Sale!

Soos ‘n droom verby

R165.00 incl. VAT

Hierdie versameling gedigte is ʼn viering van die lewe se vreugdes en verganklikheid deur die oë van onder meer ʼn kluisenaar, alkoholis, onvervulde oujongnooi, verbitterde romantikus, bibliofiel, sport-fanatikus, depressiewe enkeling en taalpuris. Die gedigte wil troos bied vir elke traan, hoop vir alle hartseer, genade vir gebrokenes en vrede vir die feilbares.

SKU: NS00019 Categories: , Tags: ,

Description

Tyd. Omgewens deur kinders, gekoester deur bejaardes. Kosbaar, maar geringgeskat. Aan elkeen van ons is ʼn beperkte hoeveelheid geskenk, met die opdrag om dit verantwoordelik te bestee.

Tyd bly seker dié kosbaarste kommoditeit van ons bestaan waarmee ons, ironies genoeg, baie verkwistend en roekeloos omgaan. Tot die dag dat jy ontnugter besef, skielik en onverwags: die lewe, soos sonlig, die seisoene en soos ʼn droom, is tydelik en van korte duur.

Hierdie versameling gedigte is ʼn viering van die lewe se vreugdes en verganklikheid deur die oë van onder meer ʼn kluisenaar, alkoholis, onvervulde oujongnooi, verbitterde romantikus, bibliofiel, sport-fanatikus, depressiewe enkeling en taalpuris. Die gedigte wil troos bied vir elke traan, hoop vir alle hartseer, genade vir gebrokenes en vrede vir die feilbares.

Additional information

Formaat

Sagteband, eBoek Mobi, eBoek E-Pub

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.