Die Boekeman is ‘n insetsel tot die radioprogram AllesAfrikaans, aangebied deur bekende joernalis, Johan Allers.
Die Boekeman word aangebied deur Nico Schamrel, skrywer en stigter van Ns. Skrywershuis (Uitgewer). Nico plaas die kollig op bekendes en onbekendes, op skrywers en digters, teater en kunstenaars, musikante en nuusmakers.
Jy kan Ns. Skrywershuis se YouTube-kanaal volg deur op ‘Sluit aan’ knoppie te klik. Kies ‘SUBSCRIBE’ en klik dan op die klokkie sodat jy in kennis gestel word van nuwe programme.
Onthou om ook ‘n duimpie te gooi as jy die program geniet het. So ondersteun jou ons Moedertaal, Afrikaans.
'N GEBED IS VERHOOR - NA 25 JAAR SE SOEK KOM GELUK - Byron Kuntz
DIE TANNIE VAN BOERBOEL -Charnell de Waal
BINNELANDERS AKTEUR - Erik Holm
FILMMAKER IN VSA - Desmond Denton
IN GESPREK MET - Anneline Kriel-Bacon
DIE LAASTE PSALM - Niel van Aswegen se wens
SA SE GESOGTE TENOOR - Coert Grobbelaar - Deel 2
SA SE GESOGTE TENOOR - Coert Grobbelaar - Deel 1
TALENTVOLLE DIGTER - Danviille Willemse
LEWENSAFRIGTER - Johan Botha
DIE INK AAN MY LYF - Stanley Cierenberg
DIE BOEKEMAN - Drienie Joubert Kelly
DIE BOEKEMAN - Mel die storieverteller
DIE BOEKEMAN | Anda Grobbelaar | 'n wenner boek en 'n engel-partytjie
DIE BOEKEMAN | Marizka Coetzer | haar nuwe boek
DIE BOEKEMAN | Alicia & Matthew English | 'n sewejarige skrywer
DIE BOEKEMAN | Gerald Burger - Die Siener | Is daar hoop vir Suid-Afrika?
DIE BOEKEMAN | Alan Rehbock, voormalige gevangene by Pollsmoor | Ns. Skrywershuis
DIE BOEKEMAN | Marizka Coetzer | Stella Murders & Die duiwel is in die detail | Ns. Skrywershuis
DIE BOEKEMAN | Laetitia Booysen | Bright is the black night
DIE BOEKEMAN | Christo Jankowitz | SA Klassieke komponis
DIE BOEKEMAN | Deborah Ho Chung | Spreker teen seksuele molestering van vroue en kinders
DIE BOEKEMAN | Marika du Toit van Heerden | Skrywer
NUWEJAARGESELSIE | Johan Allers en Nico Schamrel | AllesAfrikaans
DIE BOEKEMAN | Jacques Rautenbach | 88 note en tien vingers
DIE BOEKEMAN | ONDERHOUD DIANA FERRUS
JOHAN ALLERS gesels met Nico Schamrel oor die gebedeboek
KOBUS HOFMANN - Fluitjieblaser
Dr. HERMANN LIEBENBERG - Is daar 'n verbintenis tussen kanker en stresversteuring?
CHRISTA KLEYNHANS - digter en skrywer Melk en Lemoensap
Die Boekeman, Nico Schamrel, plaas die kollig op die talentvolle digter en skrywer, Christa Kleynhans. Sy maak skertsend ‘n kort buiging as debuutsanger en gesels oor bipolêr – die tema van haar boek, Spieëlbuis. Ons luister ook na ‘n voorlesing van haar gedig in beeld, Eldorado Park, wat geslagsgebaseerde geweld aanspreek – dit was vertoon by die Silwerskerm Filmfees en op Showmax vir 18 maande. Johan Allers lees ‘n uittreksel uit haar hartroerende verhaal, Melk en lemoensap, voor.
KHADIJA TRACEY HEEGER - digter en aktrise 'dis nie myne nie, dis nou joune nie'
Nico Schamrel plaas die talentvolle Khadija Tracey Carmelita Heeger in die kollig. Tracey is ‘n bekende en fenomenale digter asook ‘n begaafde en veelsydige aktrise in, onder andere, Arendsvlei en Sewende Laan. Heeger gesels prontuit oor haar werk en lees ‘n uittreksel uit haar hartroerende gedig – dis nie myne nie, dis nie jou nie – voor. Ons gesels oor haar digkuns, digbundels en werk as aktrise. Mag haar klik-klank woorde, haar San-taal en kultuur voort leef in haar woordpalet en mag dit bekentenis bring, vrugte voortbring van erkenning en respek wat dit verdien.
RIKU LÄTTI - Die Wasgoedlyn & Kaappunters
Nico Schamrel plaas RIKU LÄTTI in die kollig en gesels oor Die Wasgoedlyn. Riku is ‘n Suid-Afrikaanse musikant, skrywer, filosoof en filmmaker. Hy het die volledige filmpartituur vir Jans Rautenbach se film ‘Abraham’ gekomponeer. In Suid-Afrika het Riku saamgewerk met supersterre soos Koos Kombuis, Laurika Rauch, Frazer Barry, Churchil Naudé, David Kramer, Stef Bos, Paul Riekert, onder andere. Sy liedjies is uitgevoer en opgeneem deur mense soos Karla du Plessis, Laurika Rauch, Bobby van Jaarsveld, die all-girl punk band The Pheobes, die jazz-groep Tsunami en Izak Davel. Hy het ’n Suid-Afrikaanse rolprent- en televisietoekenning (SAFTA) gewen vir sy klankontwerp en bladmusiek vir Die Wonderlike Avonture van Hanna Hoekom.
Volg Riku op YouTube: https://www.youtube.com/c/RikuL%C3%A4tti
VOLG DIE WASGOEDLYN: https://www.youtube.com/c/DieWasgoedlyn
PAUL STEYN - 7 000 km vir liefdadigheid
Nico Schamrel gesels met die stigter van die PAUL STEYN FOUNDATION. Paul Steyn het duisende kilometers gestap om bewusmaking te skep en aan geamputeerdes, en die algemene publiek, die beweeglikheid te wys wat ‘n prostetiese been aan ‘n geamputeerde bied. In die proses het hy duisende rande ingesamel om benadeelde geamputeerdes by te staan. MAAR DIT IS NIE AL NIE – daar is meer …
JACQUES RAUTENBACH - SA neoklassieke komponis
Nico Schamrel gesels met Jacques Rautenbach – SA se bekende komponis en musiekkunstenaar. Jacques skilder met harmonieuse en luisterryke klanke. Sy unieke komposisies en styl word beskryf as lewendige kontemporêre klassieke musiek – gevul met verskeie uiteenlopende emosies soos nostalgie, romanse, soms selfs baroque. Jacques –Robert Schumann het gesê: “Om lig in die duisternis van mense se harte te stuur – dit is die plig van die kunstenaar.” Ek wil vir jou dankie sê dat jy deur jou kuns en talente ‘n lig in die duisternis van mense se harte stuur. Mag jou lamp nog lank brand en jy altyd vreugde sal vind in dit waarna jy koester. – Nico Schamrel
RUDI CLASE - sanger en SA se liedjieskrywer
Die Boekeman – Nico Schamrel (skrywer) – plaas die kollig op Suid-Afrika se gewilde liedjieskrywer, komponis en sanger, Rudi Clase. Wat hou hom regop en wat is die enigma van sukses, waar kom sy sielswoorde vandaan? Ons gesels oor sy lojaliteit teenoor sy aanhangers, ons groet met ‘n emosionele einde – ‘n wens aan hom en ‘n lokstukkie uit Hobo-Hallelujah.
MATIE VAN GRAAN - komediant, aktrise
Die Boekeman (op AllesAfrikaans), Nico Schamrel, gesels oor Vadersdag met die immer bekende en legende Matie van Graan. Matie is bekend as vroeteltannie (Tannie Jan) van Boerboel Wear, gewilde aktrise en tree op as gesogde MC (seremoniemeester) op aanvraag. MATIE SE AGENT Talent Etc | https://talent-etc.co.za/
STÉFAN DOVETON-MOORE - Die Cullinun diamant
Nico Schamrel gesels met STÉFAN DOVETON-MOORE oor die Cullinun diamant en oor ‘n museum waarvan min mense bewus is.
CARLA VAN DER SPUY - Sielsiek en Plaasmoorde
Nico Schamrel – skrywer en uitgewer – gesels met die ervare misdaadskrywer Carla van der Spuy oor haar boek Sielsiek en haar bekende boek Plaasmoorde: slagoffers vertel self. Die vraag is: Waarom haak mense se koope uit? Wat is die psige van hierdie koelbloedigste moordenaars?
STANLEY JACOBS - Nie alles is sleg op die Cape Flats nie.
Ons kuier vandag in die Kaapse Vlaktes, ongetwyfeld een van die mees geweldadige gebiede in Suid-Afrika waar daar meer as 50 moorde elke dag gepleeg word… ondenkbaar… ek gesels met die Cape Flat skrywer en gemeenskapswerker Stanley Jacobs. Stanley het die boek Cape Flats Love Affair geskryf en is die stigter van die facebookblad en webtuiste Cape Flats Stories. Dit is sy missie, sê Stanley, om die stories van die Cape Flats aan die wêreld te vertel…. Nie alles is sleg op die Cape Flats nie.
DEWALD KOEN - dosent in Afrikaans Nederlands
Nico Schamrel gesels met Dewald Koen, dosent aan die Nelson Mandela Universiteit PE, oor Afrikaans as ‘n studierigting, as skoolvak, die uitgewersbedryf en of Afrikaans steeds bevorder word in skole.
MARITZA SANGERES - 'n legende
Die Boekeman, Nico Schamrel (skrywer) plaas die kollig op die gewilde en die legende, country-sangeres – Maritza. Kom luister saam na hierdie onderhoud van Koemadoe-se-dae tot die groot legendes van country-musiek.