die argitek
van jou publikasie.

Ns. SKRYWERSHUIS bied jou 'n platform om jou boek te publiseer, te bemark en te verkoop. Jou uitgewer, jou aanlyn boekwinkel.

PROEFLEES & TEKSVERSORGING

Om net die beste kwaliteit te lewer aan ons skrywers en kopers, maak Ns. Skrywershuis net gebruik van die beste in die bedryf. PENdit.za se teksversorgers het 'n uitstekende reputasie wat hul vooruit loop. Gehalte en goeie kwaliteit verseker 'n produk waarop ons en jy kan trots wees.

OMSLAGONTWERP

Ons medemaatskappy, NS Kreatiewe Ontwerp, sal sorg vir 'n besonderse omslag om jou boek perfek af te rond. Jou omslag is jou vertoonvenster en dra positief by tot goeie verkope. Ons beskik oor jare se ondervinding in unieke ontwerpe, met goeie verwysings. Ons is trots op ons gehalte werk.

BEMARKING

Ons bemark ons skrywers en boeke deur voltydse doelgerigte bemarking. Van grafiese advertensies tot rubrieke om jou as skrywer voor te stel. Jou boek word op verskeie platforms geplaas en op sosiale media. Ons bemarking dek radio uitsendings, die media en onderhoude is ons maandelikse tydskrif, Naskrif. ALLES GRATIS!

HIERDIE SkRYWERSHUIS is JÓÚ tuiste.

'n Kamer sonder 'n boek, het nie 'n siel nie.

jou aanlyn boekwinkel

WIL JY GRAAG JOU BOEK PUBLISEER? Jy is op die regte plek – minimale kostes, 100% tantieme en geen fieterjasies!

OPSOEK NA KWALITEIT BOEKE? Boeke om van te kies en te keur – ‘n hartroerende roman, lekkerlag komedie, sielswoorde in digbundels, goeie geïllustreerde jeug- en kinderboeke, grillerige rillers en spookstories, spanning in speur- en moordverhale, fantasie in die ruimte, geskiedkundige novelle, propvol aksie en intrige, dramas en ware lewensverhale – daar is ‘n groot verskeidenheid by ons Boekwinkel.

HOE WERK DIT?

boekwinkel - GEEN EKSTRA KOSTES

Ns. SKRYWERSHUIS publiseer jou boek en plaas dit op die rak van ons AANLYN BOEKWINKEL. Potensiële kliënte kan aankope doen en betaal in SA-rand deur middel van direkte elektroniese betaling (EFT) of PayFast.

Die skrywer ontvang onmiddellik sy/haar tantieme na elke aankope en hoef dus nie te wag vir betaling nie.

Skrywers ontvang 100% van die verkoopprys na aftrekking van drukkoste. Ons druk op aanvraag!

kan ek my reeds gepubliseerde boeke ook hier plaas?

Enige skrywer is welkom om hul reeds gepubliseerde boek voor te lê vir goedkeuring. Selfgepubliseerde boeke moet professioneel geproeflees wees en nie aan 'n kontrak verbind wees nie.

'n Admin-fooi is van toepassing. 

Kom kuier saam by ons koffiekroeg!

'n Virtuele koffiEKROEG?

Enigste in sy soort en beslis is Ns. SKRYWERSHUIS die eerste uitgewer met 'n aanlyn koffiekroeg. Bestel 'n boek GRATIS van ons spyskaart en lees 'n lusmaker.

Genotvol? Koop dit!

Geen tierlantyntjies en fieterjasies nie.

UTGEWER - EK WIL DEEL WORD VAN DIE SKRYWERSHUIS

Om by ons in te trek, verg nie veel nie. Kontak ons of klik op ons INLIGTING -blad.

Ons is die UITGEWER wat jou belange op die hart dra - ons help graag.

As jou uitgewer, neem ons jou op 'n toer deur ons huis en bied jou meer as wat jy verwag ... stap-vir-stap. Ons is gesteld op goeie diens.

Stuur jou manuskrip na ons en ons kwoteer - so maklik soos dit.

Jy bly gratis - geen huur nie. En wie benodig Eskom?

wie is ons?

AANGENAME KENNIS

Nico Schamrel

DIE NAAM  - Ns. Skrywershuis het sy oorsprong te danke aan die skrywer, Nico Schamrel. Dit simboliseer 'n tuiste waar skrywers en digters kan publiseer, maar ook na omgesien word ten opsigte van doelgerigte bemarking.

Ns. is ook die afkorting vir 'naskrif' en dit is waaroor alles gaan: die naskrif of manuskrip word omskep in 'n belowende en uitstekende publikasie.

NASKRIF is ook die titel van die gewilde digitale tydskrif wat maandeliks op ons webwerf verskyn - nog 'n inisiatief om Afrikaans, skrywers, digters en hul boeke te bevorder. Nico is veral bekend vir sy hulpvaardigheid en uitmuntende diens. Dit is wat hy wil voortsit met Ns. Skrywershuis - om talentvolle skrywers die geleenthied te bied vir goeie gehalte publikasie.

"Ons is ingestel op kwaliteit en doeltreffende bemarking," vertel Nico met trots.

'n pluimpie in ons hoed

Getuigskrif

Baie sterkte met hierdie edel taak deur NS Liefdesdiens. Jou ontwerp, uitleg en professionele werk word deur almal opreg waardeer.
Dit was 'n plesier om deel te kon wees van NS Liefdesdiens en Ns. Skrywershuis.
Amanda Strydom
Sangeres
TILLA: Baie dankie, dit is regtig vir Gerhard Steyn ’n voorreg om deel te wees van hierdie projek deur NS Liefdesdiens. Jou werk is ongelooflik! Ons sien uit na jou volgende projekte.
Gerhard Steyn
Sanger
Ek het Nico d.m.v. AllesAfrikaans onlangs ‘ontmoet’ en vind hom professioneel en maklik om mee saam te werk.
Kristel Loots
Skrywer
Ek het 2 boeke deur Ns. Skrywershuis gepubliseer. Nico se diens is puik en vinnig, sonder om af te skeep. Hy weet wat hy doen. PENdit.za wat sy redigering en teksversorging doen, se werk is skitterend en bekostigbaar. Daar is geen wagperiode van 6-8 maande voordat jy weet of jou manuskrip aanvaar word al dan nie. Ek het daardie pad al geloop. Ek sal Ns. Skrywershuis sterk aanbeveel.
Elsabe Welman
Skrywer
Ek kan vandag vir jou sê dat ek omtrent elke uitgewer in SA al gekontak het. Jy was die eerste een na vier jaar se gesoek wat onmiddellik oop en eerlik was en mens met respek behandel het. Dit het my 'n paar dae geneem om te besef, maar die man is werklik en hy is opreg eerlik. Ek sal jou altyd respekteer daarvoor. Elke keer wanneer ek Naskrif lees besef ek die kwaliteit en hoogstaande gehalte wat Ns. Skrywershuis bied. Goeie trotse Afrikaans. Die groot uitgewers kan maar grootmond wees, hulle kan maar net droom om sulke goeie werk agter hulle naam te sit. Dankie dat jy kans gesien het om 'n hand uit te reik na my.
Janette Olivier
Skrywer

nuus en bemarking

nuushuis

AFRI-allegaartjie

AFRI-allegaartjie is ’n Bloemlesing, saamgestel uit oorspronklike en besondere Afrikaanse kortverhale. Om Afrikaans 100-jaar te vier het Ns. Skrywershuis Uitgewer, deur hul Facebookblad en Naskrif, uitdagings aan lesers geplaas en uitgenooi om ’n kortverhaal te skryf na aanleiding van fotobeelde. Verskeie temas, emosies en genres is hierdeur aangeraak en die slotsom is ’n verhaalbundel van…

Ns. Produksie

‘N KULTURELE ONTPLOFFING: Ns. Skrywershuis Uitgewer het verskeie takke: die digitale tydskrif Naskrif en Ns. Liefdesdiens / Ns. Act of love. Met alles moet mens klein begin en elke tak kans gee om te groei. Ns. PRODUKSIE VIR BOEKE EN SKRYWERS ’n Nuwe tak wat by Ns. Skrywershuis gevoeg word, is Ns. Produksie. Ons begin…

Adverteer in NASKRIF

ONS TARIEWE 1.PROMOSIE ARTIKEL – R400 Geskrewe artikel (maksimum 350 woorde – voorsien) A4 grootte foto (A4 foto voorsien) of Grafiese ontwerp deur Naskrif Proeflees en teksversorging ingesluit PROMOSIE: Ses advertensies – tweemaandeliks – R2000 VOLBLAD ADVERTENSIE – R300 Grafiese ontwerp voorsien, of Grafiese ontwerp deur Naskrif Bewoording voorsien PROMOSIE: Ses advertensies – tweemaandeliks –…

WORD 'N LID OP FACEBOOK

Ns. Skrywershuis - UITGEWER

Sluit aan by ons Facebookblad vir meer nuus, bemarking en goeie leesstof!

Ons plaas gereeld nuus vir skrywers en deel graag ons doen en late met jou.

Neem deel aan besprekings en lig jou mening.

Vertel ons van jou wense, jou visie en deel met ons jou sukses.

Kom kuier saam – jy is altyd welkom.

NASKRIF - jou gratis digitaletydskrif

NASKRIF word maandeliks aanlyn gepubliseer. Hierdie uiters gewilde tydskrif word deur meer 2000 lesers gelees, selfs in oorsese lande soos, bv. Texas (VSA), Skotland, Engeland, Frankryk, China, Nieu Zeeland, Australië, Kenia, Zimbabwe, België en Nederland.

Die inhoud is gemik om leesstof te bied aan alle lesers van Afrikaans. Die doelwit is om Afrikaans te bewonder en die behoud van hierdie taal te verseker.

Ons stel blootstelling aan talentvolle skrywers en boeke, ontmoet mense met ‘n unieke verhaal, lees oor kunstenaars, die digkuns en skryfkuns. 

Ons deel inligting oor ons teaters, musiek en kunstenaars en plaas ons plaaslike talent in die kollig.

Ns. Skrywershuis en NASKRIF ondersteun Afrikaans 100, bevorder en ondersteun ander organisasies soos AllesAfrikaans, LitNet, Maroela Media, Viva Afrikaans, Afrikaans.com, Sa Vryskutskrywers, FAK, Voortrekkermonument, Netwerk24, Departement van Sport, Kuns & Kultuur, ATKV en verskeie Facebook-groepe. 

Ons doen liefdadigheidswerk, help gemeenskappe en stel ons taal bloot aan die wêreld. 

NASKRIF JUNIE 2025 - VOL 28

NASKRIF - KOFFIETAFELUITAWE

NASKRIF MEI 2025 - VOL 27
Vier Afrikaans 100 saam met ons deur hierdie besonderse, eenmalig en kleurvolle uitgawe van Naskrif in druk. Dit is die eerste keer dat Naskrif in druk verskyn en as gedenkuitgawe haar buiging maak.
Die voorblad simboliseer die menige patrone waaruit ons reënboognasie en ons taal bestaan; ons kuns en ook die diversiteit van ons menswees. Die teks Sy kom van ver is eie aan Afrikaans 100.
In hierdie uitgawe het ons afgewyk van ons gewone artikels en meer gemik op die mense om ons, ons Moedertaal, die Afrikaanse teater en wat besig is om te gebeur in ons Moedertaal.
 
HIER IS ’N VOORSMAAK VAN WAARNA OM NA UIT TE SIEN:
 
JO BLACK – gesels onder andere met ons oor sy nuwe enkelsnit Haar naam is Afrikaans.
SARAH THERON – Afrikaans is die geur van kaneel.
DOZI – sal jy vir my ’n Sonstorie skryf?
GAIREYAH FEDERICKS – Ek skryf nog altyd soes dai.
FRANCOIS LOTTER – Ek is ’n ‘poet in my own luchtime’.
DARRYL DAVID – Die wilde kaart van Afrikaans.
GERRIE LEMMER – Kuns en kultuur verbind mense.
 
ARTIKELS:
 
’n Filmvers-produksie: Sonstorie – ’n storie van hoop sien binnekort die lig.
Die begin van die Afrikaanse teater deur Coert Grobbelaar.
Jak J Brits – Jonker, Vlam in die sneeu – op die planke by teaters.
Cecilia Wessels – Ons eerste operasangeres in die buiteland deur Coert Grobbelaar
Johan Allers besoek Zuid-Afrikahuis in Amsterdam.
AFRIKAANS IN AL SY GLORIE:
 
Afrikaans se wortels en takke deur Afrikaans 100.
Wat is Afrikaans?
Dietloff van der Berg skryf oor die poësie en liefdesverse van Rumi
Die Nuwe Brandwag – Tydskrif vir kuns en lettere Deel iii Vol 1 van 1931 – Die stigting van die Taalgenootskap.
Elise Bishop oor Graafrikaans en haar nuwe boek, Sidestoep stories – in Graafrikaans.
 
EN DAAR IS MEER.
 
HOE OM TE BESTEL
 
1. Prys per tydskrif is R200.00 + R60.00 PAXI (vir 1 x tydskrif – vir meer as 1 betaal net R60.00 en nie per tydskrif nie)
2. Bestel per e-pos nicoschamrel@gmail.com
a. Jou naam en van
b. Volledige adres en kode van naaste Pep Store of Pep Home Store
c. Jou selfoonnommer (Jy sal ‘n boodskap ontvang om pakkie af te haal)
d. Heg bewys van betaling aan by jou bestelling.
3. Verstrek hoeveel kopieë jy graag sal wil ontvang.
4. Bestellings sal eers ongeveer teen die 3de week van Mei gepos kan word.
Vir navrae en afslag op 10 en meer kopieë, kan per e-pos gerig word – nicoschamrel@gmail.com
 
BANKBESONDERHEDE
Capitec Bank |Bank kode 470010 | Rek nr. 1736444571 | Rek houer Nico Schamrel | Spaarrekening | Verw: Naam en van

BOEKBEKENDSTELLINGS

Principles of Ethics for the South African Anaesthesiologist - Malcolm de Roubaix

Principles of Ethics for the South African Anaesthesiologist - Malcolm de Roubaix

Principles of Ethics for the South African Anaesthesiologist offers a clear and compassionate examination of the ethical challenges and responsibilities inherent in contemporary anaesthesia. Written by a seasoned anaesthesiologist, the book navigates the complex territory where clinical decisions, patient safety, and moral judgement intersect. Through real-life case vignettes and accessible analysis, it reveals how everyday choices impact outcomes, the hidden pressures clinicians face, and the far-reaching significance of how we define and respond to error and death. Drawing on decades of clinical experience and medico-ethical scholarship, the narrative explores the unseen frameworks that underpin ethical perioperative care, encouraging clinicians to reason carefully, act conscientiously, and challenge established practices when necessary. While primarily aimed at South African anaesthesiologists, this resource is equally valuable to anyone seeking insight into the realities of medicine under pressure and the transformative power of ethical clarity. Ultimately, the book affirms Socrates’ timeless advice: to live by reason, follow conscience, and strive to do good.

Vat Bipolêr Vas! - Carina Theunissen

Het mense jou al veroordeel en teen jou gediskrimineer net omdat jy Bipolêr is? Het jy al so slim gevoel dat jy berge kan versit en daarna die diep donker gat van depressie ervaar waaruit jy net nie kan kom nie? Hierdie boek is nie net vir bipolêre mense nie, maar ook vir depressielyers. Jou familie en ander mense verstaan nie jou toestand nie en weet nie hoe om teenoor jou op te tree nie. Kom stap saam op my persoonlike reis waar my ergste mania ʼn ernstige motorongeluk was en ek die diepste gat van depressie ervaar het. Die hoop en bestuur van jou gemoedstoestand word in hierdie boek beskryf. Ek het vasvat riglyne ontdek wat my gehelp het om Bipolêr te bestuur, my gemoedstoestand vas te vat en ander mense te help om Bipolêr beter te verstaan. Om bipolêr te wees, is nie ʼn skande of teken van swakheid nie. Dit is die lekkerste gevoel wanneer jy absoluut gelukkig en manies voel, ’n gevoel wat jy vir niemand kan beskryf nie. Dit kan ongelukkig ook gevolge hê as dit nie reg bestuur word nie. Om egter uit die maniese gevoel en die gat van depressie te kom, het jy hulp nodig sodat jy ’n kwaliteit- en goedbestuurde lewe kan hê. Jy kan “cope” daarmee, mense se opinies verander en onthou: “Yes, you can do it!”

Vat Bipolêr Vas! Carina Theunissen - Ns. Skrywershuis

Buks van die Kalahari - Koot Jonker

Buks van die Kalahari - Koot Jonker

Toegegooi onder die gewig van die lewe; die ellende van die groot depressie en die verwoesting, van die groot droogte wat die vroeë dertigerjare verskroei, waag Lang Hendrik van der Walt die Kalahari-woestyn in. Dit is nie ’n reis nie, maar ’n stryd: ’n soektog na oorlewing. Op sy plaas is daar net één gereg – mieliepap.

Die pad wat Hendrik en sy geslag loop, is nie sag nie. Dit is ’n pad wat mense breek of staalhard maak. En Hendrik? Hy buig nie. Terugslae kry hom nie onder nie. Want hy het iets om voor te leef… ’n rede om aan te hou asemhaal – sy seun Buks. BUKS VAN DIE KALAHARI – Koot Jonker

Sonder dat hy dit besef, lê Hendrik in hierdie dor en genadelose wêreld die fondament vir iets groters. In die sand van die Kalahari word ’n liefde gebore – ’n liefde wat nie deur droogte of swaarkry gebreek kan word nie. Dit is ’n liefde wat Buks vorm, slyp en stuur na ’n lewe van avontuur. ’n Lewe wat hom sou maak tot ’n grootwildjagter, ’n man wat leeus tem en vrees in die oë kan kyk.

Uit hierdie harde geslag groei ’n nuwe een, ’n geslag wat nie net oorleef nie, maar floreer.

Buks self word ’n man van krag. Maar selfs hy kan nie die droogte van ’67 ontwyk nie. Dit bring hom tot stilstand. Dit breek hom oop. En daar, op sy knieë in die sand, vind hy weer iets wat hy amper verloor het – sy Skepper wat hom optel uit die sand.

Babilon I - Koot Jonker

Nebukadnésar: “Die globalisme gryp my aan, dis wonderlik. ʼn Wêreld onder een kroon, met Babel as die moeder daarvan.”

Daniël aan koning Nebukadnésar: “U is ’n wrede man. In u woede het u riviere van onskuldige bloed laat vloei. God het u beklee met baie talente, groot mag en wysheid. Hy het Hom met groot wonders aan u geopenbaar, maar u dien net vir Nebukadnésar. U ontkenning van die Enige God ontstem onse Vader, en Hy sal u nie ongestraf laat bly nie.”

 Nebukadnésar, opstandig: “Die God van Beltsasar, mag dalk bestaan, maar Hy is traag en stil soos ’n slapende reus. Wat help ’n wonderwerk elke tien jaar? Nee — die enigste god wat ek aanbid, is ek. Nebukadnésar is ’n god wat kán!”

Die voorafgaande tonele het afgespeel in die jare rondom 600 voor Christus, en tog word ons wêreld vandag weer deur dieselfde magte getakel: globalisme teen nasionalisme.

Die een kamp dors na wêreldheerskappy, rykdom, mag en prestige. ’n Mensgemaakte paradys sonder God, die komende Ryk van die Antichris. Die ander groep? Vryheid in ʼn eie land, sonder die kettings van Ryke.

Babilon I is só relevant soos die son wat skyn. Soos destyds, is daar weer oorloë — en gerugte van oorloë. Die wêreld beef onder die voetstappe van godlose, ambisieuse politici. Babilon V is op pad!

Die sentrum van mag is egter nie in Babel, Rome, Washington, of Beijing nie, maar in die hand van die Almagtige. Hy is Jesus Christus, die Koning van die konings. Vir hulle wat glo, is daar hoop. Vir hulle wat Hom vrees, is daar redding.

BABILON I - Koot Jonker

DIE LIG WAT BLY - Edwin November

DIE LIG WAT BLY - Edwin November

In Die Lig wat bly verduidelik die digter aan die lesers die hart van sy digkuns en word ’n nalatenskap van lig en geloof ontdek.

In eerlike verse reis hy terug deur die dekades om die mens en Goddelike  invloede wat hom gevorm het, te verken.

Hy reflekteer op gesin en gemeenskap, vreugde en seer en hoe God se lig hom deur die donker tye gelei het.

Die gedigte is gevorm uit emosies, neergepen met dankbaarheid en dienende aan sy Skepper.

PIENK, PIENKER, PIENKSTE | THE POWER OF PINK - Rosie Kotze

Pienk, pienker, pienkste: ‘n storie van onbeskryflike genade is ’n verhaal van onuitspreeklike seën. Want net toe die skrywer gedink het hul gesin sou finaal verbrokkel weens die vloek van alkoholisme, het God ingegryp en heling gebring. Hierdie boek is ’n aangrypende en hartroerende vertelling van moedeloosheid wat in moed en vertroue omskep word; van bitterheid, pyn en verwerping wat deur begrip, bystand en verdraagsaamheid vervang word; van liefde en omgee wat die plek inneem van haat en verwerping. Niks hiervan was egter moontlik sonder haar diep geloof in die Een vir Wie niks onmoontlik is nie.

Rosie Kotze is gebore in Carletonville, ’n klein myndorpie op die grens tussen Gauteng en Noord-wes, in ’n gesonde, gelukkige gesin. Sy is die jongste van drie kinders. In 2013 sterf haar sussie aan kanker.

Die skrywer is ’n geoktrooieerde rekenmeester wat haar B.Com.-graad aan die Universiteit van Noordwes (Pukke) verwerf het. Sy en haar man, Jaques, het pas hul 19de huweliksherdenking gevier. Die Here het hulle met drie pragtige kinders geseën, een seun en twee dogters. Hulle woon saam met hul vier honde in Kemptonpark.

MARIONETTE BY DIEPGEZET - Maria Prinsloo

MARIONETTE BY DIEPGEZET - Maria Prinsloo

Irma Mulder land terug op Suid-Afrikaanse grond vanuit Hollywood na haar 13 maande se verfilming van ’n televisie-speurreeks — en dit voor dooiemansdeur … Geen geliefde op die lughawe wat haar inwag en bly is om haar te sien nie en ook by haar huis is dit duidelik dat haar vriendin en huissitter, Zelma, vele dae laas daar was …

Nog hou die verrassings nie op nie. Sy het ’n e-pos ontvang van walglike Gary Hoise wat sy voor haar vertrek, warmplek toe verwens het — en nou vra hy dringend haar hulp. Uit die plaaslike koerante lees sy opskrifte van mense wat spoorloos verdwyn het en Gary is die een wat haar op hoogte bring. Ook dat Hugo van Zyl aanbeweeg het en sy nie meer sy meisie is wat hy vurig van afskeid geneem het nie.

Gary is ook nie meer die ongeskikte dronklap nie en stem in om hom te help met die ondersoek na die vermiste mense, party selfs kinders, want dit kom voor asof die polisie nie juis hond haaraf maak nie. Met die strydbyl begrawe, vorm hulle ’n formidabele span en ontdek gruwels wat niemand sal glo nie, tensy hulle eie oë dit sien …

HARTWATER - die rou van onthou

Wanneer verlies aan jou deur klop, wanneer ongenaakbare hande kosbare geliefdes wreed uit jou lewe ruk – waar bevind jy jouself? Is daar werklik ’n tyd van rou vir hulle wat agterbly?

Die plaasaanval en brutale moord van  Dan (83), Breggie (73) en Elzabie Brand (54), het Suid-Afrikaners in 2020 geruk. Die voortslepende hofsaak teen die beskuldigdes is deur almal gevolg. Die barbaarse, onmenslike en koelbloedige moorde is tot in die fynste besonderheid beskryf. Met elke hofsitting moes familie weereens die traumatiese gebeure ervaar en die beskuldigdes van aangesig sien.

Die opspraakwekkende feite en details, nie bekend aan die publiek nie, word in detail neergepen. In hierdie boek dra Heidie Taljaard, een van die dogters van Dan en Breggie en suster van Elzabie haar emosies oor, die wreedheid en ontnugtering, die onvergeetlike en onvergeeflike.

Is vergifnis enigsins ’n opsie? Uit hierdie moord is daar meer as net die drie onskuldige slagoffers. Nabye familie, hulle wat agterbly word ook slagoffers.

Hoe verwerk jy hierdie brutaliteit en vind jy enigsins berusting?

Waar vind jy antwoorde op vrae oor waarom húlle? Waarom óns? Het ons iets verkeerd gedoen en word ons ge-straf?

Vyf jaar na hierdie grusame plaasaanval loop Heidie steeds die kronkelpad na  Hartswater – die rou van onthou.

HARTSWATER - die rou van onthou: Heidie Taljaard

AGTER MY MASKER -

Ns. Skrywerhuis Uitgewer: AGTER MY MASKER - Simone Brits

AGTER MY MASKER – Simoné Brits

Ek was net tien toe my lewe onherroeplik verander het. Wat volg is nie net my verhaal nie, dit is my waarheid.

’n Dekade gevul met geheime, verlies en oorlewing op plekke waar ek dit die minste verwag het.

Ek het mense lief gehad wat my gebreek het. Ek het probeer ontsnap, maar sommige dinge volg jou, selfs in stilte. Hierdie dagboek is my stem en my bewys dat ek nog hier is.

Nie alles wat mooi lyk, is veilig nie. Maar iewers tussen die pyn en die stilte het ek geleer dat selfs ’n stukkende hart kan weer klop.

My waarheid, ’n reis deur donkerte, liefde en die onverwagte krag om aan te hou leef.

AMPERSE STILTE - Bruno F. Andries

AMPERSE STILTE – Bruno F. Andries

’n Man met ’n hoed op ’n bank onder ’n boom langs ’n dam verlang in sepia. Dit is deels die uitgangspunt van Bruno Andries se digbundel.

Sy gedig, Amperse Stilte, som die bundel soos volg op:

poësie is musiek sonder note

plesier en pyn

woordtakke met lote

druiwe en wyn

goed en kwaad

liefde en haat

papawersade

vrees en bravade

water en brood

lewe en dood

warmte en kilte

amperse stilte

 

Gedigte in Afrikaans, Nederlands, Engels, Frans en Latyn vergesel deur vertalings, vorm deel van hierdie besonderse bundel. Bruno is ’n Geakkrediteerde Professionele Vertaler (SAVI).

AMPERSE STILTE - Bruno Andries - digbundel - Ns. Skrywershuis

WEERSIENS VERBY EMMAUS - Kobie Lötter

Kobie Lötter

Wanneer gebeure suiwer vervulling word, is die goddelike begin daarvan reeds ewige Liefde (Karl Rahner, 1904-1984, Jesuïet). Hierdie skatkis wag om herontdek te word in die eenvoud van Weersiens verby Emmaus, ʼn kontemplatiewe rekonstruksie van die bekende Emmaus-verhaal in die Lukas-evangelie. Die hernieude blik op besinning in moderne tye is verfrissend. Geen Skrifverklaring bevredig as dit nie ook die taal van vlees en bloed praat nie. Twee dissipels uit Jesus se groter groep volgelinge kies na die kruisgebeure die hasepad Emmaus toe. Kleopas en sy mededissipel bevind hulle ontwetend in die briljante lig van die verrese Heiland. Hulle weet nie die Meester openbaar Hom soos hulle Hom sien nie, ʼn vreemdeling. Die vrae en uitsprake waarmee hulle worstel, weerspieël ook die mens se eksistensiële pyn. Die lewe is so te sê verborge kruisgebeure en vra ʼn ander soort verstaan – herkenning. Soos die verhaal ontvou, word die leser opgeneem in die mistieke onderbou en opbou na die klimaks wanneer die Emmausgangers die Vreemdeling herken in die breking van die Brood. Die gesprek in Weersiens verby Emmaus met Wie en Wat wag om herken te word, neem die leser hart brandende tot in die hede.

Kobie Lötter is die skrywersnaam van Cobus Buys. Hy is ʼn plaaskindboorling uit die Oos-Vrystaatse Riemland. Op Reitz gebore en kerkgetoë, is hy op kosskool in Bethlehem waar hy in 1972 aan die Voortrekker Hoërskool matrikuleer.

BESOEK ONS AANLYN WINKEL