

Clear
SKU: N/A Categories: , Tags: ,

Description

Trauma dryf Anneri om haar dogtertjie, Mia wat oor ’n wysheid ver bo haar ouderdom beskik, by ’n sentrum in te skryf waar perde in ’n terapeutiese omgewing gebruik word. Sy kan ook baat daarby, maar sy steek viervoet vas, veral as die inmengerige Jayden iets daarmee te doen gaan hê.

Perde is nie eintlik haar passie nie, maar sy bly nie vir lank onaangeraak nie. Inteendeel …

Beelde en drome maak dit duidelik dat daar ’n vreemde verbintenis tussen Anneri en Jayden is. Gaan die raaisel ooit opgeklaar word?

Hierdie verhaal laat mens diep dink oor onverklaarbare verhoudinge. Ons is dikwels by persone betrokke waar die verhouding net nie wil vlot nie. Kan dit wees dat wedersydse vergifnis heling kan bring, selfs al kan ons nie werklik verstaan waaroor dit gaan nie?

Additional information

Formaat

Sagteband, eBoek Mobi, eBoek E-Pub

1 review for Wakanda, my liefste

  1. admin

    Ek het Ronel se boek baie geniet! Om die boek te lees het my werklik baie laat dink. ‘The horse is a mirror to your soul and sometimes you might not like what you see in the mirror’.” Buck Brannaman Die aanhaling is erens in die boek. Die boek weerspieël Ronel se liefde vir perde, haar liefde vir haar werk as ‘n terapeut en haar liefde vir Afrikaans. Sy speel met die woorde en soos ‘n kunstenaar verf sy met die taal. ‘n Lekkerlees boek, goeie storie met ‘n heerlike kinkel in die stert! Die boek was vir my soos terapie en my laat terugdink aan my werk met die perde en die gebroke siele by Ambury Park in Auckland, New Zealand. Die boek hou ook die geheime van agter die spieël in. So baie dinge waarvan ons nie weet nie. Ek sal die boek vir almal aanbeveel! Daar is so baie wat perde ons kan leer! WILL MOSTERT

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.