Description
Camino van die hart
Op die skilderagtige Klein-Karoo-wandelpad met asemrowende berguitsigte, rustige valleie, hier-en-daar oulike klein gehuggies, vriendelike inwoners en die wind wat stories fluister, besluit Elzet Cronjé – ‘n jong sielkundige met ‘n rustelose hart – om vir die pret ‘n Camino te stap. Sy verwag stilte, asemruimte en miskien ‘n bietjie selfontdekking … maar nie vir hom nie.
Herman Fourie, die veldwagter en toerleier is alles wat sy nie geweet het sy nodig het nie: standvastig, beskermend, en met oë wat regdeur haar kyk.
Van eerste ontmoeting af is daar ‘n onmisbare vonk – een wat nie maklik geblus kan word nie.
Wat as ‘n speelse ooreenkoms begin – om voor te gee hulle is in ‘n verhouding vir ‘n groep matriekmeisies – raak gou ingewikkelder. ‘n Week, twee, drie. Rolle raak werklik en grense begin vervaag.
Maar wanneer tragedie onverwags toeslaan en Elzet se wêreld in skerwe lê, word die Camino meer as net ‘n staproete. Dit word ‘n pelgrimstog van rou, van genesing en uiteindelik … ware liefde.
Kan Herman haar deur haar donkerste uur dra? En kan Elzet weer leer glo – in die lewe, in haarself, en in die liefde wat hulle nooit beplan het nie?
In hierdie hartroerende roman van verlies, hoop en tweede kanse, ontdek twee siele dat soms is die langste reise nie dié oor berge, deur bosse en in watervalle nie, maar dié na mekaar toe.





