Ns. SKRYWERSHUIS bied jou 'n platform om jou boek te publiseer, te bemark en te verkoop. Jou uitgewer, jou aanlyn boekwinkel.
PROEFLEES & TEKSVERSORGING
Om net die beste kwaliteit te lewer aan ons skrywers en kopers, maak Ns. Skrywershuis net gebruik van die beste in die bedryf. PENdit.za se teksversorgers het 'n uitstekende reputasie wat hul vooruit loop. Gehalte en goeie kwaliteit verseker 'n produk waarop ons en jy kan trots wees.
OMSLAGONTWERP
Ons medemaatskappy, NS Kreatiewe Ontwerp, sal sorg vir 'n besonderse omslag om jou boek perfek af te rond. Jou omslag is jou vertoonvenster en dra positief by tot goeie verkope. Ons beskik oor jare se ondervinding in unieke ontwerpe, met goeie verwysings. Ons is trots op ons gehalte werk.
BEMARKING
Ons bemark ons skrywers en boeke deur voltydse doelgerigte bemarking. Van grafiese advertensies tot rubrieke om jou as skrywer voor te stel. Jou boek word op verskeie platforms geplaas en op sosiale media. Ons bemarking dek radio uitsendings, die media en onderhoude is ons maandelikse tydskrif, Naskrif. ALLES GRATIS!
HIERDIE SkRYWERSHUIS is JÓÚ tuiste.
'n Kamer sonder 'n boek, het nie 'n siel nie.
jou aanlyn boekwinkel
WIL JY GRAAG JOU BOEK PUBLISEER? Jy is op die regte plek – minimale kostes, 100% tantieme en geen fieterjasies!
OPSOEK NA KWALITEIT BOEKE? Boeke om van te kies en te keur – ‘n hartroerende roman, lekkerlag komedie, sielswoorde in digbundels, goeie geïllustreerde jeug- en kinderboeke, grillerige rillers en spookstories, spanning in speur- en moordverhale, fantasie in die ruimte, geskiedkundige novelle, propvol aksie en intrige, dramas en ware lewensverhale – daar is ‘n groot verskeidenheid by ons Boekwinkel.
HOE WERK DIT?
boekwinkel - GEEN EKSTRA KOSTES
Ns. SKRYWERSHUIS publiseer jou boek en plaas dit op die rak van ons AANLYN BOEKWINKEL. Potensiële kliënte kan aankope doen en betaal in SA-rand deur middel van direkte elektroniese betaling (EFT) of PayFast.
Die skrywer ontvang onmiddellik sy/haar tantieme na elke aankope en hoef dus nie te wag vir betaling nie.
Skrywers ontvang 100% van die verkoopprys na aftrekking van drukkoste. Ons druk op aanvraag!
kan ek my reeds gepubliseerde boeke ook hier plaas?
Enige skrywer is welkom om hul reeds gepubliseerde boek voor te lê vir goedkeuring. Selfgepubliseerde boeke moet professioneel geproeflees wees en nie aan 'n kontrak verbind wees nie.
'n Admin-fooi is van toepassing.
Kom kuier saam by ons koffiekroeg!
'n Virtuele koffiEKROEG?
Enigste in sy soort en beslis is Ns. SKRYWERSHUIS die eerste uitgewer met 'n aanlyn koffiekroeg. Bestel 'n boek GRATIS van ons spyskaart en lees 'n lusmaker.
Genotvol? Koop dit!
Geen tierlantyntjies en fieterjasies nie.
UTGEWER - EK WIL DEEL WORD VAN DIE SKRYWERSHUIS
Om by ons in te trek, verg nie veel nie. Kontak ons of klik op ons INLIGTING -blad.
Ons is die UITGEWER wat jou belange op die hart dra - ons help graag.
As jou uitgewer, neem ons jou op 'n toer deur ons huis en bied jou meer as wat jy verwag ... stap-vir-stap. Ons is gesteld op goeie diens.
Stuur jou manuskrip na ons en ons kwoteer - so maklik soos dit.
Jy bly gratis - geen huur nie. En wie benodig Eskom?
wie is ons?
AANGENAME KENNIS

DIE NAAM - Ns. Skrywershuis het sy oorsprong te danke aan die skrywer, Nico Schamrel. Dit simboliseer 'n tuiste waar skrywers en digters kan publiseer, maar ook na omgesien word ten opsigte van doelgerigte bemarking.
Ns. is ook die afkorting vir 'naskrif' en dit is waaroor alles gaan: die naskrif of manuskrip word omskep in 'n belowende en uitstekende publikasie.
NASKRIF is ook die titel van die gewilde digitale tydskrif wat maandeliks op ons webwerf verskyn - nog 'n inisiatief om Afrikaans, skrywers, digters en hul boeke te bevorder. Nico is veral bekend vir sy hulpvaardigheid en uitmuntende diens. Dit is wat hy wil voortsit met Ns. Skrywershuis - om talentvolle skrywers die geleenthied te bied vir goeie gehalte publikasie.
"Ons is ingestel op kwaliteit en doeltreffende bemarking," vertel Nico met trots.


'n pluimpie in ons hoed
Getuigskrif
Dit was 'n plesier om deel te kon wees van NS Liefdesdiens en Ns. Skrywershuis.





nuus en bemarking
nuushuis
Adverteer in NASKRIF
ONS TARIEWE 1.PROMOSIE ARTIKEL – R400 Geskrewe artikel (maksimum 350 woorde – voorsien) A4 grootte foto (A4 foto voorsien) of Grafiese ontwerp deur Naskrif Proeflees en teksversorging ingesluit PROMOSIE: Ses advertensies – tweemaandeliks – R2000 VOLBLAD ADVERTENSIE – R300 Grafiese ontwerp voorsien, of Grafiese ontwerp deur Naskrif Bewoording voorsien PROMOSIE: Ses advertensies – tweemaandeliks –…
VIR DIE JEUG – skryfkompetisie!
Wil jy graag skryf en moontlik publiseer? Wil jy graag ’n sakgeldjie verdien? LAAT WAAI PAPEGAAI Ons wil graag jóú storie lees! Indien jy dink ons grootmense lees nie tienerstories nie, misgis jy jou. Die wenverhaal en naaswenners sal in Naskrif geplaas word en na ses uitgawes gepubliseer word in ’n kortverhaalbundel. Dit klink mos…
ViSNet werkswinkel vir eerste keer skrywers
ViSNet werkswinkel vir eerste keer skrywers Aan die stuur Christa Kleynhans en Willem Fransman Jr. ViSNet is gestig om diegene wat nog nooit geskryf het nie die geleentheid te bied om deur middel van verskeie werkswinkels hulself te verryk en buiten die vaardighede, ook selfvertroue te gee om hul stories te deel. ViSNet, in…
WORD 'N LID OP FACEBOOK

Sluit aan by ons Facebookblad vir meer nuus, bemarking en goeie leesstof!
Ons plaas gereeld nuus vir skrywers en deel graag ons doen en late met jou.
Neem deel aan besprekings en lig jou mening.
Vertel ons van jou wense, jou visie en deel met ons jou sukses.
Kom kuier saam – jy is altyd welkom.
NASKRIF - jou gratis digitaletydskrif
NASKRIF word maandeliks aanlyn gepubliseer. Hierdie uiters gewilde tydskrif word deur meer 2000 lesers gelees, selfs in oorsese lande soos, bv. Texas (VSA), Skotland, Engeland, Frankryk, China, Nieu Zeeland, Australië, Kenia, Zimbabwe, België en Nederland.
Die inhoud is gemik om leesstof te bied aan alle lesers van Afrikaans. Die doelwit is om Afrikaans te bewonder en die behoud van hierdie taal te verseker.
Ons stel blootstelling aan talentvolle skrywers en boeke, ontmoet mense met ‘n unieke verhaal, lees oor kunstenaars, die digkuns en skryfkuns.
Ons deel inligting oor ons teaters, musiek en kunstenaars en plaas ons plaaslike talent in die kollig.
Ns. Skrywershuis en NASKRIF ondersteun Afrikaans 100, bevorder en ondersteun ander organisasies soos AllesAfrikaans, LitNet, Maroela Media, Viva Afrikaans, Afrikaans.com, Sa Vryskutskrywers, FAK, Voortrekkermonument, Netwerk24, Departement van Sport, Kuns & Kultuur, ATKV en verskeie Facebook-groepe.
Ons doen liefdadigheidswerk, help gemeenskappe en stel ons taal bloot aan die wêreld.

NASKRIF - KOFFIETAFELUITAWE

BOEKBEKENDSTELLINGS
GRAAFFERNET SIDESTOEP STORIES - Elise Bishop
Elise Bishop het eers bekend geword op die voorblad van die Beeld en onlangs het haar boek Twee lewens weer die kollig oor haar geplaas.
Haar geliefde en immergewilde nostalgiese stories oor haar kinderjare in Graaff-Reinet (of Graaffernet) het talle lesers vermaak en bied historiese inligting oor die geskiedenis en gebeure van hierdie historiese dorp. Elise se sin vir humor kom ook kort-kort voor in haar vertellings en sy beeld die vele kleurvolle karakters uit met ewe goeie en intense beskrywings. Die fynste detail word neergepen en smaaklik vertel in die statige milieu waarin elke verhaal afspeel.
Hierdie memoirs-verhale is geskryf in die streektaal, Graafrikaans, ’n mengsel van Afrikaans en Engels soos dit in daardie tyd gepraat was. Lesers uit enige streek van Suid-Afrika sal hierdie prag verhale ook terdeë geniet.
GRAAFFERNET SIDESTOEP STORIES is deel van ons erfenis, ’n stukkie Africana wat gepas inskakel by die vieringe van Afrikaans Amptelik 100-vieringe 2025.

DIE ONTWERPER SE DOGTER - Retha van Schalkwyk
DIE SKRYWER
Retha van Schalkwyk het reeds met vier boeke en verskeie kortverhale bewys dat sy as ervare skrywer, gebruik maak van goeie dialoog om liefde, hartseer, humor en woede uit te beeld. Haar kortverhaalbun-del Laataand Koffie verskyn in 2024.
Die Ontwerper se dogter triomfeer bo alle verwagting.
SINOPSIS
Eendracht se twee opstalle lê aan die voet van die berg tussen Worcester en Wolseley. ‘n Meisie met die naam Oda, daag op en versteur die ritme van die ganse Steenkamp-familie sodat selfs die plaaswerkers aanvoel hoe spoke van die kerkhof se kant af begin loop.
Professor Pienaar, ‘n aangetroude familielid en navorser, raak betrokke by hierdie ontwrigtende omstandighede.
Pinkie, die huishulp, probeer sin maak uit al die dinge rondom haar wat skielik nie meer sin maak nie.
Terwyl nuus omtrent die onbekende skoonheid bekend raak, raak die Steenkamp-familie bewus van mekaar. Terselfdertyd ontstaan ‘n waaksaam-heid; daar mag nie tweedrag op Eendracht gesaai word nie. Hoe meer elkeen probeer sin maak uit Oda se besoek, hoe meer besef elkeen hulle word betrek by sake waarvan hulle nie kennis dra nie.
Algaande raak meer mense betrokke. Skepper van die welbekende mode-naam, Isabella du Preez, moet keer dat navorsing uit rotgevrete houers verstrengel raak by haar ontwerper-skeppings uit die boonste rakke.
Sal daar ooit ‘n einde kom aan hierdie geskarrel!
AS STILTE PRAAT - Kobie Lötter

AS STILTE PRAAT: Die gerekende 20ste eeu teoloog en Jesuïet, Karl Rahner, het wyslik opgemerk: Die Christen van die toekoms sal ʼn mistikus wees of glad nie bestaan nie. Daar is tans wêreldwyd ʼn herontdekking van die Christendom se kontemplatiewe en mistieke tradisie. As Stilte Praat, is die outobiografiese vertelling van ʼn gesprek – geestelike begeleiding – met ʼn Katolieke non. Dit dek ʼn belangrike en bepalende tydperk van 11 jaar in die skrywer se lewe, hy kom geestelik letterlik tot verhaal. Die gesprekke is merkwaardig, veelvlakkig, insiggewend en betekenisvol. Hy betree versigtig nuwe geestelike horisonne en gee ʼn vergesig op die verborge Christelike mistiek van geleidelike verdieping en rypwording. Die skrywer takel die harde werk van selfondersoek en oorpeinsing en delf algaande die uitnodiging na lewe sonder einde. Die Nederlanders praat van ʼn teks om “van stil te word”. As Stilte Praat spreek van deurleefde geestesaanskoue waar stilte, oorpeinsing en uitdagings sakramentele gereedskapsmiddele word vir dieper wese en wording. Kontemplasie gebeur inderdaad wanneer die stilte praat.
Kobie Lötter is die skrywersnaam van Cobus Buys. Hy is ʼn plaaskindboorling uit die Oos-Vrystaatse Riemland. Op Reitz gebore en kerkgetoë, is hy op kosskool in Bethlehem waar hy in 1972 aan die Voortrekker Hoërskool matrikuleer.