Oomblikke in tyd

R110.00R230.00 incl. VAT

Die digbundel – Oomblikke in tyd – is in vier albums verdeel. Mens wonder dadelik oor die albums, maar dit is deel van hierdie sonderlinge bundel. Net soos ‘n mens ‘n foto van iemand anders kan neem, vang Jeanita ander se emosies en gevoelens in woorde vas. Daardie oomblik wat jy ʼn foto sou neem en ʼn situasie sou vasvang, word ʼn inprent in haar gedagtes wat dan as gedig omskep word.

As haar voorwoord, skryf Jeanita ʼn gedig waarin sy die volgende vraag as stelling informeer:

Nou wonder ek:

hoe skryf jy platvoet-gediggies

met ligte, kort klinkers

oor ’n lewe vol hoofletter-emosies?

Haar gedigte handel juis oor hierdie hoofletter-emosies. In haar gedig – Foto’s – skryf sy:

’n foto sê eintlik so min

dit hou jou net gevange

in die daar-en-toe

terwyl ek in die hier-en-nou sit

– dan noem sy dat ʼn foto nie die waarheid kan bied nie; die emosies, klanke, die rede hoekom jy huil of die gaatjie in jou neus.

Die digter bevind haar ook in die beroep as verpleegkundige en heelwat gedigte spruit uit haar werk. By sommige gedigte eksperimenteer Jeanita met subtitels as verduideliking oor die oorsprong van die gedig, bv. a. Pleidooi van ’n man na ’n beroerte aan sy vrou b. Geskryf vir ’n psigiatrie-pasiënt c. Geskryf vir ’n kankerpasiënt wat geweier het om gewen te word. Hierdie subtitels plaas die leser ook in die posisie waarin die digter was en wat aanleiding gegee het tot die gedig. Dadelik vorm dit ʼn foto in die leser se geestesoog. Ek vind dit skeppend en impressionisties – dit slaag in die doel.

Hierdie is ʼn kreatiewe digbundel wat pragtig saamgestel is en beslis sy merk maak onder goeie Afrikaanse dig-literatuur.

  • Nico Schamrel
Clear

Description

Oomblikke in tyd – Net soos ‘n mens ‘n foto van iemand anders kan neem, vang sy ander se emosies en gevoelens in woorde vas.

Daar is oomblikke in hierdie lewe wat die gordyne oopgaan en die ligte vol op jou skyn; en jy, gestroop van alle maskers, voorgee en probeer ontbloot word. In sulke oomblikke is dit dikwels moeilik om die emosie en chaos binne, aan die wêreld buite te verduidelik.

Met Oomblikke in tyd, ‘n foto album in woord probeer die skrywer om sulke tydgrepe se naaktheid in woorde vas te vang. Dit is ‘n album vol emosiefoto’s, momente waar die leser die weerloosheid van die hart op die verhoog kan beleef.

Die skrywer is ‘n verpleegkundige wat dit probeer afneem wat sy in mense se oë raaksien: van die eerste sprikkel lewe op ‘n sonarfoto, tot die hysbakdeure ‘n geliefde ‘n laaste keer insluk, en al die holderstebolder tydstippe tussenin.

Neem ‘n oomblik en verdwaal tussen die foto’s, dit mag jou help om woorde te gee aan die moment wat al lankal nesgeskrop het, hier diep binne in jou wese.

 

Additional information

Formaat

Sagteband, eBoek Mobi, eBoek E-Pub

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.