Description
HOE VER IS VER
In die tyd van vinnige motors, treine en supersoniese vliegtuie kan ’n mens byna in ’n dag om die wereld reis. Om egter met ’n donkiekar deur die Tankwa-Karoo te reis, kan nogal ’n uitdagende ervaring wees.
Vir Jafet en Sarah is dit nie net ’n reis huis toe op die stowwerige, vaal pad deur die droë Karoo nie, maar ook ’n lewens- en sielereis na ’n onseker toekoms.
Die seer van die lewe het Groenvlei in hulle afwesigheid in oorvloed getref. Jafet en sy vrou Sarah is die uitkoms op gebede om vertrapte liefde te herstel. Maar Groenvlei? Sal die plaas ooit weer herstel?
admin –
‘n Puik novelle deur Karel Nel – ‘n afgetrede plaaswerker uit die koue Bokkeveld. Karel se skryfstyl is eie aan sy kontrei en die mense wat hy oor die jare leer ken het. Dit is legendaries en eie aan vandag se omstandighede.