DIENS is meer as net goed, beter of beste – goeie diens kom uit lojaliteit, behulpsaamheid en toewyding.

Meer belangrik: goeie diens kom van uit die hart.

DIE ARGITEK VAN JOU PUBLIKASIE

Wanneer skryf in jou bloed is, is daar net een gróót droom – jou eie boek in jou hande. Ons wil jou help om hierdie droom ‘n werklikheid te maak.

Een van die kosbaarste dinge in die lewe is wanneer ʼn droom waar word. Om die pakkie oop te skeur en jou boek te sien, te voel, te ruik. Dit is ʼn onbeskryflike ervaring!

Uitgewers word oorval met manuskripte. Sommiges beplan so ver soos 18 maande vooruit en neem niks meer in as wat hulle reeds op rekord het nie. Veral nuwe skrywers se kanse om raakgesien te word in die massa, is klein. Weens die wye verskeidenheid en oormaat, val goeie skryfwerk soms deur die krake. Talentvolle, nuwe skrywers word ontmoedig en ongemotiveerd.

JOU UITGEWER

As uitgewer kan ons jou help om onafhanklik jou boek te publiseer. Ons beskou onsself as die argitek van jou publikasie. Om ’n huis te bou, benodig ’n bouer planne. Om ’n boek te publiseer, word ook planne benodig. Ons beskik oor daardie planne.

Die basis van ’n suksesvolle boek is die inhoud. As jou uitgewer, verseker ons dat jou manuskrip voldoen aan ’n hoë standaard deur puik teksversorging. Foute in ’n manuskrip is hinderlik, dui op ’n onprofessionele produk en reflekteer negatief op jou as die skrywer.

Wanneer die fondament gelê is, bou ons verder om jou boek ’n spogproduk te maak wat uitstaan. Wie wil in ’n lelike huis bly met gekraakte mure en ’n dak wat lek? Jou omslag is jou toonvenster en daarom ontwerp ons ’n puik omslag wat aandag trek. Ons sien jou omslag as ’n spoghuis waarna mense kom kyk, bewonder en aanklop om die binneversiering te sien.

Dit is ook vir ons as jou uitgewer, belangrik dat jou tuin aanloklik is. Jou sinopsis of lokteks word goed afgerond en gemanikuur om die koper se nuuskierigheid te prikkel. Ons maak seker dat jy trots is op jou produk en met selfvertroue daarmee kan spog.

’n Voltooide boek kom tot sy reg wanneer dit soos ’n kunswerk uitgestal word. As jou uitgewer, plaas ons jou boek op ’n rak in ons aanlyn boekwinkel, maar ons vergeet nie daarvan nie. Ons spog verder! Jou boek word wyd en syd bemark en tentoongestel.

EK WIL INTREK BY DIE SKRYWERSHUIS

Daar is ʼn huis waar daar altyd in die donker ʼn lig brand – Ns. Skrywershuisʼn uitgewer wat omgee oor jou droom. Ons bied jou die geleentheid om jou manuskrip voor te lê vir goedkeuring en neem jou deur die proses tot jy daardie pakkie met jou publikasie ontvang – alles teen bekostigbare tariewe en geselekteerde dienste, selfs gratis. Ns. Skrywershuis se leuse is immers: Ons help graag.

Om te verseker dat jou boek van uitstaande gehalte is, met inbegrip van inhoud en omslag, het Ns. Skrywershuis ʼn span professionele mense wat na jou manuskrip omsien. Met hierdie span is jy op die pad na suksesvolle publikasie.

Om by ons huis in te trek, kan jy jou manuskrip per e-pos aan ons voorlê. Na evaluasie, ontvang jy ʼn kwotasie wat die kostes uiteensit.

Maak gerus gebruik van die vorm aan die onderkant van hierdie bladsy.

IS ALLE BOEKE AANVAARBAAR?

Ons publiseer sagteband en eBoeke – digbundels, fiksie, nie-fiksie, jeug- en kinderboeke, roman, rillers – sommer net waarvoor jy vra.

KAN EK MY REEDS GEPUBLISEERDE BOEK OOK IN DIE AANLYN BOEKWINKEL VERKOOP?

Beslis – mits jou boek aan die volgende voldoen:

  1. Deeglik geproeflees deur ’n gekwalifiseerde proefleser. Indien nie, kan ons aan jou hierdie diens verskaf.
  2. Aan ons standaarde voldoen. Indien nie, kan ons raad aanbied.
  3. Omslag op standaard is. Indien nie, kan ons voorstelle doen.
  4. Die skrywer of boek nie deur ʼn kontrak verbind is nie.
  5. Ons vra wel ‘n admin fooi.

WAT BIED Ns. SKRYWERSHUIS NOG?

As jou uitgewer, plaas ons jou boek gratis op ons boekrak in ons aanlyn BOEKWINKEL waar voornemende kopers jou boek kan aanskaf deur slegs twee stappe: Klik en Betaal. Dit geld vir sagteband en eBoeke.
Betaling word in SA-rand aanvaar deur middel van elektonise betaling (EFT) of PayFast. Die koper van die sagteband weergawe ontvang sy boek via ’n koerierdiens. Indien die koper ʼn ander wyse verkies, is dit die koper se verantwoordelikheid om die reëlings te tref en betaling te doen. Ns. Skrywershuis dra geen verantwoordelikheid in sodanige geval nie.

WANNEER ONTVANG EK TANTIÈME?

Tantième word elke drie maande aan die skrywer betaal. Dit is die skrywer se besluit of hy/sy die betaling sal terughou tot ʼn volgende uitbetaling agv bankkostes.

WORD EK GEBIND DEUR ’N KONTRAK?

Nee, beslis nie! Jou skryfwerk is jou harde werk en jou eiendom. Al wat ons benodig is jou toestemming om jou boek as uitgewer te hanteer en in ons boekwinkel te plaas. Ons benodig jou bankbesonderhede vir uitbetaling. Ons verseker ook streng sekuriteit aangaande jou persoonlike inligting.

Sodra jy ons kontak, stuur ons aan jou al die nodige inligting.

WAT BIED Ns. SKRYWERSHUIS GRATIS EN ENIGE ANDER VOORDELE?

  1. Aansoek om ʼn ISBN nommer is gratis.
  2. Gratis bemarking op verskeie platforms en webwerwe.
  3. Groter persentasie tantième na die verkoop van jou boeke.
  4. Gratis bemarkingsverslag (op aanvraag).
  5. Verkopestaat per maand is gratis (op aanvraag).
  6. Jou persoonlike lêer waarin jou boek en inligting bewaar word.
  7. Gratis geskenkbewys aan gereelde skrywers en kopers.
  8. Ons vra geen ekstra bankkostes nie.

WATTER DIENSTE BIED Ns. SKRYWERSHUIS?

  1. Proeflees en teksversorging
  2. Uitleg en tipografie – sagteband en eBoek
  3. Omslagontwerp
  4. Professionele resensie / boekeverslag
  5. Professionele illustreerder vir kinderboeke of waar van toepassing
  6. Die hantering van verkope en verslaggewing
  7. Kwaliteit drukwerk van jou boek
  8. Skryf van sinopsis / lokteks en skrywer bio
  9. Bemarking van jou boek en verslaggewing
  10. Bemarkingsmateriaal – video

WAT IS DAAR WAT Ns. SKRYWERSHUIS SO VERSKILLEND MAAK?

  1. Ns. Skrywershuis is die eerste en enigste uitgewer met ʼn aanlyn KOFFIEKROEG! Hierdie unieke idee het sy oorsprong uit verskeie oorde. In vandag se omstandighede probeer ons boekwinkels en koffieplekke, restaurante en enige ander openbare ruimtes waar baie mense is, vermy. Selfs biblioteke is nie meer ons gunsteling kuierplek nie.

Ons het ʼn denkbeeldige, moderne KOFFIEKROEG ontwerp waar almal kan saam kuier. Hier kan jy op die spyskaart klik en ʼn paar bladsye van ʼn boek lees – GRATIS. Indien jy daarvan hou − dit is te koop!

Net soos ons proe aan kos en eet met ons oë, so kan ons nou dieselfde doen met uitgesoekte boeke op die spyskaart. 

2. LOKFLIEKS: Hierdie webwerf is die enigste in sy soort wat as uitgewer LOKFLIEKS aanbied aan ons lesers. Boeke word visueel suksesvol bemark. Gehoorgestremdes vind hierby baat.

3. LUISTERVINK: Ons dink buite die boks – lesers kan na unieke en besonderse voorlesings luister met ‘n bypassende klankbaan – deur die vernuftige en werk van joernalis en voorleser, Johan Allers. Siggeskremdes vind ook hierby baat.

LUISTERVINK

STEEK Ns. SKRYWERSHUIS IETS WEG?

Ons is eerlik – ons hef wel ʼn administratiewe fooi vir die plaas van jou boek, jy verdien immers al die voordele. Die administratiewe fooi word aangewend vir die tegniese werk, webspasie, programonderhoud en -inhoud en data-storing. Ons betaal die skrywer 70% van sy verkope, deels omdat ons talentvolle skrywers wil ondersteun. Ons het addisionele kostes vir bemarking wat die skrywer kan bevoordeel, maar is opsioneel.

PROEFLEES EN TEKSVERSORGING

Proeflees en teksversorging behels die nagaan van jou manuskrip vir spelfoute, leestekens, tikfoute en sinstruktuur. 

Ons bekwame proeflesers let ook op of feite ooreenstem, bv. in jou teks is dit volmaan, maar op die volgende bladsy is die sekelmaan. Skrywers vorm ‘n prent in hul kop en soms verloor ons daardie inligting omdat ons ons skrywe onderbreek. Die proefleser fynkam jou manuskrip en doen aanbevelings.

Jy ontvang jou manuskrip terug met aanwysings en kommentaar. Dit is dan die skrywer se werk om hierdie regstellings te maak. Terselfdetyd leer jy!

JOU BOEKOMSLAG

Jou omslag is jou vertoonvenster. Kopers koop met hulle oë. ‘n Unieke en moderne omslag trek die aandag. Ons beskik oor jare se ondervinding deur op hoogte te bly by hedendaagse ontwerpe en deur buite die boks te ontwerp.

Ons pryse is beslis ver onder die mark! Hoekom?  Vir ons is dit ‘n saak van behulpsaam te wees aan alle skrywers – ons maak dit bekostigbaar vir ‘n ieder en ‘n elk.

Besoek gerus:

ONS DOEN BEMARKING EN BEMARK ONS SKRYWERS

Vir selfpubliseerders is hierdie een van die groot kopsere. Ons neem die pyn weg en bemark jou boek op verskeie platforms en webwerwe. 

Ons ontwerp smaak- en in stylvolle bemarkingsmateriaal – aandagtekkers wat die oog vang.

Ns. Skrywershuis het ook sy eie ADVERTENSIEBLAD en teen ‘n minimale koste kan jy jou boek ook hier adverteer. Wil jy op die voorblad verskyn? Niks is onmoontlik nie. Doen gerus navraag oor ons bemarkingsdiens. 

Alle bemarking is gratis en deel van ons diens. 

Ns. Skrywershuis wil jóú help met beter verkope en die beste blootstelling.

Besoek gerus: http://nicoschamrel.com/ns-kreatiewe-ontwerp

ONS VERVAARDIG BEMARKINGSVIDEOS

Ns. Skrywershuis vervaardig ook ‘n bemarkingsvideo vir jou publikasie. Met die talente van Ns. Kreatiewe Ontwerp, skep ons ‘n promosievideo wat jou boek uitbeeld en kan op enige webwerf en Facebook-blad gedeel word. Die koste is minimaal!

NAVRAE: